Dinsdag, 22 Oktober 2024

Stampmielie Gereg

  • Gepubliseer op Maandag, 06 Junie 2022 10:32
  • Trefslae: 1705

 

 

 

Stampmielie Gereg

3 koppies stampmielies
1 koppie Mayonaise
1 Uie gekap
1 pakkie Sampioensop
1 koppie Room (ek het so 2 koppies gebruik)
1 pakkie Wit Uiesop
1 pakkie spek
Kaas
Gooi stampmielies die vorige aand in water. Spoel die volgende oggend af en kook tot sag in sout water.
Braai spek en uie tot gaar.
Meng Mayonaise, room en sop saam.
Meng saam met gaar stampmielies en gooi in oondpan.
Rasper kaas bo-op.
Strooi 'n bietjie rooipeper oor.
Bak op 180⁰ C tot kaas gesmelt het, bedien warm.