Dinsdag, 22 Oktober 2024

RESEPTE

Konfyttert (Ouma Frikkie)

  • Gepubliseer op Donderdag, 02 November 2017 11:52
  • Trefslae: 4062

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch”

is verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Annatjie Melck

 

 

Konfyttert (Ouma Frikkie)

 

1 x 400 g skilferkorsdeeg

1 – 2 eierwitte

¾ k (180 ml) appelkooskonfyt

 

Metode :

 

Voorverhit die oond tot 200֯ C.

Rol die skilferkors op ‘n meelbestrooide oppervlak uit.

Voer ‘n tertbord met die deeg en smeer ‘n dun laag appelkooskonfyt bo-oor.

Sny repe deeg en rangskik dit oor die konfyt sodat dit ‘n traliewerk vorm.  Verf die rande van die deeg met die eierwitte en plaas nog ‘n deegstrook rondom sodat die punte van die traliewerk bedek is.

Bak vir 20 – 30 minute tot goudbruin.

 

My ma het gesê : Vir die beste resultaat moet jy die klaargemaakte tert in die yskas plaas vir ± 15 minute voor dit gebak word – die deeg moet yskoud in die oond gaan.

 

 

Vis en tjips met jogurtsous

  • Gepubliseer op Vrydag, 27 Oktober 2017 14:46
  • Trefslae: 1954

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is verskaf met komplimente van

LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

Vis en tjips met jogurtsous

4 porsies

 

310 ml (1 ¼ k) koekmeel

Knippie sout

75 ml (5 e) CLOVER-volroommelk

15 ml (1 e) water

1 eier

100 ml (6 e + 2 t) bier

500 g (1 pak) visfilette

750 ml olie vir braai

 

 

Tjips

750 g (1 pak) bevrore slaptjips

 

Jogurtsous

125 ml ( ½  k) CLOVER Classis-ongegeurde jogurt

15 ml (1 e) Dijon-mosterd

60 ml (4 e) mayonnaise

Swartpeper na smaak

½ ui,  fyngekap

Handvol vars pietersielie, fyngekap

 

Metode :

Meng die koekmeel  en sout in ‘n mengbak.

Klits die melk, water en eier saam en roer die bier by.

Giet ‘n bietjie van die melkmengsel by die meel en roer tot ‘n dik beslag vorm.

Roer die melkmengsel bietjie vir bietjie by tot glad.  Bedek die beslag en laat dit 20 minute staan.

Verhit genoeg olie in ‘n braaipan.  Voorverhit intussen die oond tot 200 ͦC.

Doop die visfilette in die beslag en braai dit ongeveer 5 minute aan elke kant. 

Plaas dit op kombuispapier om die oortollige olie te absorber.

 

Tjips

Versprei die bevrore tjips op ‘n bakplaat en bak dit 20 minute lank tot goudbruin buite om, of volg die aanwysings op die agterkant van die verpakking.

Jogurtsous

Meng al die bestanddele goed saam.

 

Sit die vis en tjips warm voor saam met die jogurtsous.

Vinnige ertjiesop

  • Gepubliseer op Woensdag, 25 Oktober 2017 14:20
  • Trefslae: 2263

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is verskaf met komplimente van

LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

Vinnige ertjiesop

4 porsies

 

10 ml (2 t) kanola-olie

15 ml (1 E) botter

1 ui, gekap

3 spekvleisrepe, gekap

1 x 410 g-blikkie ertjies, gedreineer

500 ml (2 k) kookwater

60 ml (1/4 k) tamatiesous

10 ml (2 t) Worcestershiresous

1 hoenderaftrekselblokkie

5 ml (1 t) sout

 

 

Metode :

Verhit die olie en botter saam in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui tot deurskynend.

Voeg die spekvleis by en braai dit liggies vir 5 – 10 minute.

Plaas die ertjies in ‘n voedselverwerker en verpulp tot glad of vryf dit deur ‘n sif.

Voeg dit by die uimengsel en roer deur.

Voeg die res van die bestanddele by en laat die sop vir 5 – 10 minute liggies kook.

Bedien warm.

 

Wenk : Gebruik ‘n blikkie botterbone in plaas van ertjies vir ‘n pot boontjiesop.

 

 

 

NELLA se Vinnige Frikkadella

  • Gepubliseer op Donderdag, 21 September 2017 13:26
  • Trefslae: 3170
 
500gm Maalvleis
1 blikkie Baked Beans
2 Eiers (liggies geklits)
1 Ui (gerasper of baie fyn gekap)
150ml - 200ml Hawermout
Vars kruie soos Basil, Tiemie & Pietersielie
2t Knoffel in olie
Sout & Peper
 
Meng alles goed saam.
Rol balletjies.
Bedek 'n swaar boom pan met bietjie water en klein bietjie kookolie / olyfolie.
Plaas balletjies in pan en bak tot gaar. 
 
 
Ek sit gewoonlik die pan se deksel op en as ek hoor die frikkadelle begin
"simmer" en suis, gooi ek weer klein bietjie water onder in pan en
draai frikkadelle om tot albei kante gaar.
Die water maak dat dit lekker souserig is.

KERRIEWORTELSLAAI - VAN ZYL'S RESEP

  • Gepubliseer op Woensdag, 16 Augustus 2017 11:40
  • Trefslae: 2967

Benodigdhede:

2 kg geelwortels geskil

1 kg uie, skoongemaak

25 ml sout

500 ml asyn

200 g (250 ml) suiker

15 ml matige kerriepoeier

25 g (50 ml) mielieblom

 

Metode:

Sny wortels en uie in dun skyfies, bedek met kookwater, voeg sout by en kook tot sag.

Gooi water af.

Voeg 400 ml van die asyn by groente en laat net opkook.

Meng suiker, kerriepoeier, mielieblom en res van asyn saam.

Roer die kerriemengsel by die wortelmengsel en kook 6 minute, haal

van die stoof af en skep warm in gesteriliseerde flesse.

Lewer 3.5 liter slaai

 

Kosblik Wenk - Spek, Eier & Rys Gereg

  • Gepubliseer op Donderdag, 07 Julie 2016 20:39
  • Trefslae: 3260

Bestanddele:

3 eiers
2 pakkies spek (bitz)
300g rys (gaar gekook)
1 groot ui
Sout en soja sous na smaak


Metode:

Klits eiers en roer braai
Kap ui fyn en roer braai voeg spek by, braai tot gaar.
Voeg dan eiers en rys by. Gooi bietjie soja sous oor en wola !!!

STOKKIE FRIKKADELLE

  • Gepubliseer op Woensdag, 29 Junie 2016 18:33
  • Trefslae: 2568

 

Bestanddele:

2 snye volkoringbrood

500 g maalvleis

1 eier

90 g gerasperde kaas

15 ml tamatiesous

15 ml blatjang

15 ml worcestersous

hand vol gekapte pietersielie (opsioneel)

sout en vars gemaalde swartpeper

sosatie stokkies in die helfte gesny


 

Metode:

Week die brood vir sowat 10 minute in koue water.

Druk die oortollige water uit, meng met die res van die bestanddele en geur met sout en swartpeper.

Vorm klein balletjies in jou hand en druk elkeen afsonderlik op 'n sosatie stokkie.

Pak op 'n bakplaat en bak vir 15-20 minute teen 200 °C.

 

Laat goed afkoel op die bakplaat.

 

Skilferdeeg Wieletjies (Stephanie)

  • Gepubliseer op Dinsdag, 31 Mei 2016 12:30
  • Trefslae: 2680

Bedandele

1 Rol blaardeeg (dit wat jy kan koop in enige winkel) 
 
Rol blaardeel lekker dun uit.      
Bedek met genoeg gerasperde cheddar kaas.
Strooi biltong skaafsels oor en rol blaardeeg op sodat dit lyk soos 'n rolkoek. 
 
Sny in skrywe van ± 1 cm.    
Klits 1 eier goed en verf rolletjies met geklitste eier. 
Bak taan 180° grade vir 30 min of goudbruin.  
Bedien warm.

Flatervrye Botterbroodjie (Stephanie)

  • Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 21:06
  • Trefslae: 3069
1 x 500 gm bruismeel 
½ teelepel sout 
3 hoogvol eetlepels margarine 
3 eiers 
melk
 
 
Werk botter met vingers deur in bruismeel en sout. 
Klits 3 eiers goed en voeg geklitste eiers en melk by sodat die vloeistof ± (melk en eiers) 1± is.  
Roer in meel mengsel.   Dit is 'n slap deeg. Gooi in muffinpan en bak in oond teen 180° C  tot goudbruin.  (25min.)    
Toets die botterbroodjie voordat jy dit uit die oond haal aangesien nie almal se oonde 'goed' bak nie.  Bedien met room en konfyt. 
 
Om 'n 'sout-botterbroodjie te maak voeg jy by die droë bestandele  1½ koppie kaas.   Bedien met soutvulsel.

BUTTERNUT (BOTTERSKORSIE) SOP

  • Gepubliseer op Vrydag, 06 Oktober 2017 20:23
  • Trefslae: 2975
BUTTERNUT (BOTTERSKORSIE) SOP
  
2KG Botterskorsies (met skil) OF 2 KG klaar geskilde en gesny
1LT Kookwater
2TL Kerriepoeier
0.5TL Rooipeper
2TL Fyn Knoffel
1 Pakkie Chilli Oxtail Poeier (of sonder chilli)
500ML Room
Peper
Geuropwekker (Aromat)
Sout
 
 
Kook alles behalwe die soppoeier en room saam.
Sodra die botterskorsies gaar is laat effens afkoel en verwerk tot fyn in voedselverwerker.
Roer die soppoeier (wat eers met bietjie water gemeng is) by en laat weer vinnig opkook.
Roer room in voor opdiening en garneer met vars gekapte pietersielie

NELLA SE PIEKEL-UITJIES

  • Gepubliseer op Vrydag, 25 Augustus 2017 07:14
  • Trefslae: 3457
Benodighede:
1kg Rou Piekel uitjies
200g Growwe sout
600ml Buin Asyn
1ml fyn sout
125ml bruin suiker
600ml Water
 
+-25ml Pickling Spice wat in lappie toegeknoop word.
(Sien hieronder die verskillende speserye wat as Pickling Spice bestempel word.
Jy kan die Pickling Spice ook klaar gemeng koop by die supermark)
- 10ml Geel mosterdsaad
- 2ml Fennel saad
- 2ml Heel All Spice Bessies
- 2ml Heel naeltjies
- 2ml Seldery saad
- 2ml Heel swart peperkorrels
- 2ml Droe rissies
- 2ml Gekapte vars gemmer
 
Vir garnering per fles
- 'n Halwe rooi brandrissie
- Paar heel peper korrels
- roosmaryn takkie
- Gekapte knoffel
- Lourierblaar
 
Kook 600ml water in kastrol. Voeg die growwe sout by.
Roer tot sout opgelos is
Gooi ongeskilde ui in bak en gooi bogenoemde soutwater oor.
Laat staan 24 uur.
 
Volgende dag:
Kook 600ml bruin asyn, 1ml fyn sout, 125ml bruin suiker en die pickling spice wat in lappie toegeknoop is, stadig saam vir 5 minute tot suiker opgelos is.
Skil uitjies.
Spoel paar keer goed af en plaas in gesteriliseerde flesse.
Plaas garnering (versierings) in fles en dan vul jy die fles met die soetsuur spesery-asynmengsel wat in kastrol opgelos is.
Skroef flesse dig toe.
(Kan ook in plastiekhouer in yskas gehou word)

AARTAPPEL NESSIES

  • Gepubliseer op Donderdag, 10 Augustus 2017 12:26
  • Trefslae: 3671

Rasper aartappel

Druk die water uit

Geur met sout en peper na smaak

Spuit of smeer kolwynpannetjies

Druk die fyn aartappel vas om 'n 'bakkie' te vorm

Bak vir 30min ten 200ºC

Vul met jou gunsteling groente

Kosblik Wenk - Patatkoekies

  • Gepubliseer op Woensdag, 06 Julie 2016 21:38
  • Trefslae: 2765

Bestandele:

Patat,
Parmesaankaas
Sout

Metode:

Kook patat tot net sag, gooi in voedsel verwerker met parmesaan kaas en sout tot smaak, blits tot krummelrig.

Vorm klein balletjies, sprei uit op oond pan, druk plat met lepel, bak vir 7 min

Draai patat koekie om en bak weer vir 7 min tot goud bruin.

Haal uit laat afkoel en bedien. 

Appeltert met Karamelsous (Stephanie)

  • Gepubliseer op Woensdag, 22 Junie 2016 10:10
  • Trefslae: 4361

Bestandele :

2 eiers

Knippie sout

1 koppie suiker

¼ koppie melk

1 eetlepel margarien

1 koppie bruismeel

Metode :

Klits eiers en suiker baie goed. Smelt margarien in melk en voeg by eier en suiker mengsel. Roer bruismeel in.

Bak in oond teen 180° vir 30 min. Toets tert om seker te maak dit is gaar.

Sous :

Neem 1 blikkie Ideal melk en 1 eetlepel karamelgeursel. Bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor die tert sodra dit uit die oond gehaal word.

 

Mielietert (Stephanie)

  • Gepubliseer op Dinsdag, 24 Mei 2016 11:52
  • Trefslae: 2629
280 ml meel 
5 ml bakpoeier 
500ml gerasperde kaas 
2 eiers 
¾ koppie melk 
1 Blikkie Roommielies
 
Meng alle bestanddele saam, behalwe die kaas.    
Gooi in bak of klein broodpannetjie.
Gooi kaas bo-oor en bak in oond 180° vir ± 45 min. 
Sodra die tert uit die oond kom,  smeer botter en Bovril bo-op.  
Geniet saam met braaivleis. 
Lekker eet

Braai Bolletjies met Roomsous

  • Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 13:07
  • Trefslae: 3557

JY BENODIG:
• 1 kg brooddeeg (die wat jy by die winkel koop, klaar reg)
• 1 pakkie Potato Bake (geur van jou keuse)
• 250 ml (1 k) vars room
• 250 ml (1 k) melk
• 1 knoffelhuisie, fyn gekap
• 250 ml (1 k) gerasperde Cheddar Kaas

METODE:
1. Voorverhit die oond tot 180 ° C. Smeer 'n oondpan.
2. Sit die deeg eenkant totdat die deeg rys en verdubbel in volume.
3. Meng die res van die bestanddele, behalwe die kaas.
4. Gooi die helfte van die room mengsel in die voorbereide pan.
5. Knie die deeg af, vorm in handpalm grootte balle of 'n grootte van jou keuse en pak hulle in die room mengsel in die pan. Gooi die res van die room mengsel oor die deeg balle en sprinkel die kaas bo-oor.
6. Sit eenkant om tot dubbel in volume te rys. Bak vir 40-50 minute of tot gaar.

Marcelle se SLAK-STOKKIES

  • Gepubliseer op Dinsdag, 26 September 2017 22:15
  • Trefslae: 2133

1 klein blikkie slakke

125ml Koekmeel
125gm Rooi Glanskersies
200gm Repie spek
125gm egte botter
3 eetl knoffel
Geuropwekker (Aromat)
Olie vir Diepbraai
Tandestokkies
 
  • Dreineer die slakke.
  • Plaas koekmeel in 'n sakkie. Gooi die gedreineerde slakke in sakkie by meel. Skud die sak met meel en sakke tot die meel lekker aan die slakke vassit. Haal slakke uit en skud die ergste meel af.
  • Ryg stokkies - Slak, Kersie, Slak
  • Knip een repie spek deur. Rol om slak-stokkie en steek met nog 'n tandestokkie vas.
  • Verhit olie. Plaas 6 slak-stokkies op 'n slag in warm olie. Braai vir NET 2 minute.
  • Haal uit en dreineer op kombuispapier.
  • Plaas knoffel, botter & geuropwekker (aromat) in pan Verhit tot lekker kook.
  • Voeg slak-stokkies by en braai saam met knoffelbotter vir 2 minute.
  • Plaas paar slak-stokkies met knoffel botter in bakkie en bedien met snytjies bruinbrood waarvan die korsies afgesny is.

NELLA SE INGEMAAKTE BEET

  • Gepubliseer op Woensdag, 23 Augustus 2017 14:44
  • Trefslae: 18064
 
300g Rou Beet
250ml Bruin Asyn
250ml Suiker
1ml Sout
 
Sny die beetblare af, was beet en plaas in kastrol met genoeg water om beet te bedek.
Kook beet +-30min lank tot sag.
Dreineer maar hou 250ml van beetwater.
Trek skille af van beet en sny in blokkies / rasper / hou heel (hoe ookal jy dit verkies)
Plaas asyn, suiker, sout en 250ml beetwater in kastrol.
Verhit tot suiker opgelos is.
Roer heeltyd.
Laat 5 minute kook.
Voeg beet by die beetstroop en laat net weer kook.
Skep in lae uit in gesteriliseerde flesse en skroef deksel van fles styf toe
 
 
VIR WARM SOETSUUR BEETSLAAI:
 
1 Pot Ingemaakte Beet
15ml Mielieblom (Maizena)
 
Haal pot ingemaakte beet van jou rak af en plaas inhoud in kastrol en verhit.
Skep beet uit kastrol met 'n gaatjielepel sodat die vloeistof agterbly in die kastrol.
Meng die mielieblom met klein bietjie koue water en gebruik dit dan om die sous in die kastrol mee te verdik.
Giet oor die beet en dien dit warm op.
Garneer met vars pietersielie en uie skywe.

Hanlie Swart se Knoffelbraai Brood

  • Gepubliseer op Donderdag, 04 Mei 2017 22:03
  • Trefslae: 3019

500gr Bruismeel

1pakkie wit uiesop

1groot ui

Koppie gerasperde kaas

5knoffelhuisies fyn gekap

500ml karringmelk.

 

Meng alles saam en plaas in 'n broodpan. Strooi sonneblomsaad oor (opsioneel) en bak in oond ± 60 min. 180c

Kosblik Wenk - Gestopte Lasagne Brood

  • Gepubliseer op Dinsdag, 05 Julie 2016 21:31
  • Trefslae: 2477

Bestanddele:

1 x Bevrore deeg

Mozzarella Kaas

Bolognese sous

Ricotta Kaas

Knoffel botter sous

Lasagne repies

 

Metode:

1.  Rol deeg uit, smeer dit met die knoffel botter sous

2.  Plaas 'n laag Mozzarella bo-op

3.  Sit nou 'n repie gekookte lasagne bo-op, 'n laag Bolognese sous en weer 'n repie lasagne

4.  Laastens eindig met 'n laag Ricotta Kaas

5. Vou toe en bak tot goudbruin teen 200º C (ongeveer 8 - 12 min)

 

 

 

 

California Roll

  • Gepubliseer op Saterdag, 18 Junie 2016 11:44
  • Trefslae: 3133

Developed in Los Angeles sometime in the 1960s, the California roll is a favorite among those who enjoy maki sushi. This recipe from Natasha’s Kitchen takes about 80 minutes, including rice cooking, and yields 9 rolls.

Ingredients:

    ½ pound imitation crab meat
    1 avocado, ripe but still firm
    ½ medium cucumber, peeled and sliced into long Julienne strips
    Toasted nori seaweed
    Toasted sesame seeds

Directions: Wrap sushi mat in plastic wrap. Fold pieces of nori in half to split them.

Toast sesame seeds over medium heat, stirring constantly until golden. Slice vegetables. Spread a generous handful of sushi rice onto the half sheet of nori. Use wet fingertips to spread the rice evenly over the entire surface of the nori.

Flip the rice-covered piece of nori over so the rice is facing down. Place your fillings across the center of your rice in the middle of the sheet. Try to avoid over-filling!

Start rolling firmly away from you using the sushi mat. Once the roll is complete, sprinkle the roll with toasted sesame seeds while it is still on the mat so you can turn it easily.

Run your sharp knife through a damp paper towel before slicing so the rice won’t stick as much. Cut the roll in half, then line the two halves up and slice even 1-inch rings.

Vis met dun deeg

  • Gepubliseer op Saterdag, 14 Mei 2016 10:33
  • Trefslae: 5729

3 Eiers, geklits
1 k Bruismeel of gewone koekmeel
½ tlp ‘crushed garlic’ (in botteltjie)
½ tlp Aromat
Visspeserye
Hake filette
(GEEN SOUT)

Meng die meel en garlic en aromat in ‘n platterige bak soos roomys bak.
Sny die vis in porsie grootte en strooi visspeserye oor. Rol nou in die meel. Laat le die vis daarin totdat dit tyd is om te bak.
Maak die olie warm, doop nou die vis, wat eers in meel gerol is, in die eier en sit dadelik met die velkant na bo in die olie.
Draai om en steek met die vurk aan die dikkant van die vis. As daar nie meer vog uitkom nie is die vis gaar.
Dit vorm wel ‘n korsie om die vis maar nie ‘n dik deeg wat dikker as die vis is nie!
Bedien met skyfies of net slaai.
(Ek gebruik bruismeel)