-
Gepubliseer op Sondag, 16 September 2018 21:18
-
Trefslae: 1386
-
Druk
-
E-Pos
RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie ““Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur” is verskaf met
komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers
Snoekkoekies
Loena Kaufmann van Panorama het die resep ingestuur. Sy maak dit altyd as daar
snoek na 'n braai oor gebly het.
4 porsies
2 groot aartappels, in skil saggekook
500 ml (2k) gaar snoek, gevlok
1 ekstragroot eier, geklits
30 ml (2e) melk
5 ml (1t) suurlemoensap
45 ml (3e) gekapte vars pietersielie
3 druppels Tabascosous
125 ml (½k) koekmeel
2.5 ml (½t) droë gemengde kruie
Knypie sout
Knypie varsgemaalde swartpeper
Knypie rooipeper
Genoeg olie vir vlakvetbraai
Metode:
1. Trek aartappels se skille af en maak saam met snoek, eier, melk, suurlemoensap, pietersielie en Tabascosous fyn.
2. Meng bestanddele goed en vorm in balletjies. Druk effens platter.
3. Meng meel, kruie, sout en swart- en rooipeper.
4. Rol viskoekies in kruiemengsel en verkoel in yskas vir 1 uur.
5. Verhit olie en braai koekies aan albei kante tot goudbruin.
6. Plaas koekies op kombuispapier om ekstra olie te absorbeer.
7. Sit oud of warm saam met slaai voor.
-
Gepubliseer op Woensdag, 29 Augustus 2018 19:55
-
Trefslae: 1179
-
Druk
-
E-Pos
RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur”
is verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.
Thaise groenkerrie
4 porsies
Bietjie olie
800 g beesvleisblokkies
Knypie sout en varsgemaalde swartpeper
45 ml (3e) koekmeel
1 ui, gekap
2.5 ml(1/2 t) gekapte vars knoffel
Knypie droë gemmer
4 grasuie, gekap
½ rooi soetrissie, in blokkies gesny
30 ml(2e) gekoopte Thaise groenkerriepasta
Handvol vars koljanderblare, fyngekap
187 ml(3/4 k) groenteeaftreksel
380 g (1blik) ingedampte melk
205 ml(1k) melk
Metode:
1. Verhit olie en braai beesvleisblokkies bietjies bietjies daarin tot goudbruin. Skep uit.
2. Geur beesvleisblokkies met sout en peper.
3. Sprinkel meel oor beesvleisblokkies en roer tot bedek.
4. Verhit nog olie in kastrol indien nodig en soteer ui, knoffel en gemmer daarin tot sag.
5. Voeg grasuie en soetrissie by en soteer nog 2 minute.
6. Roer kerriepasta, koljanderblare en aftreksel by en roer tot goed gemeng
7. Skep beesvleisblokkies terug in kastrol, plaas deksel op en laat vir 1uur oor lae hitte prut.
8. Voeg ingedampte melk en melk by. Verhit tot warm en sous verdik het.
9. Sit warm saam met rys voor.
-
Gepubliseer op Sondag, 26 Augustus 2018 23:24
-
Trefslae: 1309
-
Druk
-
E-Pos
RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is verskaf
met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.
Beesstertsop
4-6 PORSIES
1 beesstert, in die litte geskei en oortollige vet verwyder
5 spekrepies, grof gekap
2 uie, gekap
1 selderystingel, gekap
1 wortel, in skywe gesny
1.5 L warm beesvleisaftreksel
1 bouquet garni
7 ml(1/2 t) sout
Varsgemaalde swartpeper na smaak
30 ml (2E) koekmeel
30 ml (2E) portwyn
30 ml (2t) suurlemoensap
Fyngekapte pietersielie vir garnering
Metode:
1. Braai die beesstert en spekvleis saam in n verhitte swaarboomkastrol.
2. Voeg die uie, seldery en wortel by en soteer dit effens.
3. Voeg die aftreksel, bouquet garni, sout en varsgemaalde swartpeper by. Plaas die deksel op en laat dit 3-4 uur lank prut.
4. Skep die vet van die sop af indien die sop baie vetterig is. Verwyder die bouguet garni. Skep die vleis uit met n gaatjieslepel en sny dit in stukkies. Skep die fyn vleis weer terug by die sop.
5. Meng die meel met genoeg water om n pasta te vorm. Voeg n bietjie van die warm vloeistof by en roer dan die mengsel by die sop in. Verhit die sop tot kookpunt en roer dit af en toe tot dit verdik. Voeg die portwyn en suurlemoensap by.
6. Garneer me die pietersielie en bedien sop warm.
WENK:Die aftreksel kan na stap drie oornag afgekoel word sodat die vetlaag bo-op afgeskep word.
-
Gepubliseer op Woensdag, 15 Augustus 2018 10:40
-
Trefslae: 1266
-
Druk
-
E-Pos
RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur”
is verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.
Kerrieworsies
800 g beesworsies
Bietjie olie
2 wortels, in blokkies gesny
2 selderystingels, fyngekap
2 uie, gekap
5 ml (1t) kerriepoeier
2.5 ml (1/2 t) komyn
2.5 ml (1/2 t) fyn gemmer
500 ml (2k) beesvleisaftreksel
410 g (1 blik) gekapte tamaties
2.5 ml (1/2 t) droë gemengde kruie
45 ml (2e) blatjang
30 ml (2e) sojasous
30 ml (2e) mielieblom
30 ml (2e) water
Metode:
1.Plaas wors in pan en vul met water. Laat 10 minute prut vandat water begin borrel.
2. Verlaag hitte en laat wors nog ongeveer 5 minute prut.
3. Verwyder van hitte en dreineer.
4. verhit olie en soteer wortels en seldery daarin vir 8 minute. Voeg uie by en soteer nog n bietjie tot uie sag.
5. Voeg Kerrie, komyn, gemmer, aftreksel, tamaties, kruie, blatjang, en sojasous by. Verhit tot kookpunt en laat vir 45 minute prut.
6. Maak mielieblom en water tot gladde pasta aan en roer by sous. Voeg worsies by.
7. Laat vir 10 minute oor lae hitte prut tot sous verdik het.
8. Sit gereg saam met kapokaartappels voor.
-
Gepubliseer op Sondag, 29 Julie 2018 21:33
-
Trefslae: 1368
-
Druk
-
E-Pos
RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf
metkomplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.
Skaappotjie
CLOVER Mooi River botter
3 uie, in blokkies gesny
10 ml (2t) gekapte vars knoffel
(2 x 200 g pakkies) spek in blokkies gesny
2 kg skaapvleis, in stukke gesny
Handvol vars pietersielie, fyngekap
Sout en peper na smaak
250 ml (1k) water
4 wortels, geskil en in skywe gesny
6 aartappels, geskil en in blokke gesny
500g groenboontjies, in stukkies gesny
375 ml (1k) laatoeswitwyn
250 ml CLOVER-vars room
60g (1 pakkie) sampioensop-poeier
Metode:
1. Smelt genoeg botter in n kastrol en braai die uie en knoffel. Gooi die spek by en braai tot gaar, skep alles uit en hou dit eenkant.
2. Smelt nog botter indien nodig en braai die skaapvleis in sarsies tot bruin.
3. Gooi al die vleis terug in die kastrol. Voeg die pietersielie, sout, peper en water by. Laat prut dit 'n uur lank oor lae hitte
4. Plaas die wortels, aartappels en groenboontjies bo-op die vleis. Giet die wyn bo-oor. Plaas die deksel op en laat prut dit nog 'n uur lank tot die groente sag raak. Voeg die uie en spek by.
5. Meng die room en soppoeier tot glad en giet dit oor die groente. Plaas die deksel op en laat prut nog 20 minute sodat die sous kan verdik.
6. Sit dit warm saam met rys voor.
-
Gepubliseer op Dinsdag, 17 Julie 2018 17:19
-
Trefslae: 1381
-
Druk
-
E-Pos
RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekos-geregte” is verskaf
met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.
Aartappelgereg
Gaar aartappels, in skrywe gesny
Gaar brokkoli, in blommetjies gebreek
1 ui, gekap
25 ml botter
250 g sampioene, gekap
30 ml koekmeel
250 ml room
175 ml suurroom
250 ml gerasperde kaas
10 ml suurlemoensap
Vars of gedroogde tiemie na smaak
okkerneut helftes
Metode:
1. Rangskik aartappelskywe en brokkoli in oondvaste bak.
2. Braai die ui in die botter. Voeg die sampioene by en roerbraai dit n paar minute lank. Roer die meel deur.
3. Roer die room, suurroom, kaas en suurlemoensap by.
4. Skep dit oor die aartappels en bak teen 180 °C tot goudbruin
-
Gepubliseer op Dinsdag, 10 Julie 2018 15:12
-
Trefslae: 1249
-
Druk
-
E-Pos
RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf
met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.
Pannekoekies met hoendervulsel
Vir die pannekoekies
205 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
2 eiers
250 ml water
10 ml melk
20 ml asyn
60 ml kookolie
Ekstra kookolie om die pannekoekies te bak.
VIR DIE HOENDERVULSEL
2 gaar hoenders, met vurk gepluis
2-3 sprietuie (spring onions), gekap
30 ml rooi soetrissie, ontpit en in klein bokkies gesny
Sout en peper na smaak
Vir die sous
100 ml mayonnaise
15 ml gekapte agurkie (gherkin)
15 ml soetrissiesous (sweet chili-sous)
3 ml gemengde kruie
Metode:
Pannekoekies:
Meng al die bestanddele goed saam en plaas di t in die yskas
Vir ongeveer 25 minute. Verhit n pan, smeer met olie en vul die
Pan met die pannekoekmengsel. Bak aan beide kant tot gaar. Hou eenkant.
Hoendervulsel met sous:
Meng eers al die bestanddele vir die hoendervulsel saam en
Daarna al die bestanddele vir die sous. Meng dan die hoender
en die sous goed saam. Skep die vulsel in die pannekoekies,
rol die vulsel in die pannekoekies, rol die pannekoekies toe en bedien.
"Ligte happies is ideaal vir n piekniek of as julle as gesin dalk gaan kamp."