Donderdag, 13 Desember 2018

Hertzoggies

  • Gepubliseer op Donderdag, 12 April 2018 19:13
  • Trefslae: 234

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en Clover.

 

 

Hertzoggies

60 Koekies

 

 

Deeg

750 g (6 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

500 g ( 1 blok) CLOVER Mooi River -botter

500 ml (2 k) suiker

4 eiers

30 ml (2 e) CLOVER-volroommelk

 

 

Vulsel

185 ml (¾ k) fyn appelkooskonfyt

 

 

Meringuebolaag

5 ekstra groot eierwitte

250 ml (1 k) strooisuiker

2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

500 ml (2 k) klapper

 

 

Metode:

 

1. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.

2 Vryf die botter by die meelmengsel in totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.

3. Roer die suiker by tot gemeng .

4. Klits die eiers en melk saam. Roer dit by die meelmengsel tot 'n deeg vorm .

As die deeg te styf is, kan nog 'n bietjie melk bygevoeg word tot 'n stywe maar hanteerbare deeg vorm.

5. Plaas die deeg in 'n plastieksakkie en laat <lit 30 minute lank in die yskas staan.

6. Voorverhit die oond tot 180 °C . Smeer kolwyntjiepanne goed met botter.

7. Rol die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit tot ongeveer 4 mm dik.

8. Druk deegsirkels uit met 'n koekiedrukker van 6 cm in deursnee en plaas dit in die kolwyntjiepanne .

9. Skep ongeveer 5 ml (1 t) appelkooskonfyt in elke deegdoppie .

10. Maak die meringuebolaag: Klits die eierwitte tot stywe puntstadium en klits dan die strooisuiker geleidelik by. Hou aan klits tot die meringue dik en glansend is .

Roer die vanieljegeursel en klapper in .

11. Skep genoeg meringue op elke koekie om die konfyt heeltemal te bedek. 12. Bak dit 12 tot 15 minute of tot die meringue lig-goudbruin is. 13.

Laat die koekies effens afkoel in die panne en plaas dit dan op 'n afkoelrakkie om heeltemal af te koel. 14. Bere dit in 'n lugdigte houer.

 

 

Wenk

Die panne met deegdoppies kan m et kleefplastiek bedek en in die yskas gebêre word tot benodig .