Woensdag, 14 November 2018

RESEPTE

Kerrievleissamoesas

  • Gepubliseer op Dinsdag, 10 April 2018 17:15
  • Trefslae: 196

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en Clover.

 

Kerrievleissamoesas

4 -6 Porsies

 

groot klont CLOVER

25 ml (5 t) mielieblom

Mooi River-botter

1  sirkel CLOVER- fetakaas gekrummel

1  ui, fyngekap

250 g  beesmaalvleis

250 g (½ rol) fillodeeg

10 ml (2t) matige kerriepoeier

250 g (½ blok) CLOVER Farmstyle -botter, gesmelt

5 ml ( 1 t) borrie

5ml (1 t) sout

750 ml (1 bottel) kanola-olie vir braai

 

 

Metode:

 

1. Smelt die botter en braai die ui tot sag. Voeg die maalvleis by en braai dit tot amper gaar.

2. Voeg die kerriepoeier,  borrie, sout en mielieblom by. Braai tot die maalvleis heeltemal gaar is . Laat dit effens afkoel en roer die fetakaas by.

3. Sny die fillodeegvelle in vyf tot ses eweredige repe van ongeveer 5 cm tot 7 cm wyd.

4 . Verf een filloreep met gesmelte botter. Plaas 'n tweede filloreep bo-op en verf dit ook met botter.

5. Skep ongeveer 15 ml (1 e) maalvleismengsel in die onderste regterhoek. Vou dan die onderste regterkantste punt oor die vulsel om 'n driehoek te vorm.

6. Hou aan om die deeg oor te vou tot net die punt van die deeg oorbly. Verf 'n bietjie water aan die punt van die fillodeeg en druk dit vas.

7. Herhaal die proses met die oorblywende bestanddele. Hou die samoesas toe onder 'n klam vadoek om te voorkom dat die fillodeeg uitdroog .

8. Verhit olie en braai die samoesas in sarsies vir 3 tot 5 minute tot goudbruin.

Draai die samoesas gereeld om .

9. Skep dit met 'n gleuflepel uit en plaas dit op kombuispapier om die oortollige

olie te absorbeer.

 

Pampoenbroodjie

  • Gepubliseer op Dinsdag, 03 April 2018 21:17
  • Trefslae: 190

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

 

Pampoenbroodjie

1 Middelslag-broodjie

 

300 ml suiker

125 ml (½ k) kanola-olie

2 eiers, geklits

500 ml (2 k) fyngedrukte gaar pampoen

250 ml (1 k) koekmeel

250 ml (1 k) volgraanmeel

2,5 ml (½ t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) fyn kaneel

2,5 ml (½ t) fyn neutmuskaat

2,5 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) koeksoda

30 ml ( E) melk

 

Metode:

 

1. Verhit die oond tot 180ºC en smeer 'n broodpan

2. Klits die suiker, olie en eiers saam in 'n mengbak en meng dit deur die fyn pampoen.

3. Meng die twee soorte meel, bakpoeier, kaneel, neut en sout saam. Roer die mengsel deur die pampoenmengsel.

4. Meng die koeksoda met die melk en roer dit ook deur die pampoenmengsel.

5. Skep die deeg in die voorbereide broodpan en bak vir ongeveer 1 uur of tot 'n toetspen skoon uitkom.

6. Bedek die broodjie met foelie vir die laaste 20 minute van die bak tyd indien die bokant te donker bak.

Aartappelsop

  • Gepubliseer op Dinsdag, 03 April 2018 21:14
  • Trefslae: 354

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Aartappelsop

4 Porsies

 

45 ml (3 E) botter

5 ml (1 t) kanola-olie

1  ui, in dun skywe gesny

6  aartappels, geskil en in skywe gesny

750 ml (3 k)  hoenderaftreksel

5 ml (1 t) gemengde kruie

5 ml (1 t) sout

1 ml (¼ t) witpeper

15 ml (1 E) fyngekapte vars pietersielie

 

Metode:

 

1. Verhit die olie en botter saam in 'n swaarboompan en braai die ui liggies vir 5 minute. Voeg die aartappels by en soteer vir nog 5 - 10 minute.

2. Voeg die res van die bestanddele by en verhit tot kookpunt. Roer af en toe.

3. Bedek die kastrol en laat die sop vir 15 minute prut.

4. Laat die sop effens afkoel, giet dit in 'n voedselverwerker en verpulp tot glad of vryf dit deur 'n sif.

5. Giet die sop terug in die kastrol en verhit tot deurwarm. Bedien dadelik.

Appelkoos-en-hoendersosaties

  • Gepubliseer op Donderdag, 22 Maart 2018 22:02
  • Trefslae: 208

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en Clover.

 

 

Appelkoos-en-hoendersosaties

4 porsies

 

8 sosatiestokkies, vooraf in                                    Sous

  water geweek

4 hoenderborsies, in 3 cm-                                     60 ml (4e) CLOVER Tropika

  Blokkies gesny                                                     45 ml (3e) blatjang

12 klein uitjies, gehalveer                                       knippie brandrissiepoeier

1  groen soetrissie, ontpit en                                  125 ml (1/2 k) Caesar vinaigrette

   In 3 cm-blokkies gesny

410g (1 blik) appelkooshelftes, gedreineer

1      vars pynappel, geskil en in

3cm-blokkies gesny

knippie sout en swartpeper

 

Metode :

Voorverhit die oond tot 180֯ C en smeer ‘n oondbak van ongeveer 34 cm x 24 cm met botter.

Ryg die hoenderblokkies, uitjies, soetrissie, appelkooshelftes en pynappelblokkies

Beurtelings op die sosatiestokkies.

Geur dit met sout en peper en plaas dit in die voorbereide oondbak.

Meng die sousbestanddele saam en giet dit oor die sosaties.

Bedek die oondbak met foelie en bak dit vir 30 minute.  Verwyder die foelie en rooster

Die sosaties tot goudbruin onder die oond se element.

Sit dit warm voor.

·         Wenk : Week die sosatiestokkies vir ten minste ‘n uur in water.  Dit voorkom dat die stokkies brnad wanneer dit gebraai word.

 

 

Vinnige Vetkoek

  • Gepubliseer op Woensdag, 14 Maart 2018 07:54
  • Trefslae: 245

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur 3” is goedgunstig

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlo Carstens

 

 

Vinnige Vetkoek

6 porsies

 

Ek het die resep van mev. SE van Jaarsveld gekry.

Dit is regtig baie maklik en vinnig

 

500 g (3½ k) koekmeel

500 ml (2 k) karringmelk

5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) kremetart

7.5 ml (1½ t) sout

15 ml (1 e) strooisuiker

45 ml (3 e) sagte botter

ongeveer 750 ml (1 bottel) olie

 

Metode:

 

1. Sif die meel in mengbak.

2. Meng karringmelk, koeksoda, kremetart, sout en suiker. Voeg by meel en roer tot goed gemeng.

3. Werk sagte botter met hande by deeg in en knie liggies.

4. Bedek mengbak met kleefplastiek. Plaas op warm plek en laat vir 1 uur rys.

5. Breek stukkies deeg af en braai in warm olie tot goudbruin en gaar.

6. Sit warm vetkoek saam met botter en gouestroop of kerriemaalvleis voor.

 

Wenk:

Die resep kan suksesvol verdubbel word.

 

 

Aarbeijogurttert

  • Gepubliseer op Maandag, 26 Februarie 2018 21:08
  • Trefslae: 226

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is

goedgunstig verskafmet komplimente van LAPA Uitgewers

en is 'n samestelling van resepte uit die kombuise

van die Vrouelandbouvereniging van die Noord-Kaap.

 

 

 

 

 

Aarbeijogurttert

Elma Venter, Bray

 

2 x 80 g (2 x pakkies) aarbeigeur jelliepoeier

250 ml kookwater

750 ml aarbeijogurt

385 g (1 blik) kondensmelk

500 ml room

2 x 200 g (2 pakkies) tennisbeskuitjies

 

Metode :

Los die jellie in die kookwater op en laat dit goed afkoel.

Voeg die jogurt, kondensmelk en room by.

Rangskik ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbak van 30 cm x 30 cm.  Skep die helfte van die mengsel op die beskuitjies.  Herhaal die lae en laat die tert in die yskas stol.

 

Souskluitjies

  • Gepubliseer op Dinsdag, 20 Februarie 2018 17:26
  • Trefslae: 245

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur 3”

is goedgunstig verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlo Carstens

 

Souskluitjies

6 porsies

 

Kluitjies

60 ml (4 e) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

Knypie sout

30 ml (2 e) botter

30 ml (2 e) suiker

1 ekstragroot eier

30 ml (2 e) melk

 

Sous

750 ml (3 k) kookwater

Knypie sout

2,5 ml ( ½ t) fyn kaneel

45 ml (3 e) suiker

15 ml (1 e) botter

 

Metode:

 

Kluitjies:

Sif meel, bakpoeier en sout.

Vryf botter by meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk.  Roer suiker by.

Klits eier en melk.  Meng by meelmengsel tot deeg vorm.

 

Sous:

Gooi kookwater en sout in kastrol en hou by kookpunt.

Skep teelepelsvol deeg in water en kook met deksel op vir 10 minute.

Skep kluitjies in gesmeerde oondbak uit.

Voeg kaneel, suiker, botter en nog bietjie water by water in kastrol.  Laat vir 2 minute prut.

Skep sous oor kluitjies.  Sprinkel nog fyn kaneel oor indien verkies en sit warm voor.

 

 

 

Bobotie-muffins

  • Gepubliseer op Saterdag, 10 Februarie 2018 21:02
  • Trefslae: 282

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewer

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana

 

Bobotie-muffins

Genoeg vir 6 (lewer 12)

 

1 ui, grofgekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

15 ml gemmer, fyngerasper

500 g beesmaalvleis

25 ml Kerrie

5 ml borrie

20 ml appelkooskonfyt

100 ml pitlose rosyne

125 ml beesvleisaftreksel

5 ml souspoeier (Bisto)

30 ml blatjang

1 sny brood, gekrummel

Lourierblare in stukkies gebreek

 

 

Metode:

Eiermengsel : Klits 2 eiers en ongeveer 100 ml melk tot goed gemeng.

Verhit botter of kookolie en soteer die ui, knoffel en gemmer.

Voeg kerrie, borrie en appelkooskonfyt by.  Roer en braai liggies.

Voeg res van die bestanddele by en prut oor lae hitte tot maalvleis net gaar is.

Skep in muffin-pannetjies en druk klein stukkie lourierblaar in mengsel.

Bedek met foelie en bak vir ongeveer 15 minute in voorverhitte oond van 180֯ C.  Haal uit oond, giet eiermengsel oor en bak verder totdat eiermengsel gestol en ligbruin bo-op is.

Bedien met geelrys en rosyne, skywe piesang en blatjang of gebakte aartappel en groente.

 

 

Wenk:

Skep in gesmeerde oondskottel en volg res van die metode.  Vries goed sonder eiermengsel.  Ontdooi en skep in skottel, giet dan eiermengsel oor en bak.

 

Silverside met Kersies & Spek

  • Gepubliseer op Vrydag, 26 Januarie 2018 13:32
  • Trefslae: 244

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Laat die Potte Sing” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlise Scheepers.

 

 

Silverside met kersies en spek

1 x 250g spekrepies

1 x 60g pakkie sampioensop

‘n lekker snit silverside

1 x 285g blikkie sampioene

150 g glanskersies

1 t mielieblom

 

Metode :

Voorverhit die oond tot 180֯ C. 

Pak repies spek in ‘n oondpan en strooi die sampioensop oor.

Sit die vleis bo-op die spek en pak nog spekrepies oor die vleis.

Bedek die oondpan met foelie en bak vir 1 uur. 

Verminder die oondtemperatuur na 160֯ C en bak vir ‘n verdere 2 uur.

Verminder die oondtemperatuur verder na 100֯ C en bak vir ‘n laaste uur.

Skep die sous en vet wat gevorm het af en giet dit in ‘n potjie.

Kap die gaar spek wat in die oond gebak het in blokkies en voeg dit by. 

Voeg daarna die sampioene en kersies by en laat dit liggies oor lae hitte prut.

Verdik die sous met die mielieblom indien nodig. 

Sny die vleis in skywe en rangskik op ‘n dienbord.  Giet die sous oor die vleis en sit voor.

 

Sop sonder sukkel

  • Gepubliseer op Saterdag, 31 Maart 2018 23:10
  • Trefslae: 194

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana

 

 

Sop sonder sukkel

Genoeg vir 4

 

2 wortels, in skywe gesny

150 ml droë ertjies

15 ml kookolie

15 ml botter

1 ui , in blokkies gesny

1 knoffelhuisie, fyngerasper

½ soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

1 tamatie, in blokkies gesny

1 x 50 g pakkie groentesoppoeier

125 ml koue water

250 ml biefaftreksel

5 ml gemengde droë kruie

peper na smaak

10 ml gekapte vars pietersielie

 

 

Metode:

 

1. Kook wortels en ertjies in genoeg water tot sag. Hou eenkant.

>2. Verhit die olie en botter in 'n swaarboompan en braai ui, knoffel en soetrissie tot sag.

3. Voeg tamatie by die ui en laat dit vir 5 minute prut.

4 . Maak die soppoeier met die koue water aan en voeg dit saam met dei uiemengsel en biefaftreksel by die wortels en ertjies.

5. Verhit die sop tot deurwarm en geur dit met gemengde kruie en peper. Jy kan nog 'n bietjie sout byvoeg indien nodig, maar proe eers en wees versigtig om die sop nie te sout te maak nie.

 

Wenk

*  Indien jy nie botter het nie kan jy dit met dieselfde hoeveelheid kookolie vervang.

*  Die droë ertjies kan met 'n blikkie boontjies in tamatiesous vervang word. Voeg net die boontjies laaste by.

 

 

 

Gevulde Soetrissies

  • Gepubliseer op Woensdag, 21 Maart 2018 21:13
  • Trefslae: 207

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur 3” is goedgunstig

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlo Carstens

 

Gevulde soetrissies

4 porsies

 

bietjie olie

1 bruinui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 wortel, in klein blokkies gesny

1 murgpampoentjie, in klein blokkies gesny

6 sampioene, in skyfies gesny

15 ml (1 e) tamatiepasta

375 ml (1½ k) kookwater

1 groenteaftrekselblokkie

60 ml (4 e) rooi lensies

60 ml (4 e) pastarys

sout en varsgemaalde swartpeper

4 soetrissies

60 ml (¼ k) gerasperde mozzarella

2.5 ml (½ t) droë origanum

 

Metode:

 

Stel oond op 180ºC

1. Verhit olie en soteer ui en knoffel daarin tot sag.

2. Voeg wortel, murgpampoentjies en sampioene by en roerbraai vir 2 minute.

3. Meng tamatiepasta, water en groenteaftrekselblokkie en voeg by groente in kastrol.

4. Voeg lensies en pastarys by en verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en laat prut vir 15 minute of tot lensies sag is.

5. Geur met sout en peper na smaak.

6. Sny bokante van soetrissies af en verwyder saadjies en wit stukkies.

7. Skep vulsel in soetrissies en bak vir 30 minute.

8. Verwyder uit die oond en sprinkel kaas en bietjie origanum bo-oor.

9. Bak vir nog 5 minute en sit dadelik voor.

Pynappel-yskastert

  • Gepubliseer op Woensdag, 07 Maart 2018 22:39
  • Trefslae: 264

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is goedgunstig verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte uit die kombuise van die Vrouelandbouvereniging van die Noord-Kaap.

 

 

Pynappel-yskastert

Jenita van Wyk, Vryburg

 

440 g (1 blik) pynappelstukkies

2 x 80 g (2 pakkies) pynappelgeur jelliepoeier

380 g (1 blik) ingedampte melk, verkoel

2 x 200 g (2 pakkies) tennisbeskuitjies

 

Metode :

Dreineer die pynappel en verhit die stroop.  Voeg die jellie by en roer om dit op te los.  Laat die jellie afkoel en voeg die pynappelstukkies by.

Klits die ingedampte melk styf en meng dit met die vrugtemengsel.

Rangskik ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbak van 22 cm x 35 cm.  Skep ‘n laag vrugtemengsel oor.  Herhaal die lae.

Laat die tert oornag in die yskas staan om te stol.

 

 

Peppermint Crisp-tert

  • Gepubliseer op Maandag, 26 Februarie 2018 21:02
  • Trefslae: 272

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is goedgunstig verskaf met komplimente

van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte uit die

kombuise van die Vrouelandbouvereniging van die Noord-Kaap.

 

 

Peppermint Crisp-tert

Anet Hennig, Kuruman

 

80 g (1 pakkie) suurlemoengeur jelliepoeier

110 ml kookwater

380 g (1 blik) ingedampte melk, verkoel

360 g (1 blik) karamelkondensmelk

2 x 200 g (2 pakkies) tennisbeskuitjies

3 x 100 g (3 stafies) Peppermint Crisp-sjokolade

 

Metode :

Los die jellie in die kookwater op en laat dit afkoel tot kamertemperatuur.

Klits die ingedampte melk tot dik en skuimerig.

Klits die karamelkondensmelk tot glad.

Voeg die jellie by die ingedampte melk en roer die karamel by.

Rangskik ‘n laat beskuitjies in ‘n tertbak van 22 cm x 29 cm.  Giet ‘n laag vulsel bo-op en rasper sjokolade oor.  Herhaal die lae.

Laat die tert 2 tot 3 ure in die yskas staan om te stol.

 

 

 

Peppadew-en-spinasie-pastaslaai

  • Gepubliseer op Woensdag, 14 Februarie 2018 09:46
  • Trefslae: 242

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

 

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana

 

Peppadew-en-spinasie-pastaslaai

Genoeg vir 6

 

500 g strikkie- of skroefnoedels

‘n paar takkies vars basiliekruidblare

300 g baba-spinasieblare

6 – 8 Peppadews, in skyfies gesny

1 klein ui, in dun skyfies gesny

3 knoffelhuisies, fyngedruk

Sap van 1 suurlemoen of lemmetjie

2,5 ml Aromat of geurselsout

5 ml suiker

100 ml olyfolie

Varsgemaalde swartpeper na smaak

100 ml gekrummelde fetakaas

Swart olywe, heel of fyngekap

 

Metode :

Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.

Meng die basiliekruidblare, spinasie, Peppadews, ui en pasta saam in ‘n groot slaaibak.

Maak die slaaisous : Meng die knoffel, suurlemoensap, geurselsout, suiker, olyfolie en peper saam.  Giet dit oor die slaai en meng dit liggies deur.

Strooi die fetakaas en olywe bo-oor.

Verkoel en geniet.

 

Wenk : Voeg fyngekapte biltong by die slaai vir ekstra lekkerte.

 

Maalvleis-en-boontjiegereg

  • Gepubliseer op Woensdag, 07 Februarie 2018 19:33
  • Trefslae: 252

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana

 

 

 

Maalvleis-en-boontjiegereg

Genoeg vir 6

 

10 ml kookolie

2 uie, in blokkies gesny

1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

300 g maalvleis

1 x 410 g blikkie tamaties

3 ml gemengde kruie

15 ml gekapte vars tiemie

15 ml bruinsuiker

1 x 410 g blikkie boontjies in tamatiesous (Baked Beans)

Sout en peper na smaak

 

 

Metode:

Verhit die olie in ‘n pan en braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend.

Voeg die maalvleis by en roer deur tot gaar.  Voeg die res van die bestanddele (behalwe die boontjies) by en prut tot die sous verdik.

Roer die boontjies liggies deur, geur met sout en peper en bedien.

 

Wenk :

Jy kan die boontjies met gemengde groente vervang.

Dien op met rys of roosterbrood.

Sagopoeding

  • Gepubliseer op Vrydag, 26 Januarie 2018 13:20
  • Trefslae: 293

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Annatjie Melck.

 

 

Sagopoeding

6 – 8 porsies

 

Jy het nodig:

200 ml sago

1 ½ k (375 ml) melk

1 k (250 ml) room

½ k (125 ml) bruinsuiker

2 E (30 ml) botter

½ t (2,5 ml) fyn kaneel

‘n knippie sout

2 eiers, liggies geklits

1 x 385 g-blikkie kondensmelk

Appelkooskonfyt

 

 

Maak dan so:

Week die sago oornag in die melk.

Voorverhit die oond tot 200ºC en smeer ‘n oondvaste bak met botter.

Meng die sago, melk, room, suiker, botter, kaneel en sout saam in ‘n kastrol en verhit dit stadig tot kookpunt.  Roer gereeld om te voorkom dat dit aanbrand.

Laat dit oor lae hitte liggies prut tot die mengsel verdik.  Roer gereeld.  Verwyder van die hitte en laat dit effens afkoel. 

Klits die eiers goed en vou dit saam met die kondensmelk met ‘n houtlepel by die poeding in.

Skep in die voorbereide bak en bak dit vir 20 – 30 minute tot goudbruin.

Strooi kaneel oor en smeer ‘n dun lagie appelkooskonfyt oor.  Bedien warm met vla.

 

My ma het gesê :

Die geheim van die resep is die eiers wat heeltemal skuimerig geklits word, want die gebakte poeding is dan amper so lig soos ‘n soufflé.

 

 

Basiese souttert

  • Gepubliseer op Dinsdag, 27 Maart 2018 15:56
  • Trefslae: 255

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

 Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana

 

 

Basiese souttert

Genoeg vir 6

 

15 ml kookolie

15 ml botter of margarien

1 middelslag-ui, fyngekap

250 g gerookte worsies, in skyfies gesny

125 g knopiesampioene, skyfies gesny

10 ml gemengde kruie

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

250 ml gerasperde cheddarkaas

200 ml melk

2 ekstra groot eiers

45 ml koekmeel

 

Metode:

 

1. Voorverhit oond tot 180ºC en smeer 'n oondvaste bak met 'n deursnee van 15 - 18 cm.

2. Verhit die olie en botter of margarien in 'n swaarboompan en braai die ui vir 'n paar minute tot dit deurskynend is..

3. Voeg die worsies, sampioene, kruie, sout en peper by en braai dit vir 'n paar minute. Laat die mengsel effens afkoel.

4. Meng die kaas deur die worsiemengsel en skep dit n die voorbereide oondbak.

5. Klits die melk, eiers en meel in 'n mengbak en giet dit oor die worsiemengsel.

6. Bak dit vir 25-30 minute of tot dit gestol en goudbruin is.

 

*WENK: Vervang die worsies met bv. maalvleis, tuna of ham

Vegetariese noedels

  • Gepubliseer op Vrydag, 16 Maart 2018 14:48
  • Trefslae: 210

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur 3” is goedgunstig

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlo Carstens

 

Vegetariese noedels

4 porsies

 

bietjie olie

1 ui, fyngekap

5 ml (1 t) gekapte vars knoffel

1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

3 wortels, in blokkies gesny

6 murgpampoentjies, in repies gesny

6 grasuie, gekap

45 ml (3 e) gekapte vars pietersielie

knypie sout en varsgemaalde swartpeper

146 g (2 x 73 g-pakkies) 2-Minute Noodles, hoendergeur

 

Metode:

 

1. Verhit olie en soteer ui en knoffel daarin tot sag.

2. Voeg soetrissies, wortels en murgpampoentjies by en soteer vir 5 minute.

3. Voeg grasuie en pietersielie by en soteer nog 2 minute.

4. Verwyder van hitte. Geur met sout en peper.

5. Kook noedels volgens aanwysings op pakkie.

6. Skep groente op noedels en sit warm as ligte middagete of as bygereg voor.

Amerikaanse hoender-potpasteie

  • Gepubliseer op Woensdag, 07 Maart 2018 09:46
  • Trefslae: 210

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

 

Vandag se resep is uit die publikasie “Laat die Potte Sing” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlise Scheepers.

 

 

 

Amerikaanse hoender-potpasteie

1 groot ui, fyngekap

4 knoffelhuisies, fyngekap

2 wortels, in ringe gesny

2 selderystokkies, gekap

4 hoenderborsies

1 x 25g pakkie gedroogde porcini-sampioene

1 t tamatiepasta

500 ml groente of hoenderaftreksel

Sout  en varsgemaalde swartpeper na smaak

1 x 400g rol-skilferdeeg

 

Metode :

Soteer die ui, knoffel en wortels en seldery en tamatiepasta.  Skep uit en hou eenkant.

Braai die hoenderborsies tot goudbruin. 

Verlaag die hitte sodra die borsies goudbruin is.

Voeg die groente, aftreksel en sampioene by. 

Prut die pot vir ‘n uur.  Voorverhit die oond tot 180֯ C.

Skep die hoender in bakkies. 

Rol die skilferkorsdeeg uit en sny in vierkante.

Sit die deegdeksels op en smeer botter bo-oor.

Bak in die oond tot die deeg goudbruin is.

Tamatiesop met hoenderfrikkadelle en spaghetti

  • Gepubliseer op Donderdag, 22 Februarie 2018 19:39
  • Trefslae: 224

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Tamatiesop met hoenderfrikkadelle en spaghetti

4 porsies

 

15 ml (1 E) kanola-olie

15 ml (1 E) botter

1 ui, in dun skyfies gesny

2 knoffelhuisies, fyngekap

15 ml (1 E) tamatiepasta

2 x 410 g-blikkies gekapte tamaties

1,25L hoenderaftreksel

500 g hoenderworsies

100 g spaghetti, in 5 cm-lengtes gebreek

 

Metode :

 

Verhit die olie en botter in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui vir 5 minute tot sag en deurskynend.

Meng die knoffel en tamatiepasta deur die ui en laat dit vir 1 minuut liggies kook.

Voeg die gekapte tamaties en die helfte (± 625 ml) van die aftreksel by en verhit tot kookpunt.  Verminder die hitte en laat die sop vir 20 minute liggies prut.

Verhit die res van die aftreksel in ‘n aparte kastrol.

Druk die hoenderworsvleis uit die worsderms en rol ongeveer 30 klein frikkadelle van die vleis.  Skep die frikkadelle in die aftreksel en laat vir 10 minute prut tot deurgaar.  Skep die frikkadelle met ‘n gaatjieslepel uit en hou eenkant.

Verhit die aftreksel tot kookpunt, voeg die spaghetti by en kook tot al dente.  Dreineer en gooi die aftreksel weg.

Verpulp die sop in ‘n voedselverwerker tot glad en giet dit terug in die kastrol.

Voeg die gaar spaghetti en frikkadelle by die sop en prut dit vir 5 minute tot deurwarm.  Bedien dadelik.

 

Vlaskywe

  • Gepubliseer op Woensdag, 14 Februarie 2018 09:36
  • Trefslae: 311

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur 3” is goedgunstig verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlo Carstens

 

 

Vlaskywe

1 groot tert

 

Kors

1 200 g (3 x 400 g rolle) skilferkorsdeeg

 

Vulsel

250 ml (1 k) melk

250 ml (1 k) mielieblom

125 ml ( ½ k) vlapoeier

375 ml (1 ½ k) strooisuiker

Knypie sout

500 ml (2 k) room

625 ml (2 ½ k) melk

45 ml (3 e) botter

4 ekstragroot eiergele, geklits

5 ml (1 t) vanieljegeursel

4 ekstragroot eierwitte

 

Versiersel

750 ml (3 k) versiersuiker, gesif

45 ml (3 e) kookwater

 

Stel oond op 200º C.

 

Kors :

Rol een skilferkorsdeegrol oop. Plaas op bakplaat wat met foelie uitgevoer is.

Bak vir 18 minute tot goudbruin.  Laat afkoel.  Lig skilferkorsdeeg met behulp van foelie uit sodat dit nie breek nie.

Plaas met gebakte kant na bo in reghoekige tertbord van ongeveer 22 m x 30 cm. Sny deeg effens om in tertbord te pas.

Bak orige twee rolle skilferkorsdeeg ook so.

 

 

 

Vulsel :

Verhit melk (250 ml) tot warm en verwyder van hitte.

Meng mielieblom, vlapoeier, strooisuiker en sout.  Roer warm melk by tot goed gemeng.

Verhit room en melk (625 ml) in groot kastrol tot warm.

Voeg vlapoeiermengsel by roommengsel. Verhit tot warm terwyl af en toe geroer word.

Laat prut oor matige hitte terwyl af en toe geroer word tot vlamengsel dik en sonder klonte is.

Verwyder vlamengsel van hitte.  Klits botter en eiergele goed by.

Laat vlamengsel vir 5 minute afkoel.  Roer vanieljegeursel by.  Klits eierwitte styf en vou by mengsel in.

Skep helfte van vla bo-op skilferkorsdeeg wat in tertbord is en maak gelyk bo-op.

Plaas volgende rol skilferkorsdeeg bo-op.  Sny deeg waar nodig, om in tertbord te pas.

Skep oorblywende vla bo-op.  Plaas laaste rol skilferkorsdeeg met gebakte kant na bo bo-op vla.

Plaas oornag in yskas.

 

Versiersel :

Meng versiersuiker en kookwater tot glad.

Skep versiersel bo-oor.

Sit in skyfies voor.

 

 

 

Koolslaai

  • Gepubliseer op Donderdag, 01 Februarie 2018 18:30
  • Trefslae: 244

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana

 

 

Koolslaai

Genoeg vir 4

 

180 ml mayonnaise

80 ml suurroom

5 ml fyngekapte ui

15 ml suurlemoensap

5 ml suiker

‘n knippie sout

1 x 440 g blikkie pynappelstukke

1 koppie gerasperde wortel

250 ml fyngekerfte wit kool

250 ml fyngekerfte rooi kool

 

Metode:

 

Meng al die bestanddele saam in ‘n mengbak en bedien.