Dinsdag, 22 Oktober 2024

Snoekkoekies

  • Gepubliseer op Sondag, 16 September 2018 21:18
  • Trefslae: 3092

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur” is verskaf met

komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Snoekkoekies

Loena Kaufmann van Panorama het die resep ingestuur. Sy maak dit altyd as daar

snoek na 'n braai oor gebly het.

4 porsies

 

2 groot aartappels, in skil saggekook

500 ml (2k) gaar snoek, gevlok

1 ekstragroot eier, geklits

30 ml (2e) melk

5 ml (1t) suurlemoensap

45 ml (3e) gekapte vars pietersielie

3 druppels Tabascosous

125 ml (½k) koekmeel

2.5 ml (½t) droë gemengde kruie

Knypie sout

Knypie varsgemaalde swartpeper

Knypie rooipeper

Genoeg olie vir vlakvetbraai

 

 

Metode:

1. Trek aartappels se skille af en maak saam met snoek, eier, melk, suurlemoensap, pietersielie en Tabascosous fyn.

2. Meng bestanddele goed en vorm in balletjies. Druk effens platter.

3. Meng meel, kruie, sout en swart- en rooipeper.

4. Rol viskoekies in kruiemengsel en verkoel in yskas vir 1 uur.

5. Verhit olie en braai koekies aan albei kante tot goudbruin.

6. Plaas koekies op kombuispapier om ekstra olie te absorbeer.

7. Sit oud of warm saam met slaai voor.