Woensdag, 14 November 2018

Vis-Wellington

  • Gepubliseer op Sondag, 16 September 2018 20:45
  • Trefslae: 64

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur”

is verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Vis-Wellington

6 porsies

 

250 ml (1k) melk

250 ml (1k) water

400 g (1 pak) skelvisfilette

800 g (2x400 g-rolle) skilferkorsdeeg

Bietjie olie

5 ml (1t) gekapte vars knoffel

250 (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny

6 grasuie, gekap

Knypie sout en varsgemaalde swartpeper

2.5 ml (1/2 t) droë gemengde kruie

125 g (1/2 bakkie) laevetmaaskaas

1 ekstragroot eier, geklits

 

Stel oond op 180°C

 

Metode:

 

1. Verhit melk en water in kastrol tot kookpunt. Kook vilette vir ongeveer 20 minute daarin tot gaar. Dreineer.

2. Trek vis se velletjies af en laat eenkant om af te koel.

3. Rol een rol skilferkorsdeeg op gesmeerde bakplaat of een wat met bakpapier uitgevoer is oop. Plaas helfte van visfilette daar op, hou eenkant.

4. Verhit olie en soteer ui en knoffel daarin tot sag.  Voeg sampioene by en soteer tot gaar.

5. Voeg grasuie, sout, peper en kruie by en soteer tot vloeistof afgekook het.

6. Roer maaskaas by uiemengsel.skep maaskaasmengsel op visfilette en maak gelyk.

7. Plaas oorblywende visfilette bo-op.

8. Plaas twee rol skilferkorsdeeg bo-op. Verf geklitste eier bo-oor.

9. Bak vir 25 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.