Dinsdag, 22 Oktober 2024

Botterhoender

  • Gepubliseer op Sondag, 16 September 2018 21:04
  • Trefslae: 2135

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Botterhoender

6-8 PORSIES

 

2kg hoenderporsies

 

Marinade

125 ml CLOVER Classic-ongegeurde jogurt

5 ml (1t) gekapte vars knoffel

5 ml (1t) gekapte vars gemmer

Knippie fyn kaneel

2.5 ml(1/2 t) varsgemaalde swartpeper

2.5 ml(1/2t) witpeper

5 ml (1t) sout

5 ml (1t) suurlemoensap

 

Sous

CLOVER Farmstyle-botter

1 ui , fyngekap

30 ml (2e) tamatiepasta

10 ml (2t) suurlemoensap

Sout na smaak

2.5 ml (1/2t) rooi rissiepoeier

375(1 1/2k) CLOVER-vars room

Fyngekapte koljanderblare

 

Metode:

 

1. Plaas die hoenderstukke in n glasbak. Meng die bestanddele vir die marinade saam en giet dit oor. Laat dit oornag in die yskas Staan. Haal die hoenderstukke uit die marinade

2. Smelt genoeg botter in kastrol en braai die hoender in sarsies tot goudbruin.

3. Plaas al die hoenderstukke terug in die kastrol, giet die marinade by en roer die ui,tamatiepuree, tamatiepasta, suurlemoensap, sout en rooi rissiepoeier by.laat kook dit oor matige hitte tot hoender deurgaar is – ongeveer 40 minute.

4. Roer die room by en laat prut dit tot deurwarm.

5. Sit warm voor saam met gekapte koljanderblare en naanbrood.