Dinsdag, 22 Oktober 2024

RESEPTE

Gestolde drielaagslaai

  • Gepubliseer op Dinsdag, 10 Julie 2018 17:16
  • Trefslae: 2617

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

 Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekos-geregteis verskaf

 met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Gestolde drielaagslaai

 

WORTELLAAG

80 g (1 pakkie lemoengeur jelliepoeier

250 ml kookwater

250 ml fyngerasperde wortels

 

PYNAPPELLAAG

80 g (1 pakkie) pynappelgeur jellie poeier

250 ml kookwater

410 g (1 blik) fyn pynappel, gedreineer

250 ml gerasperde cheddarkaas

205 g geroomde maaskaas

 

 

 

BEETLAAG

80 g (1pakkie) kersiegeur jelliepoeier

250 ml kookwater

250 ml gerasperde gaar beet

 

 

Metode:

 

1.  WORTELLAAG: los die jellie op in die kookwater, voeg die wortel by en laat stol dit in ring vorm.

2.  PYNAPPELLAAG: los die jellie op in die kookwater. Laat dit afkoel en voeg dan die pynappel, kaas en maaskaas by. Skep dit bo-op die gestolde wortellaag

3.  BEETLAAG: los die jellie op in die kookwater. Laat dit afkoel en voeg dan die beet by. Skep dit op die gestolde pynappellaag. Laat dit oornag in die yskas oornag in die yskas staan om heeltemal te stol.

4. Keer die slaai op n mooi bord uit en garneer dit met wortelrepies

 

 

 

Pannekoekies met hoendervulsel

  • Gepubliseer op Dinsdag, 10 Julie 2018 15:12
  • Trefslae: 2889

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie  “Marilyn kuier en kook!” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

 

 

Pannekoekies met hoendervulsel

Vir die pannekoekies

205 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

2 ml sout

2 eiers

250 ml water

10 ml melk

20 ml asyn

60 ml kookolie

Ekstra kookolie om die pannekoekies te bak.

 

VIR DIE HOENDERVULSEL

2 gaar hoenders, met vurk gepluis

2-3 sprietuie (spring onions), gekap

30 ml rooi soetrissie, ontpit en in klein bokkies gesny

Sout en peper na smaak

 

Vir die sous

100 ml mayonnaise

15 ml gekapte agurkie (gherkin)

15 ml soetrissiesous (sweet chili-sous)

3 ml gemengde kruie

 

Metode:

Pannekoekies:

Meng al die bestanddele goed saam en plaas di t in die yskas

Vir ongeveer 25 minute. Verhit n pan, smeer met olie en vul die

Pan met die pannekoekmengsel. Bak aan beide kant tot gaar.  Hou eenkant.

 

Hoendervulsel met sous:

Meng eers al die bestanddele vir die hoendervulsel saam en

Daarna al die bestanddele vir die sous. Meng dan die hoender

en die sous goed saam. Skep die vulsel in die pannekoekies,

rol die vulsel in die pannekoekies, rol die pannekoekies toe en bedien.

 

"Ligte happies is ideaal vir n piekniek of as julle as gesin dalk gaan kamp."

 

 

Skaapkop

  • Gepubliseer op Dinsdag, 10 Julie 2018 15:01
  • Trefslae: 3519

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch” met komplimente van

LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Skaapkop

 

1 Silwer skoon skaapkop

Sagte skaapvet

Sout

1 silwerskoon, heel skaappens

Tandestokkies

Baksakkie

 

 

Metode:

1.   Voorverhit die oond tot 180 °C.

2.  Smeer die skaapkop aan die buitekant met sagte skaapvet en vryf dit goed in.

3.  Strooi sout na smaak oor en probeer 'n bietjie in bek ook strooi.

4.  Vou die skaappens om die skaapkop en steek dit met tandestokkies vas.

5.  Plaas in n oondpan en bak vir 10 minute. Verlaag die oondtemperatuur na 150 °C en bak dit vir ongeveer 3 uur.

6.  Verwyder uit die oond en toets met m sosatiestokkies of die kieste sag is.  Indien nie, vou die skaapkop weer toe en bak tot kieste sag is. Wanneer die kieste sag is, bak die kop tot dit goudbruin  is en die pensvel bros en krakerig.

7. Skakel die oond af, laat die kop afkoel en sny dit langs die kakebeenlyn oop.

 

MY MA HET GESÊ

N skaapkop word met knipmes en n klein langsteellepeltjie (om harsings uit te haal) geëet. Sorg ook vir genoeg warm nat lappies.

Varsgebakte brood. Konfyt en goeie rooiwyn komplimenteer hierdie smulkos.

 

 

 

Souttert met aartappelkors

  • Gepubliseer op Sondag, 08 Julie 2018 19:05
  • Trefslae: 2845

 

 RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

 Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregteis verskaf

 met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

 

Souttert met aartappelkors

 

AARTAPPELKORS

3 gaar aartappels, fyngemaak

125 g margarien

1 eier, geklits

375 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

Sout na smaak

 

VULSEL

500 g ham, gekap

500 g cheddarkaas, gerasper

280g (1 blikkie) Weense worsies in stukkies gesny

2 gekookte eiers, gekap

1 klein ui, gerasper

5 ml mosterdpoeier

10 ml gekapte pietersielie

2 eiers, geklits

250 ml melk

Ekstra gerasperde kaas na smaak

 

Metode:

1. KORS: Meng al die korsbestanddele en smeer dit egalig in 'n gesmeerde oondvaste tertbak.

2. VULSEL: Meng al die vulselbestanddele, behalwe die ekstra kaas. en skep dit in die kors. Strooi die kaas bo-oor.

3. Bak die tert teen n halfuur lank teen 180 °C of tot gaar en gestol.

 

 

 

Norma se Kerrie

  • Gepubliseer op Vrydag, 15 Junie 2018 08:50
  • Trefslae: 1735

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch” is

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Annatjie Melck

 

Norma se Kerrie

 

JY HET NODIG

3 E (45 ml) botter

4 uie, in ringe gesny

4 knoffelhuisies, fyngekap

1 groot rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny

1 groot geel soetrissie, ontpit en in repe gesny

2 t (10 ml) sout

2 t (10 ml) borrie

1 E (15 ml) kerriepoeier

2 kg lamsvleis (500 g nek, 500 g rib en 1 kg skouer, in blokkies gesny)

1 x 410 g-blikkie tamaties, gekap

1 k (250 ml) sultanas

2 t (10 ml) fyn gemmer

½ t (2.5 ml) fyn kruinaeltjies

1 t (5 ml) fyn kaneel

½ t (2.5 ml) gemengde kruie

1 E (15 ml) fyn komyn (jeera)

½ t (2.5 ml) koljander

4 kardemompeule, gekneus

2 t (10 ml) fyn anys

1 klein handvol vars kerrieblare

1 x 400 ml-blikkie klappermelk

 

MAAK DAN SO

1.  Verhit die botter in 'n swaarboomkastrol en braai die uie, knoffel en soetrissies tot die uie deurskynend is (nie bruin nie).

2.  Roer die sout, borrie en kerriepoeier deur die uiemengsel en braai vir 2 minute oor lae hitte.

3.  Voeg die res van die bestanddele by en laat vir 1½ uur stadig prut tot die vleis sag is.  Roer af en toe. 

4.  Voeg bietjie warm water by indien die sous te min is.

5.  Bedien saam met witrys.

 

MY MA HET GESÊ

Groen kardemompeule is beter om te gebruik as bruin kardemompeule.

Die vars kerrieblare bring die geur van die dis uit.

Floria se malvapoeding

  • Gepubliseer op Woensdag, 30 Mei 2018 06:46
  • Trefslae: 1829

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Laat die Potte Sing” is verskaf met

komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlise Scheepers.

 

 

Floria se malvapoeding

 

JY HET NODIG

4 k koekmeel

2 k suiker

4 e botter

2 e appelkooskonfyt

2 t koeksoda

4 eiers

2 e bruinasyn

 

STROOP

2½ k suiker

4 k melk

1 k room

2 t vanieljegeursel

1 k water

 

MAAK DAN SO

Voorverhit die oond tot op 180ºC en smeer 'n oondpan.

Meng die meel en suiker en hou eenkant.

Meng die botter en appelkooskonfyt en klits tot romerig.

Voeg die eiers by en meng goed.

Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel en meng goed.

As die beslag nog baie styf is, kan jy melk byvoeg om dit meer loperig te maak.

Voeg die koeksoda en die asyn saam by die mengsel en roer dit deeglik deur.

Skep die beslag in die voorbereide oondpan en bak vir ongeveer 30 minute tot goudbruin.

Maak die stroop terwyl die poeding bak.

Vir die stroop:  Meng al die bestanddele saam en verhit tot kookpunt terwyl jy aanhoudend roer.

Hou die stroop eenkant, maar hou dit warm.

Verwyder die poeding uit die oond sodra dit klaar gebak is en steek 'n paar gaatjies in die die poeding met 'n sosatiestokkie - sodat die stroop lekker kan intrek.

Giet die stroop oor die poeding en laat staan vir 'n paar minute voor jy dit met roomys bedien.

Oupa se beesstert

  • Gepubliseer op Woensdag, 23 Mei 2018 22:01
  • Trefslae: 1998

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Laat die Potte Sing” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlise Scheepers.

 

 

Oupa se beesstert

JY HET NODIG

4 knoffelhuisies, gekneus

2 selderystokkies, fyngekap

2 groot uie, fyngekap

600 g beesstert

1 e tiemie

1 e pietersielie

2 k Old Brown Sherry

1 k beesvleisaftreksel

3 groot aartappels, in blokkies gesny

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

 

MAAK DAN SO

Soteer die knoffel, seldery, uie en wortel in jou drukkoker.  Haal dit uit en hou eenkant.  Bedek die beesstertstukke met 'n bietjie meel en verbruin hulle in die pot.

Gooi 'n bietjie OBS in die pot sodra die vleis gekaramelliseer het sodat die stukkies vleis en groente wat op die bodem van die pot gekaramelliseer het kan loskom.

Voeg die seldery, wortels, ui en knoffel weer by. Voeg dan die tiemie en pietersielie by asook die res van die sjerrie en beesvleisaftreksel. Voeg laastens die aartappels by.

Geur met sout en swartpeper.

Seël die drukkoker en stel die stoofplaat op 'n matige tot hoë hitte.

Laat die pot vir 'n uur en 'n half sy ding doen.

As die vleis nog nie sag genoeg is nie, kan jy dit vir nog 'n halfuur kook.

Gepekelde Beestong

  • Gepubliseer op Woensdag, 16 Mei 2018 21:53
  • Trefslae: 8254

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch” is

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Annatjie Melck.

 

 

Gepekelde Beestong

 

JY HET NODIG

1 gepekelde beestong

1 groot ui, gehalveer

1 groot wortel, geskil en in groot stukke gesny

1 raap, geskil en in skywe gesny

1 selderystingel, in stukke gesny

10 heel swartpeperkorrels

6 heel wonderpeperkorrels

1 lourierblaar

 

MAAK DAN SO

1.  Plaas die tong in 'n swaarboomkastrol, bedek met koue water en verhit tot kookpunt.  Dreineer die tong en gooi die vloeistof weg.  Plaas dit weer in die kastrol en voeg koue water by. Verhit weer tot kookpunt, maar proe aan die water om vas te stel hoe sout dit is, want die watervlak moet nie die tong bedek tensy die tong baie sout is nie.

2. Voeg die res van die bestanddele by en laat die tong vir ± 1½ - 2 uur stadig kook tot sag.

3. Haal die tong uit die kookwater en dompel dit in koue water vir ± 10 minute.  Behou die warm water waarin die tong gekook is.

4. Haal die tong uit die koue water en verwyder die vel, beentjies of kliere onder die tong indien nodig.

5.  Plaas die skoon tong terug in die kookvloeistof en hou warm.

6.  Indien die tong koud bedien word, plaas dit in 'n houer waarin dit net pas en giet die kookvloeistof oor.  Laat dit koud word en stol.

7.  Indien dit warm bedien word, verhit die tong en kookvloeistof en voeg 200g piekeluie by.  Laat dit vir ongeveer 10 minute kook tot die uitjies gaar is.

8.  Sny die tong in skyfies en pak dit in 'n oondvaste bak.

9.  Voorverhit die oond tot 150ºC.

 

 

MY MA HET GESÊ

Maak seker dat die tong nie te sout is nie, so proe aan die kookvloeistof. Moet nie 'n pot sop kook nie; hou die hoeveelheid vloeistof dop

 

 

 

Romerige hoenderpastasop

  • Gepubliseer op Donderdag, 26 April 2018 17:17
  • Trefslae: 1706

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en Clover.

 

 

Romerige hoenderpastasop

6 PORSIES

 

Clover Mooi River-botter

2 uie, gekap

3 selderystingels, fyngekap

2,5 ml (½ t) gedroogde tiemie

3 wortels, geskil en in blokkies gesny

1,5 liter (6 k) hoenderaftreksel

2 lourierblare

4 takkies vars pietersielie

sout en peper na smaak

1 heel hoender van 2,5 kg

ongeveer 500 ml (2 k) water

250 ml (1 k) rou pasta van jou keuse

5ml (1 t) mielieblom

250 ml (1 k) Clover-vars room

 

Metode:

1.  Smelt genoeg botter in 'n kastrol en braai die uie, seldery en tiemie saam tot die uier sag is.

2. Voeg die wortels, hoenderaftreksel, lourierblare, pietersielie, sout en peper by.

3. Plaas die hoender ook in die kastrol. Voeg die water by en sorg dat die hoender net-net bedek is. Plaas die kastrol se deksel op en laat kook die sop vir 2 ure.

4. Haal die lourierblare, pietersielie en die hoender versigtig uit. Gooi die lourierblare en pietersielie weg.

5. Breek die hoender in stukke en vlok die hoendervleis. Gooi al die oortollige goed soos die bene en velle weg.

6. Skep die hoendervleis terug in die warm aftreksel en roer die pasta by.

7. Laat kook die nou sonder die deksel vir 30 min of tot die pasta amper sag is.

8. Meng die mielieblom met 'n klein bietjie water tot 'n gladde pasta. Roer dit by die warm sop en laat dit minute lank kook sodat die sop kan verdik.

9. Giet die room by die sop.  Laat dit deurwarm word en sit die sop warm voor soos verkies.

Patats in lemoensous

  • Gepubliseer op Sondag, 08 Julie 2018 19:21
  • Trefslae: 3279

 RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

 Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekos-geregteis verskaf

 met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

 

Patats in lemoensous

 

8 middelslag-patats

 

LEMOENSOUS

500 ml lemoensap

125 ml bruinsuiker

125 ml pitlose rosyne

30 ml vlapoeier

5 ml gerasperde lemoenskil

2 ml sout

 

Metode:

 

1. Kook die patats met skil en al. laat dit afkoel en trek die skille af. Sny die patats in skywe en rangskik dit in n gesmeerde oondvaste bak.

2. Kook die bestanddele vir die sous saam tot dit verdik

3.  Gooi die sous oor die patats en bak dit n halfuur lank teen 180°C.



VARIASIE: Voeg 25 ml botter en 80 ml sjerrie by die sous

 

 

 

Rooikool met appel

  • Gepubliseer op Sondag, 08 Julie 2018 18:59
  • Trefslae: 4594

 RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

 Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekos-geregteis verskaf

 met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Rooikool met appel

 1 kop rooikool

 250 ml kookwater

 7 ml sout

 3 groot Granny Smith-appels

 60 ml bruinsuiker

 60 ml asyn

 45 ml botter

 7 ml koekmeel

 1 ml peper

 

 

 

Metode:

 

1. Sny die kool in kwarte, verwyder die stonk en kerf die kool fyn. Kook dit 10 minute lank in soutwater of tot die kool sagter voel.

2. Ontpit en skil die appels en sny dit in skywe. Voeg dit by die kool en kook dit 10 minute lank.

3. Voeg die res van die bestanddele by en verhit dit tot deurwarm.

 

 

 

 

Maklike Kaiingpotbrood

  • Gepubliseer op Vrydag, 15 Junie 2018 08:49
  • Trefslae: 1812

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is verskaf met

komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Maklike kaiingpotbrood

1 GROOT BROOD

 

1 kg witbroodmeel

4 x 250 ml semels

10 ml (2 t) sout

10 ml (2 t) suiker

1 x 10 g-pakkie kitsgis

4 x 250 ml louwarm water

45 ml (3 E) kanola-olie

15 ml (1 E) asyn

500 ml (2 k) uitgebraaide kaiings

 

Metode:

1.  Voorverhit die oond tot 200ºC en smeer 'n ronde ysterpot met olie.

2.  Meng die meel, semels, sout en gis saam in 'n groot mengbak.

3.  Meng die water, olie en asyn saam en voeg dit by die meelmengsel.  Die deeg word nie geknie nie, so dit moet redelik slap wees.  Voeg nog 'n bietjie louwarm water by indien nodig. 

4.  Roer die kaiings deur dei deeg en skep dit in die voorbereide ysterpot.  Laat die pot op 'n warm plek rus vir 1 uur sodat die deeg kan rys.

5.  Bak die brood vir 1 uur tot gaar of tot 'n toetspen skoon uitkom.

Romerige Blomkool-en-Aartappelsop

  • Gepubliseer op Sondag, 27 Mei 2018 16:27
  • Trefslae: 1975

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is verskaf met

komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Romerige blomkool-en-aartappelsop

4 PORSIES

 

20 ml kanola-olie

250 g spekvleis, in klein blokkies gesny

3 knoffelhuisies, fyngekap

2 preie, gehalveer, goed gewas en in dun skyfies gesny

½ middelslag-blomkool, gewas en in klein blommetjies gesny

500 g  aartappels, geskil en in blokkies gesny

1 L hoenderaftreksel

60 ml room

 

Metode:

1.  Verhit 10 ml van die olie in 'n swaarboomkastrol en braai die spek vir 5 minute of tot bros.  Skep die spek met 'n gaatjieslepel uit en dreineer die oortollige olie op kombuispapier.

2.  Voeg die oorblywende olie in die kastrol en soteer die knoffel en prei vir 5 minute terwyl aanhoudend geroer word.

3.  Voeg die blomkool, aartappel en aftreksel by die prei en knoffel.  Bedek di kastrol gedeeltelik en verhit die sop tot kookpunt.  Verlaat die hitte en laat die sop vir 25 minute liggies prut tot die groente sag is.  Roer die sop gereeld. 

4.  Roer die helfte van die spek deur en laat die sop effens afkoel.

5.  Giet die sop in sarsies in 'n voedselverwerker en verpulp tot glad.  Giet die sop weer terug in die kastrol en voeg die room by.  Verhit die sop tot deurwarm ( moet dit nie weer laat kook nie).

6.  Skep die sop in bakkies, strooi die oorblywende spek oor en bedien met volgraan-roosterbrood.

 

 

Mosselpot

  • Gepubliseer op Sondag, 20 Mei 2018 18:15
  • Trefslae: 2131

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Laat die Potte Sing” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlise Scheepers.

 

Mosselpot

 

600 g mossels

2 e botter

1 rooi ui, fyngekap

3 knoffelhuisies, gekneus

2 k droë

'n handvol gekapte pietersielie

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

 

Probeer altyd jou bes om vars mossels in die hande te kry.

Skrop die mossels goed en verwyder die baard.

Verhit die botter in 'n kastrol en soteer die ui en knoffel tot die ui deurskynend is.

Voeg die wyn by en direk daarna die mossels.

Draai die mossels na twee minute om in die pot sodat alles met die uie, knoffel, botter en wyn bedek word.

Voeg die pietersielie by.

Sodra die mossels oopgaan, is hulle gaar - gooi enige mossels weg wat nie oopgegaan het nie.

Sit dadelik voor.

 

 

 

Boeliebief-en-mielie-flapjacks

  • Gepubliseer op Maandag, 07 Mei 2018 16:59
  • Trefslae: 1828

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf met komplimente van LAPA Uitgewersen en die skryfster Marilyn Gantana

 

 

 

 

Boeliebief-en-mielie-flapjacks

Genoeg vir 6 - 8

 

500 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

2 ml sout

5 ml suiker

1 eier, geklits

200 ml melk

25 ml gesmelte botter of kookolie

125 ml suikermielies (sweet corn)

125 ml boeliebief (corned beef), in blokkies gesny

 

Metode:

1.  Sif die meel, bakpoeier, sout en suiker saam.

2. Klits die eier, melk en botter of olie saam.  Maak 'n holte in die meelmengsel en voeg die vloeistofmengsel geleidelik by. Meng goed.

3. Voeg nou die boeliebief en mielies by en meng liggies.

4. Skep lepels vol van die deegmengsel in 'n lig-gesmeerde warm pan.  Draai die koekies om sodra daar lugblasies op die bokant vorm. 

5. Braai albei kante tot ligbruin en bedien met tamatie, blaarslaai en komkommer.

 

Wenke:

* Jy kan die boeliebief met wors of oorskietvleis vervang

* Vir die soettand, laat die boeliebief en mielies weg vir gewone flapjacks as 'n nagereg.  Bedien warm met heuning, room, appelkooskonfyt of gouestroop.

 

 

Grenadella-en-vlakoekies

  • Gepubliseer op Woensdag, 25 April 2018 22:42
  • Trefslae: 2094

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

 Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur 3” is goedgunstig

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlo Carstens

 

 

 

 

Grenadella-en-vlakoekies

ongeveer 16 koekies

 

KOEKIES

250 g (½ blok)

80 ml versiersuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

375 ml (1½ k) bruismeel

125 ml (½ k) vlapoeier

 

VERSIERSEL

60 ml (4 e) sagte botter

250 ml (1 k) versiersuiker

20 ml (4 t) grenadellapulp

 

Stel oond op 180ºC 

 

Metode:

1.  KOEKIES Room botter en versiersuiker tot liggeel.  Roer vanieljegeursel by.

2. Sif meel en vlapoeier en roer by bottermengsel tot deeg vorm. Voeg bietjie meel by as deeg te slap is.

3. Rol deeg in klein balletjies en plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Druk met vurk effens platter.

4.  Bak vir 15 tot 17 minute of tot ligbruin.

5. Plaas op afkoelrakkie tot heeltemal afgekoel.

6. VERSIERSEL Room botter en versiersuiker tot liggeel en romerig.  Roer grenadellapulp by.

7. Smeer versiersel op plat kant van een koekie en plaas volgende koekie bo-op. Herhaal met res van koekies.

Mielie-en-kaasgereg

  • Gepubliseer op Sondag, 08 Julie 2018 19:15
  • Trefslae: 2126

 RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

 Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekos-geregteis verskaf

 met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Mielie-en-kaasgereg

 

250 ml melk

30 ml botter

420 g (1 blik) geroomde suikermielies

75 g grofgerasperde cheddarkaas

375 ml vars witbroodkrummels

2 ml sout

Knippie rooipeper

3 eiers, geskei

 

Metode:

1. Verhit die melk en botter saam tot kookpunt.

2. Haal dit van die hitte af roer die mielies, kaas, broodkrummels, sout, en rooipeper in. Klits die eiergele en roer dit by die mieliemengsel.

3. Gooi die mengsel in n gesmeerde oondvaste bak met n inhoudsmaat van 1.5 liter.

4. Bak dit 45 minute lank teen 180 °c tot goudbruin.

 

 

Pampoenkoekies

  • Gepubliseer op Vrydag, 15 Junie 2018 08:50
  • Trefslae: 2537

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch” is

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Annatjie Melck

 

 

 

Pampoenkoekies

 

JY HET NODIG

1 groot eier, geklits

1 k (250 ml) gaar, koue pampoen, fyngemaak

1 k (250 ml) koekmeel

2 t (10 ml) bakpoeier (hoogvol teelepels)

'n knippie sout

sonneblomolie vir vlakbraai

suiker en fyn kaneel na smaak, gemeng

 

MAAK DAN SO

1.  Meng die eier en pampoen in 'n mengbak.

2.  Sif die droë bestanddele saam en meng dit deeglik met die pampoenmengsel.

3.  Verhit die olie in 'n swaarboompan en skep lepels vol van die mengsel in warm olie.  Braai die koekies tot daar gaatjies vorm aan die bokant.  Draai die koekies om en braai verder tot gaar. 

4.  Skep die koekies uit en dreineer op kombuispapier.  Skep dit in 'n opdienbak en strooi die suiker en kaneel oor.  Stip met 'n bietjie botter.  Herhaal tot die mengsel opgebruik is.

 

MY MA HET GESÊ

Oondbak die pampoen in foelie om te voorkom dat die pampoen te waterig is.

Komkommer-en-Tamatie Sambal

  • Gepubliseer op Donderdag, 31 Mei 2018 14:56
  • Trefslae: 2397

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch” is

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Annatjie Melck

 

 

Komkommer-en-Tamatie Sambal

 

JY HET NODIG

1 groot Engelse komkommer

1 groot tamatie

2 t (10 ml) sout

3 E (45 ml) witasyn

2 t (10 ml) suiker

2 groen brandrissies, ontpit en fyngekap

4 E (60 ml) fyngekapte vars koljanderblare

 

MAAK DAN SO

1.  Skil die komkommer, verwyder die saad en rasper dit grof.  Strooi ekstra sout oor die komkommer en laat dit vir 10 minute staan.

2.  Sny die tamatie in die helfte, verwyder die saad en kap dit fyn.

3.  Dreineer die vog in die komkommer gevorm het en maak die komkommer droog op kombuispapier. 

4.  Voeg die fyngekapte tamatie by die komkommer en meng.

5.  Meng die sout, asyn, suiker, brandrissie en koljanderblare saam en giet dit oor die komkommer-en-tamatie-mengsel.  Skep in 'n geskikte slaaibak en bedien.

 

MY MA HET GESÊ

Bedien met masala-vis, bredie of kerrie

 

 

Boontjie-atjar

  • Gepubliseer op Sondag, 27 Mei 2018 15:44
  • Trefslae: 2159

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Laat die Potte Sing” is verskaf met

komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlise Scheepers.

 

 

Boontjie-atjar

 

JY HET NODIG

700 g groenboontjies

4 groot tamaties

4 groot uie

2½ k suiker

500 ml asyn

10 ml borrie

10 ml kerrie

2,5 ml rooipeper

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

 

MAAK DAN SO

 

Kook die boontjies tot gaar, dreineer en hou eenkant. 

Kook die tamaties, uie, suiker, asyn, borrie, kerrie, rooipeper, sout en peper saam tot sag. 

Voeg die boontjies by die mengsel en kook vir 15 minute. 

Bottel die boontjie-atjar in gesteriliseerde glasbottels.

 

 

Afval

  • Gepubliseer op Woensdag, 16 Mei 2018 21:58
  • Trefslae: 2196

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Annatjie Melck.

 

 

Afval

 

JY HET NODIG

1 silwerskoon skaapkop, ontbeen

1 silwerskoon skaappens

4 silwerskoon skaappootjies (kliere verwyder)

4 - 6 skywe skaapnek

1 groot ui, in ringe gesny

6 groot aartappels, gehalveer

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

fyn koljander na smaak

'n knippie neutmuskaat

4 heel wonderpeperkorrels

2 E (30 ml) kerriepoeier (opsioneel)

1 E (15 ml) suiker (opsioneel)

4 E (60 ml) asyn (opsioneel)

3 - 4 suurlemoenblare (opsioneel)

 

MAAK DAN SO

1.  Plaas die skaapkop, -pens, -pootjies, -nek en uie in 'n swaarboomkastrol.  Geur met sout, peper en speserye.  Voeg genoeg water by om die inhoud te bedek en verhit tot kookpunt.  Verlaag die hitte en laat die mengsel vir 3 - 4 uur oor lae hitte stowe.  Wees versigtig dat die afval nie droogkook nie.

2. Die alternatief is om die afval in 'n oondvaste kastrol te plaas, die kastrol te bedek en oornag in 'n oond wat tot 140ºC voorverhit is te bak - sodoende sal die afval 'n lymerige sous kry.

3. Verwyder die bene sodra die afval gaar is. Voeg die aartappels by en kook vir nog 30 minute tot die aartappels sag is.

4. Indien jy kerrie-afval wil maak, voeg die kerrie-mengsel saam met die aartappels by en laat dit deurkook.

 

MY MA HET GESÊ

Die geheim is om die sous lymerig te hou sodat die aval op brood of rys geëet kan word.

 

Knoffelbrood

  • Gepubliseer op Vrydag, 04 Mei 2018 09:13
  • Trefslae: 1951

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewersen en die skryfster Marilyn Gantana

 

 

 

Knoffelbrood

Genoeg vir 6 - 8

 

125 ml  sagte botter

2 -3 knoffelhuisies, fyngekap

2,5 ml sout

15 ml fyngekapte vars pietersielie

1 Franse of Italiaanse brood

180 ml gerasperde mozzarellakaas

(of enige ander kaas wat lekker smelt)

 

Metode:

1.  Voorverhit die oond tot 180 ºC

2. Meng die sagte botter, knoffel, sout en pietersielie goed in 'n bakkie tot dit smeerbaar is.

3. Sny die brood diagonaal in 2 cm-snye, maar maak seker dat jy nie regdeur die brood sny nie.

4. Gebruik jou vingers om die snye liggies van mekaar te drek en smeer van dei knoffelbotter tussen die snye en herhaal tot al die knoffelbotter en kaas gebruik is.

5. Draai die brood in foelie toe en bak vir ongeveer 15 minute tot die kaas gesmelt het.  Verwyder die foelie en bak die brood vir nog 5 minute om die brood lekker bros te maak. Bedien dadelik.