Denningvleis (Rooivleis)
- Gepubliseer op Woensdag, 01 Augustus 2018 19:28
- Trefslae: 602

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf
met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.
Denningvleis (Rooivleis)
4-5 PORSIES
30 ml (2e) tamaryn
60 ml (4e) kookwater
5 aartappels, geskil en in blokke gesny
CLOVER Mooi River-botter
3 uie, gekap
6 knoffelhuisies, fyngemaak
1 kg skaapvleis, in blokkies gesny
2 ryp tamaties, in blokkies gesny
5 ml (1t) sout
5 wonderpeperkorrels
5 kruie naeltjies
3 lourierblare
30 m (2e) sojasous
10 peperkorrels
125 ml (1/2 k) kookwater
Knippie neutmuskaat
Metode:
1. Wee die tamaryn in die 60 ml (4e) kookwater.
2. Kook die aartappels in soutwater tot halfpad gaar. Dreineer en hou dit een kant.
3. Smelt genoeg botter indien nodig in n groot swaarboomkastrol en braai die uie en knoffel tot sag.Skep dit uit en hou eenkant.
4. Smelt nog botter indien nodig en braai die vleisblokkies in sarsies tot bruin. Skep al die vleis, die ui en knoffel terug in die kastrol.
5. Voeg die sout, wonderpeperkorrels, naeltjies, lourierblare, sojasous en peperkorrels by en roer deur.
6. Gooi die tamaryn en 125 ml (1/2 k) kookwater by en laat kook dit nog n halfuur lank.
7. Gooi die aartappels by en laat kook nog n halfuur lank.
8. Strooi neutmuskaat bo-oor net voor opdiening
9. Sit dit voor saam met geelrys.