Thaise groenkerrie
- Gepubliseer op Woensdag, 29 Augustus 2018 19:55
- Trefslae: 542

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur”
is verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.
Thaise groenkerrie
4 porsies
Bietjie olie
800 g beesvleisblokkies
Knypie sout en varsgemaalde swartpeper
45 ml (3e) koekmeel
1 ui, gekap
2.5 ml(1/2 t) gekapte vars knoffel
Knypie droë gemmer
4 grasuie, gekap
½ rooi soetrissie, in blokkies gesny
30 ml(2e) gekoopte Thaise groenkerriepasta
Handvol vars koljanderblare, fyngekap
187 ml(3/4 k) groenteeaftreksel
380 g (1blik) ingedampte melk
205 ml(1k) melk
Metode:
1. Verhit olie en braai beesvleisblokkies bietjies bietjies daarin tot goudbruin. Skep uit.
2. Geur beesvleisblokkies met sout en peper.
3. Sprinkel meel oor beesvleisblokkies en roer tot bedek.
4. Verhit nog olie in kastrol indien nodig en soteer ui, knoffel en gemmer daarin tot sag.
5. Voeg grasuie en soetrissie by en soteer nog 2 minute.
6. Roer kerriepasta, koljanderblare en aftreksel by en roer tot goed gemeng
7. Skep beesvleisblokkies terug in kastrol, plaas deksel op en laat vir 1uur oor lae hitte prut.
8. Voeg ingedampte melk en melk by. Verhit tot warm en sous verdik het.
9. Sit warm saam met rys voor.