Sondag, 16 Desember 2018

Tuna –en-aartappelpastei

  • Gepubliseer op Sondag, 16 September 2018 21:29
  • Trefslae: 105

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

Tuna-en-aartappelpastei

4 porsies

 

Groot klont botter

2 uie, gekap

5 ml (1t) gekapte vars knoffel

1.5 kg aartappels, ongeskil

30 ml (2e) botter

Sout en varsgemaalde swartpeper

510 g (3x170 g-blikkies ) tuna in water, gedreineer

60 ml (4e) gekapte vars pietersielie

410 g (1 blik) tamatie-en-uiemengsel

375 ml (1 k) gerasperde cheddar

 

Stel oond op 180°C

 

Metode:

1. Verhit botter en soteer uie en knoffel daarin tot sag. Hou eenkant.

2. Verhit genoeg water waarby bietjie sout gevoeg is tot kookpunt en kook aartappels vir ongeveer 25 minute daarin tot sag.

3.Dreineer en laat effens afkoel. Trek aartappels se skille af.

4. Druk aartappels met botter fyn en geur met sout en peper na smaak.

5. Roer uiemengsel en parmesaan by aartappels tot goed gemeng.

6. Skep helfte van aartappelmengsel in gesmeerde oondbak.

7. Skep tuna bo-op en sprinkel pietersielie bo-oor.

8. Skep tamatiemengsel gevolg deur oorblywende aartappelmengsel bo-op tuna.

9. Sprinkel kaas bo-oor en bak vir 30 minute.