Woensdag, 17 Oktober 2018

Amasie-Vetkoek

  • Gepubliseer op Donderdag, 19 April 2018 09:32
  • Trefslae: 148

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en Clover.

 

Amasie-Vetkoek

6 tot 8 PORSIES

 

500 g (4 k) koekmeel

500 ml (2 k) CLOVER melk

5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) kremetart

5 ml (1 t) sout

15 ml (1 e) strooisuiker

45 ml (3 e) sagte CLOVER Mooi River-botter

750 ml (1 bottel) olie vir diepvetbraai

ekstra CLOVER Mooi River-botter

500 ml (2 k) gerasperde CLOVER cheddarkaas

goue stroop

 

Metode :

1.  Sif die meel in 'n groot mengbak.

2. Meng die Amasi, koeksoda, kremetart, sout en strooisuiker en voeg dit by die meel.  Roer tot goed gemeng.

3. Meng die sagte botter met die hande in.  Voeg 'n klein bietjie koekmeel by indien die deeg aan jou hande vassit.  Knie dit vir 3 minute tot 'n hanteerbare deeg vorm.

4. Bedek die mengbak met kleefplastiek en laat dit 'n uur lank op 'n warm plek staan om te rys tot dubbel die volume.

5.  Verhit die olie tot warm.  Breek die deeg in stukkies en braai dit in die warm olie tot goudbruin en gaar.

6.  Plaas dit vetkoek op kombuispapier om die oortollige olie te absorbeer.

7.  Sit dit warm voor saam met botter, cheddarkaas en gouestroop.