Woensdag, 14 November 2018

RESEPTE

Ouma Betsie se arm-mans broodjie

  • Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 12:39
  • Trefslae: 845

2 Koppies koekmeel

1 Koppie suiker

1 Koppie melk

2 groot eiers (geskei)

1 eetlepel margarine of botter

¼ koppie klapper

2 teelepels bakpoeier

 

Metode :

Klits botter en suiker baie goed. Voeg eiergele en melk by geklitste botter en suiker mengsel en meng goed.

Sif meel en bakpoeier by botter, suiker, eiergele en melk en meng deur.

Klits eierwitte styf en vou in by deegmengsel.

Gooi koekmengsel in ‘n klein broodpannetjie en bak 180° C vir 25 – 30min.

Toets met toetspen om seker te maak die broodjie is gaar.

 

Tannie Soes se hoesmiddel

  • Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 12:36
  • Trefslae: 750

(Is reeds 100 jaar in die Van Rooyen familie se besit)

Bestanddele

1 botteltjie Turlington

1 botteltjie Borsdruppels

1 botteltjie Paragora

1 bottel Pepermintdruppels

500g Heuning

1 eetlepel Roulynolie

 

Metode :

Meng al die bestandele goed en gooi in lugdigte houer.

Neem 1 desertlepel 3 – 4 keer per dag.

 

 

 

Izelle se Crème Brulée

  • Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 12:35
  • Trefslae: 712

( Genoeg vir 6 persone)

 

Bestanddele :

5 ml Vanielje

500 ml Room

6 eiergele

100 gram Strooisuiker (Ekstra strooisuiker vir bo-laag)

 

Metode :

  1. Verhit die oond tot 140° C

  2. Bring die room en vanieljegeursel tot kookpunt.

  3. Klits die eiergele en strooisuiker saam in groot mengbak

  4. Voeg die warm room by die eiergele terwyl jy dit stadig klits

  5. Gooi die mengsel in 6 gesmeerde ramekin bakkiesPlaas die ramekin bakkies op ‘n bakplaat met warm water

  6. Plaas in ‘n warm oond en bak vir ± 45 – 60 minute of totdat die die tekstuur van jelle het.

  7. Plaas in die yskas om verder te stol

  8. Strooi ‘n dun lagie strooisuiker oor die koue nagereg

  9. Sit die nagereg onder die roosterelement tot suiker ‘n karamelkleur is

  10. Bedien dadelik

 

 

 

Koeskoes- Rys of Koringslaai (Ligte middagete)

  • Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 12:23
  • Trefslae: 873

Plaas 1½ koppie koeskoes en ¼ teelepel sout in ‘n bak.

Bedek die koeskoes met warm water.

Die water moet net-net die koeskoes bedek.

Laat staan vir 5 min en krap dit los met ‘n vurk.

of

Kook 1 ½ koppie koring met ‘n ¼ teelepeltjie sout tot gaar (laat dit afkoel)

of

U kan ook oorskied rys gebruik.

Die bestandele se hoeveelhede wat u bevoeg kan aangepas word na smaak en wat u in u huis het. Dit is ‘n lekker “rek resep” vir die tye in die maand wat alles min is in die huis.

 

Braai 1 pakkie bacon stukkies en 1 groot ui in vlak olyfolie (Laat dit afkoel)

Voeg gebraaide bacon en ui by koeskoes – rys of koring wanneer dit afgekoel is.

Voeg 1 koppie gevriesde ertjies en 1 koppie gevriesde mielies by.

Meng liggies. Voeg sout / peper en aromat by na persoonlike smaak.

(Gebraaide sampioene / green pepers / komkommer kan ook bygevoeg word.

Indien u nie bacon wil gebruik nie kan u tuna of enige ander fyngemaakte vis (snoek, stokvis ens.) gebruik.

 

Nota : Bedien op fyn gekapte kropslaai. Hierdie gereg is genoeg vir 6 persone vir ‘n ligte middagete.

 

Maklikse slaaisous – ook lekker saam met vis:

Maak ‘n slaaisous met 1 koppie mayonnaise en 2 eetlepels tamatiesous.

Meng goed en laat toe dat u gaste self die slaaisous gebruik na hulle persoonlike smaak.

Sny ‘n tamatie in wiggies en garneer die gereg sodat dit kleurvol is.

 

 

Ouma Bets se Pinkpoeding (Koue nagereg vir warm somersdae)

  • Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 12:08
  • Trefslae: 802

Bestandele:

1 blikkie (240g) “guava”

½ blikkie kondensmelk

1 pakkie rooi jelly

2 koppies melk

1 hoogvol eetlepel vlaepoeier

1 koppie kookwater

 

Metode:

Maak 1 pakkie rooi jelly aan met 1 koppie kookwater.

Maak ‘n dik vlae met: 2 koppies melk en 1 hoogvol eetlepel vlaepoeier.

Voeg jelly by dik vlae.

Druk “guava’s” fyn met vurk of voedselverwerker.

Voeg “guava’s” by dik vlae waarin jelly reeds gegooi is.

Laastens roer jy die ½ blikkie kondensmelk by.

Meng goed en plaas in yskas totdat dit gestol is.

(Jy kan die mengsel dubbel aanmaak alle bestandele x2)

Bedien met roomys of koue vlae.

 

Lekker eet!

Izelle se uieblatjang

  • Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 12:35
  • Trefslae: 722

6 groot uie fyn gesny en braai dit in vlak olie totdat dit sag is.

 

Bestanddele en metode :

Voeg :

1½ koppies bruinsuiker

1 klein blikkie tamatiepasta

¼ koppie bruinasyn

½ koppie Balsamiese-asyn , by gebraaide uie.

 

Voeg bestanddele by gebraaide uie en prut tot mengsel dik word.

Hierdie uieblatjang is heerlik saam met kaas en sout beskuitjies.

 

Sjokoladekoek vir ‘n besige huisvrou

  • Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 12:17
  • Trefslae: 761

4 groot eiers

2 koppies suiker

1 teelepel vanilje

1½ koppie melk

1½ eetlepel margarine

2 koppies koekmeelblom en 4 teelepels bakpoeier of 2 koppies bruismeel en

2 teelepels bakpoeier

4 hoogvol eetlepels Coco

¼ teelepel sout

 

 Metode: Klits die eiers, suiker en vanilje tot roomerig.

Smet die margarine in die melk en gooi warm melk en botter by eiers, suiker en vanilje.

Voeg droë bestandele in en meng goed. Bak in ‘n warm oond (180 °) vir 25 min.

Toets met toetspen of die koek gaar is en haal uit wanneer die toetspen droog is.

 

Nota: U kan die koek in ‘n ringvorm of twee ronde- of een vierkantige koekpan bak. Plaas versiersel van u keuse op die koek.

 

 

 

 

 

 

 

Karin se maklike en vinnige vrugte nagereg

  • Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 12:33
  • Trefslae: 1153

Genoeg vir (6 persone)

1½ koppie bruismeel

3 eetlepels margarine en

½ koppie suiker

Meng eerste drie bestanddele goed saam (voorkoms : krummelrig).

Plaas 1 blik ingelegte vrugte (500g) van u keuse in ‘n vuurvaste bak.

 

Strooi die krummeldeeg oor die vrugte en bak in ‘n warm oond teen 180° vir 25 – 30 min.

Kleur – Goudbruin

Bedien met roomys of vlae.

 

Nota : Enige ingelegte vrugte kan gebruik word. Dit is ook al gebak in ‘n klein platboom swartpot wanneer daar gekamp word.

Wees versigtig met die hoeveelheid suiker in meel beslag aangesien dit die gereg baie soet kan maak indien u te veel suiker gebruik.

 

 

 

 

Rolkoek

  • Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 12:13
  • Trefslae: 737

Dit is 'n Wenner!

 

Bestanddele:

4 eiers

3 eetlepels koue water

1 koppie suiker

½ teelepel vanielje geursel

Knippie sout

1 koppie koekmeel

2 eetlepels koekmeelblom

2 teelepels bakpoeier

 

 

Metode:

  1. Klits eiers, koue water en suiker baie goed tot romerig.

  2. Voeg vanielje, knippie sout, koekmeel, koekmeelblom en bakpoeier by.

  3. Meng al die bestanddele goed en gooi beslag in ‘n goed gesmeerde rolkoek bakplaat.

  4. Bak vir maksimum 8 min. in warm oond teen 200° C. (Kleur – goudbruin)

  5. Gooi gaar gebak op ‘n skoon klam doek.

  6. Smeer vulsel van gekookte kondensmelk of appelkooskonfyt op rolkoek en rol dit op terwyl dit warm is.

U kan die rolkoek ook versier met styfgeklopte room waarin u ‘n ½ koppie strooisuiker gegooi het of u kan suiker op klam doek strooi voordat u die gebak daarop omdop.

Die suiker sal aan die rolkoek kleef en dan as versiering dien.