Dinsdag, 22 Oktober 2024

RESEPTE

Koolslaai

  • Gepubliseer op Donderdag, 01 Februarie 2018 18:30
  • Trefslae: 2209

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana

 

 

Koolslaai

Genoeg vir 4

 

180 ml mayonnaise

80 ml suurroom

5 ml fyngekapte ui

15 ml suurlemoensap

5 ml suiker

‘n knippie sout

1 x 440 g blikkie pynappelstukke

1 koppie gerasperde wortel

250 ml fyngekerfte wit kool

250 ml fyngekerfte rooi kool

 

Metode:

 

Meng al die bestanddele saam in ‘n mengbak en bedien.

 

 

Silverside met Kersies & Spek

  • Gepubliseer op Vrydag, 26 Januarie 2018 13:32
  • Trefslae: 1806

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Laat die Potte Sing” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlise Scheepers.

 

 

Silverside met kersies en spek

1 x 250g spekrepies

1 x 60g pakkie sampioensop

‘n lekker snit silverside

1 x 285g blikkie sampioene

150 g glanskersies

1 t mielieblom

 

Metode :

Voorverhit die oond tot 180֯ C. 

Pak repies spek in ‘n oondpan en strooi die sampioensop oor.

Sit die vleis bo-op die spek en pak nog spekrepies oor die vleis.

Bedek die oondpan met foelie en bak vir 1 uur. 

Verminder die oondtemperatuur na 160֯ C en bak vir ‘n verdere 2 uur.

Verminder die oondtemperatuur verder na 100֯ C en bak vir ‘n laaste uur.

Skep die sous en vet wat gevorm het af en giet dit in ‘n potjie.

Kap die gaar spek wat in die oond gebak het in blokkies en voeg dit by. 

Voeg daarna die sampioene en kersies by en laat dit liggies oor lae hitte prut.

Verdik die sous met die mielieblom indien nodig. 

Sny die vleis in skywe en rangskik op ‘n dienbord.  Giet die sous oor die vleis en sit voor.

 

Sagopoeding

  • Gepubliseer op Vrydag, 26 Januarie 2018 13:20
  • Trefslae: 3100

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Annatjie Melck.

 

 

Sagopoeding

6 – 8 porsies

 

Jy het nodig:

200 ml sago

1 ½ k (375 ml) melk

1 k (250 ml) room

½ k (125 ml) bruinsuiker

2 E (30 ml) botter

½ t (2,5 ml) fyn kaneel

‘n knippie sout

2 eiers, liggies geklits

1 x 385 g-blikkie kondensmelk

Appelkooskonfyt

 

 

Maak dan so:

Week die sago oornag in die melk.

Voorverhit die oond tot 200ºC en smeer ‘n oondvaste bak met botter.

Meng die sago, melk, room, suiker, botter, kaneel en sout saam in ‘n kastrol en verhit dit stadig tot kookpunt.  Roer gereeld om te voorkom dat dit aanbrand.

Laat dit oor lae hitte liggies prut tot die mengsel verdik.  Roer gereeld.  Verwyder van die hitte en laat dit effens afkoel. 

Klits die eiers goed en vou dit saam met die kondensmelk met ‘n houtlepel by die poeding in.

Skep in die voorbereide bak en bak dit vir 20 – 30 minute tot goudbruin.

Strooi kaneel oor en smeer ‘n dun lagie appelkooskonfyt oor.  Bedien warm met vla.

 

My ma het gesê :

Die geheim van die resep is die eiers wat heeltemal skuimerig geklits word, want die gebakte poeding is dan amper so lig soos ‘n soufflé.

 

 

Broodpoeding

  • Gepubliseer op Dinsdag, 16 Januarie 2018 17:21
  • Trefslae: 2119

 

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch” is verskaf met

komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Annatjie Melck.

 

 

Broodpoeding

 

Jy het nodig:

4 eiers

2 E (30 ml) suiker

3 ½ k (875 ml) melk

6 snye witbrood, dun gesmeer met botter

¼ k (60 ml) room

1 t (5ml) vanieljegeursel

2 t (10ml) brandewyn

‘n knippie sout

‘n knippie fyn neutmuskaat

½ k (125ml) sultanas

 

 

Maak dan so:

 

1. Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer ‘n oondvaste bak.

2. Klits die eiers, suiker en melk goed saam in 'n mengbak.

3. Voeg die room, vanieljegeursel, brandewyn, sout en neut by en klits deur.

4. Pak die gesmeerde snye brood in lae in die voorbereide bak en strooi die sultanas tussen die lae brood.

5. Giet die eiermengsel oor die brood en sultanas. Laat dit vir  minute week.

6. Plaas die oondvaste bak in 'n waterbad en bak die poeding vir 40-60 minute tot die poeding gestol het.

 

My ma het gesê :

'n Goeie manier om ou brood te verwerk en die korsies kan afgesny word indien verkies.

 

 

Knoffel-en-tamatie-focaccia

  • Gepubliseer op Donderdag, 21 Desember 2017 10:18
  • Trefslae: 1880

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is verskaf met komplimente van

LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

 

Knoffel-en-tamatie-focaccia

1 Groot of 2 Middelslag-brode

25 g droë gis

330 ml (1 1/3 k) louwarm water

45 ml (3 E) olyfolie

420 g witbroodmeel

250 g (475 ml) polenta

30 ml (2 E) sout

30 ml (2 E) polenta, ekstra

1 x 250 g-bakkie kersietamaties

3 knoffelhuisies, fyngekap

1 wiel fetakaas, gekrummel

 

 

Metode :

Meng die gis, louwarm water en olie saam in ‘n mengbak en laat dit vir 10 – 15 minute rus tot dit skuimerig is.

Meng die meel, polenta en sout saam in ‘n aparte mengbak en maak ‘n holte in die middel. Giet die gismengsel in en meng tot dit ‘n deeg vorm.

Knie die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak vir 10 – 15 minute tot glad en elasties.

Smeer ‘n mengbak met olyfolie, plaas die deeg in en bedek die bak met kleefplastiek.  Laat die deeg vir ten minste 1 uur op ‘n warm plek rys tot dubbel die volume.

Voorverhit die oond tot 180ºC en spuit ‘n bakplaat.

Knie die deeg af en rol dit uit in ‘n reghoek wat in die bakplaat pas.  Plaas die deeg in die bakplaat en laat dit vir nog 15 minute rys.

Gebruik jou kneukels om duike in die deeg te druk en sprinkel ‘n bietjie olyfolie oor.  Strooi die tamaties, knoffel en fetakaas oor.

Bak vir 15 – 25 minute tot deurgaar.  Laat die brood effens afkoel en bedien.

 

 

 

Tamatiebredie

  • Gepubliseer op Vrydag, 08 Desember 2017 09:29
  • Trefslae: 2117

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf met komplimente van

LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte uit die kombuise van die Vrouelandbouvereniging van die Noord-Kaap.

 

Tamatiebredie

125 g dik repe spek, in blokkies gesny

1 kg lamskenkels of –nek, in porsies gesny

1 hoenderaftrekselblokkie

125 ml kookwater

45 ml sultanas (opsioneel)

1,25 ml brandrissievlokkies

4 selderystingels, gekap

3 middelslag-wortels, geskil en gekap

1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

2 middelslag-uie, gekap

1 klein knoffelhuisie, fyngekap

400 g ryp tamaties, geskil en in blokkies gesny

250 ml tamatiepuree

60 ml soeterige witwyn

45 ml suiker

1,5 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper

2,5 ml fyn vinkel of komyn

5 ml matige kerriepoeier

1 lourierblaar

Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

15 ml vars tiemieblare

60 ml blatjang

15 ml fyngekapte vars koljanderblare

 

Metode:

 

Verhit ‘n groot swaarboomkastrol en braai die spekblokkies liggies tot dit goudbruin en al die vet uitgebraai is.  Skep die spekblokkies met ‘n gleuflepel uit en hou die vet eenkant.

Verhit ‘n bietjie van die vet oor matige hitte en braai die lamsvleis in sarsies bruin.  Voeg nog van die vet by indien nodig en wees versigtig dat dit nie aanbrand nie.  Skep die bruingebraaide vleis met ‘n gleuflepel uit die kastrol en hou eenkant.

Los die aftrekselblokkie in die kookwater op en voeg die sultanas by.

Braai die brandrissievlokkies vinnig in die kastrol en voeg dan die seldery, wortels, soetrissie, uie en knoffel by.  Soteer die groente oor lae hitte tot die uie deurskynend is.

Voorverhit die oond tot 160ºC.

Voeg die tamaties, tamatiepuree, wyn en suiker, gemmer, vinkel of komyn, Kerrie, lourierblaar, sout, peper en tiemie by.  Roer dit liggies deur.

Voeg die sultanas en aftreksel by en laat die sous 10 minute lank baie liggies prut.

Skep die vleis in die sous en meng deur.

Bedek die kastrol, plaas in die oond en stowe die bredie 1½ uur lank.  Haal die kastrol uit die oond en roer die blatjang deur.  Voeg nog sout en peper by indien nodig.

Bedek die kastrol weer en stowe die bredie vir nog ‘n halfuur of tot die vleis sag is.  Haal die deksel af en stowe dit nog ‘n halfuur.

Strooi die gekapte koljanderblare oor die bredie en sit dit saam met rys voor.

 

 

 

Ryk Sjokoladeblokkies

  • Gepubliseer op Dinsdag, 28 November 2017 21:24
  • Trefslae: 1856

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers

en is 'n samestelling van resepte uit die kombuise van die Vrouelandbouvereniging van die Noord-Kaap.

 

 

Ryk Sjokoladeblokkies

300 g malvalekkers

125 g margarine of botter

25 ml water

200 g (1 plak) donker sjokolade, in blokkies gebreek

200 g (1 pak) Romany Creams, gekap

100 g glanskersies, gesny

100 g neute, gekap

200 g (1 plak) donker sjokolade, in blokkies gebreek

15 ml kookolie

 

Metode:

Verhit die malvalekkers, margarine of botter en water stadig saam tot die malvalekkers gesmelt het.

Roer 200 g sjokoladeblokkies by die malvalekkers.  Roer die koekies, kersies en neute by.

Druk die mengsel vas in ‘n bak van 25 cm x 30 cm wat met bakpapier uitgevoer is.  Smelt die tweede hoeveelheid van die sjokoladeblokkies

in ‘n mikrogolf of dubbelkastrol oor kookwater. 

Roer die olie by en gooi dit oor die koekielaag.  Laat dit oornag stol en sny dit in klein blokkies.

 


Gesonde rysslaai

  • Gepubliseer op Donderdag, 23 November 2017 10:55
  • Trefslae: 2197

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

 Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf met komplimente van

 LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana.

 

 

Gesonde rysslaai

Genoeg vir 6 – 8

 

375 ml langkorrelrys

200 g-pakkie spekvleis, in blokkies gesny

60 ml suurlemoensap

80 ml olyfolie

5 ml fyngekapte vars knoffel

5 ml fyngekapte vars pietersielie

1 ml varsgemaalde swartpeper

1 ml sout

Knippie brandrissievlokkies

500 ml fyngekapte spinasieblare

1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

½ Engelse komkommer, in blokkies gesny

3 sprietuie, gekap

125 ml ontpitte swart olywe, gekap

250 ml gekrummelde fetakaas

 

Metode :

Kook die rys in soutwater tot gaar.  Dreineer en hou eenkant.

Braai die spekvleis in ‘n pan tot gaar en bros.  Skep dit uit op kombuispapier sodat die oortollige olie kan dreineer.

Klits die suurlemoensap, olie, knoffel, pietersielie, peper, sout en brandrissievlokkies in ‘n groot mengbak.

Voeg die gaar rys by die sous en meng dit liggies deur.  Voeg die spinasie by en meng deur.

Voeg die res van die bestanddele by die slaai en meng deur.  Laat die slaai vir ongeveer 10 minute staan, meng dit weer deur en bedien.

 

 

Drieboneslaai

  • Gepubliseer op Woensdag, 08 November 2017 20:17
  • Trefslae: 1875

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf met komplimente van

LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana

 

Drieboneslaai

Genoeg vir 4

1 x 410 g-blikkie groenbone

1 x 410 g-blikkie rooi nierbone

1 x 400 g-blikkie kekerertjies

1 rooi ui, in fyn skyfies gesny

1 groen soetrissie, in klein blokkies gesny

Sap en fyngerasperde skil van

1 suurlemoen

5 ml bruinsuiker

5 ml fyngekapte vars knoffel

5 ml fyngerasperde vars gemmer

5 ml gerookte paprika

125 ml wynasyn

125 ml olyfolie

Sout en varsgemaalde swartpeper

15 ml fyngekapte vars pietersielie

 

 

Metode:

Dreineer die bone en kekerertjies en spoel dit goed af.  Hou eenkant.

Meng die ui, soetrissie, suurlemoensap, -skil, suiker, knoffel, gemmer en paprika saam in ‘n mengbak.  Voeg die boontjies en ertjies by en roer liggies deur.

Meng die asyn en olyfolie en giet dit oor die slaai.  Roer die slaai liggies deur.

Geur na smaak met sout en peper.  Strooi die pietersielie oor en bedien.

·        

Wenk : Maak die slaai ‘n dag of twee voor die tyd en hou dit in die yskas.  Die geure meng en die slaai word net lekkerder!

 

 

 

 

Ryspoeding

  • Gepubliseer op Vrydag, 19 Januarie 2018 10:03
  • Trefslae: 6858

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch” is verskaf met

komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Annatjie Melck.

 

 

 

Ryspoeding 4 – 6 porsies

 

 

Jy het nodig :

 

2 eiers, geklits

½ k (125 ml) suiker

2 k (500 ml) melk

2 E (30 ml) gesmelte botter

Fyn kaneel na smaak

2 k (500 ml) gaar rys (verkieslik in klappermelk gaargemaak)

6 E (90 ml) fyn appelkooskonfyt

 

 

Maak dan so :

 

Voorverhit die oond tot 180ºC.

Klits die eiers en suiker tot romerig.  Voeg dan die melk, gesmelte botter en bietjie kaneel by en meng goed. 

Skep die rys in ‘n oondvaste bak en giet die vloeistof oor.  Vou die vloeistof by die rys in.  Skep die appelkooskonfyt oor die poeding en meng liggies sodat dit egalig versprei is.

Strooi nog ‘n bietjie kaneel oor en bak tot ligbruin en gestol.

Verwyder uit die oond en laat die poeding effens afkoel.  Bedien louwarm met vla.

 

My ma het gesê : ‘n Gunsteling resep om oorskietrys te verwerk.

 

 

Viskoekies

  • Gepubliseer op Maandag, 15 Januarie 2018 09:49
  • Trefslae: 2200

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en Clover.

 

Viskoekies

6 porsies

 

500 g gaar stokvis, grate en vel verwyder

1 sny witbrood

125 ml ( ½ k) melk

1 klein uitjie, gerasper

250 ml (1 k) kapokaartappels

45 ml (3 e) fyngekapte pietersielie

5 ml (1 t) sout

2,5 ( ½ t) gedroogde tiemie

2 eiers, geklits

80 ml (5 e + 1 t) koekmeel

5 ml (1 t) bekpoeier

Kanola olie vir panbraai

 

 

Metode:

Vlok die vis en maak dit goed fyn.

Week die brood in die melk, druk die oortollige melk uit en maak die brood goed fyn.

Meng die vis, brood en die res van die bestanddele, behalwe die olie, saam in ‘n mengbak. 

Giet ongeveer 1 cm olie in ‘n pan en verhit dit.

Skep lepelsvol van die vismengsel in die warm olie en braai dit oor matige hitte tot goudbruin aan die een kant.  Draai die viskoekies om en braai dit aan die ander kant tot bruin.

Plaas die viskoekies op kombuispapier sodat die oortollige olie geabsorbeer word.

Sit voor saam met slaai en vars broodrolletjies.

 

 

 

Lekkerste kaasbrood

  • Gepubliseer op Donderdag, 21 Desember 2017 10:11
  • Trefslae: 2230

 

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is verskaf met komplimente van

LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

 

 

Lekkerste kaasbrood

1 Middelslag-broodjie

 

500 g bruismeel

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) droë pietersielie

5 ml (1 t) mosterdpoeier

5 ml (1 t) knoffel-en-kruiespeserye

30 g (½ pakkie) dik wit uiesoppoeier

375 ml (1½ k) gerasperde beleë Cheddarkaas

500 ml (2 k) karringmelk

 

 

 

Metode:

 

Voorverhit die oond tot 190ºC en smeer ‘n broodpan.

Sif die meel en sout saam in ‘n groot mengbak.

Voeg die pietersielie, mosterd, knoffel-en-kruiespeserye en soppoeier by die meelmengsel en meng dit goed deur.

Voeg 250 ml (1 k) van die gerasperde kaas by en meng dit deur.

Voeg die karringmelk by en meng dit goed deur tot ‘n deeg vorm.

Skep die deeg in die voorbereide broodpan en strooi die oorblywende kaas bo-oor.

Bak die brood vir 40 – 45 minute tot goudbruin en gaar.  Verwyder die brood uit die oond en laat dit in die broodpan afkoel voor dit uitgekeer word.

 

 

 

 

Karamelgrondboneblokkies

  • Gepubliseer op Donderdag, 07 Desember 2017 11:32
  • Trefslae: 1717

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf met komplimente van

LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte uit die kombuise van die Vrouelandbouvereniging van die Noord-Kaap.

 

Karamelgrondboneblokkies

 

Deeglaag

375 g botter

350 ml suiker

3 eiergele

750 ml koekmeel

175 ml bruismeel

90 ml vlapoeier

3 ml sout

 

Bolaag

375 bruinsuiker

250 g botter

45 ml gouestroop

375 g grondbone, ongesout

 

Metode:

 

Klits die botter en suiker tot romerig.  Voeg die eiergele by en klits tot goed.

Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die bottermengsel.  Meng dit tot ‘n stywe deeg.

Druk die deeg vas in twee gesmeerde bakplate van 27 cm x 18 cm x 4 cm.

Bak dit 20 minute lank teen 180ºC tot ligbruin.

BOLAAG : Verhit die suiker, botter en stroop saam oor lae hitte tot die suiker gesmelt het.  Laat dit 5 minute lank stadig prut.

Verwyder dit van die hitte en roer die grondbone by.  Meng goed en versprei dit oor die gebakte laag.

Bak dit nog 5 minute lank.  Laat effens afkoel en sny dit in netjiese blokkies.

 

 

 

Heerlike boontjiesop

  • Gepubliseer op Maandag, 27 November 2017 11:46
  • Trefslae: 2021

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

 

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers

en is 'n samestelling van resepte uit die kombuise van die Vrouelandbouvereniging van die Noord-Kaap.

 

 

 

Heerlike boontjiesop

 

500 g droëbone van jou keuse, oornag in koue water geweek

1 lourierblaar

30 ml kanola-olie

2 worterls, geskil en gekap

2 selderystingels, gekap

2 preie, goed skoongemaak en fyngesny

4 knoffelhuisies, fyngekap

125 ml fyngekapte vars pietersielie

500 g beesskenkel

200 g spekvleis, in blokkies gesny

Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Vars suurlemoensap

Ekstra gekapte pietersielie

 

Metode:

Dreineer die bone en gooi dit in ‘n swaarboomkastrol.

Bedek met water en voeg die lourierblaar by.

Verhit dit tot kookpunt en prut tot die bone net-net gaar, maar steeds ferm is. 

Dreineer en hou dit eenkant.

Verhit die olie en braai die wortels, seldery, preie en knoffel daarin tot sag.

Voeg die bone en pietersielie by en braai vir vyf minute.

Voeg die beesskenkel en spekvleis by en voeg genoeg water by om alles te bedek.  Prut stadig vir 3 ure tot die vleis van die been af val.

Skep die skenkel uit, verwyder die vel en been en sny die vleis fyn.

Skep die vleis terug in die soppot en geur die sop na smaak met sout, varsgemaalde swartpeper, ‘n skeut vars suurlemoensap en ekstra gekapte pietersielie.

 

 

Noedelslaai

  • Gepubliseer op Vrydag, 17 November 2017 10:26
  • Trefslae: 3801

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie "Marilyn kuier en kook!" is verskaf met komplimente van

LAPA uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana.

 

 

Noedelslaai

Genoeg vir 4

 

 

 

250 g skroefnoedels

125 ml tamatiesous

100 ml asyn

100 ml suiker

125 ml kanola-olie

45 ml masala of kerriepoeier

1 middelslag-ui, fyngekap

1 groen soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny

½ x 410-g blikkie pitmielies (opsioneel)

 

 

 

Metode:

Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.  Hou eenkant.

Meng die tamatiesous, asyn, suiker, olie, masala of kerriepoeier, ui en soetrissie saam en verhit die sous in die mikrogolfoond vir 3 minute.

Giet die sous en mielies oor die gaar noedels en meng dit goed. Verkoel die slaai in die yskas voor opdiening.

 

· Wenke : Die kerriesous kan lank vooraf gemaak en gebottel word. Die slaai is op sy lekkerste indien dit ‘n aand of twee vooraf gemaak word.

 

 

 

 

 

 

Paptert

  • Gepubliseer op Maandag, 06 November 2017 09:08
  • Trefslae: 3289

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Laat die Potte Sing” is verskaf met komplimente van

LAPA Uitgewers en die skryfster Marlise Scheepers

 

 

Paptert

400 ml mieliemeel

1 liter kookwater

5 ml sout

50 ml kookolie

1 x 250 g-pakkie gekapte spek

1 x 300 g-blikke geroomde sampioene

1 k gerasperde Cheddarkaas

50 ml room

 

 

Metode :

Voorverhit die oond tot 180֯ C en spuit ‘n oondvaste bak met kossproei.

Maak pap met die mieliemeel en die water en geur na smaak.

Verhit ‘n klein bietjie olie in ‘n pan en braai die spek tot bros.

Skep die spek uit en hou eenkant.

 

Braai die sampioene in dieselfde pan as die spek.  Voeg ‘n bietjie kookolie by indien nodig.

Wanneer die pap gaar, maar nog effens loperig is, giet die helfte in die voorbereide oondbak.

Pak ‘n laag spek en sampioene bo-op.

Gooi die helfte van die room en kaas oor.

Herhaal die proses.  Bak die spulletjie vir een uur in die oond.

 

 

 

Koninginpoeding

  • Gepubliseer op Vrydag, 19 Januarie 2018 09:57
  • Trefslae: 1956

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch” is verskaf met

komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Annatjie Melck.

 

 

Koninginpoeding  (6 - 8 porsies)

 

Jy het nodig:

 

6 snye witbrood, dun gesmeer met botter

4 eiers, geskei

2 E (30 ml) suiker

3 ½ k (875 ml) melk

2 t (10ml) brandewyn

‘n knippie sout

1 t (5ml) vanieljegeursel

½ k (125 ml) room

2 E (30ml) strooisuiker

appelkooskonfyt

 

 

Maak dan so:

 

1. Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer ‘n oondvaste bak.

2. Pak die snye brood in die voorbereide oondbak.  Hou eenkant.

3. Klits die eiergele goed saam met die suiker. Voeg die melk, brandewyn, sout en vanieljegeursel by die eiermengsel en klits goed deur. Voeg die room by en klits liggies deur

4. Giet die eiermengsel oor die brood in die oondvaste bak en week vir 20-30 minute.

5. Plaas die bak in 'n waterbad en bak die poeding vir ±1 uur. Verwyder uit die oond en smeer baie appelkooskonfyt bo-oor.

6. Klits die eierwitte tot stywepuntstadium, voeg die strooisuiker by en klits tot die mengsel soos meringue lyk.

7. Skep die meringue oor die appelkooskonfyt en bak vir 'n verdere 15 minute.

 

My ma het gesê :

Hou die meringue goed dop, want dit brand maklik.

 

 

Snoek oor die Kole

  • Gepubliseer op Donderdag, 21 Desember 2017 10:25
  • Trefslae: 1954

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse Kos” is

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en Clover.

 

 

 

 

Snoek oor die Kole

6 – 8 porsies

 

 

1 snoek

100 g ( 1/5 blok) CLOVER Farmstyle botter

4 knoffelhuisies, fyngekap

125 ml ( ½ k) appelkooskonfyt

30 ml (2 e) vars suurlemoensap

30 ml (2 e) witwyn

Sout en peper

 

 

Metode:

Sny die snoek se stert en kop af.  Sny die maaggedeelte oop en haal al die binnegoed uit.  Was die snoek goed onder lopende water.  Klad die snoek met kombuispapier tot die meeste water geabsorbeer is.

Verhit die botter en knoffel saam  en laat dit oor lae hitte prut.  Roer die appelkooskonfyt by tot dit gesmelt is en haal die mengsel van die hitte af.

Roer die suurlemoensap en witwyn by die bottermengsel tot goed gemeng.

Geur die vis liggies met sout en peper.

Plaas die oopgevlekte snoek op 2 lae dik foelie.  Verf die snoek goed met die bottermengsel.  Die vleiskant van die snoek moet na bo wys.

Braai dit ongeveer 15 minute tot gaar, afhangend van hoe warm die kole is en hoe hoog die rooster bokant die kole is.  Druk ‘n vurk in die dikste gedeelte van die snoek.  As die snoek vlok, is dit gaar.

Sit dit warm voor saam met vars witbrood en korrelkonfyt.

 

Wenk

Om tyd en moeite te spaar, kan jy ‘n skoongemaakte snoek koop.

 

 


 

Knoffel-en-kaas-botterbroodjies

  • Gepubliseer op Donderdag, 14 Desember 2017 10:50
  • Trefslae: 1985

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

 

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is verskaf met komplimente van

LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

Knoffel-en-kaas-botterbroodjies

12 botterbroodjies

 

500 ml (2 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

2,5 ml ( ½ t) koeksoda

10 ml (2 t) suiker

2,5 ml ( ½ t) sout)

2,5 ml ( ½ t) varsgemaalde swartpeper

125 ml ( ½ k) koue botter, in blokkies gesny

15 ml (1 E) fyngekapte vars knoffel

1 groot eier, geklits

30 ml (2 E) koue water

125 ml ( ½ k) suurroom

60 ml ( ¼ k) gekapte vars grasuie (opsioneel)

250 ml (1 k) fyngerasperde Cheddarkaas

1 eier, geklits (om oor botterbroodjies te verf)

 

Metode:

Voorverhit die oond tot 200ºC en voer ‘n bakplaat met bakpapier uit.

Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, suiker, sout en peper saam in ‘n mengbak.  Vryf die botter by die meel in tot dit soos growwe broodkrummels lyk.

Meng die fyngekapte knoffel deur die meelmengsel.

Meng 1 eier, die koue water en suurroom saam in ‘n maatbeker.  Voeg dit by die meelmengsel en sny dit in met ‘n mes tot ‘n deeg vorm.

Meng die grasuie en kaas deur die deeg en keer dit uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.  Knie die deeg baie liggies en druk dit effens plat.

Sny die botterbroodjies met ‘n koekiedrukker uit en rangskik dit op die voorbereide bakplaat.

Verf die geklitste eier oor die botterbroodjies en bak dit vir 15 – 20 minute.  Bedien dadelik.

 

 

 

Groenboontjiebredie

  • Gepubliseer op Sondag, 03 Desember 2017 21:54
  • Trefslae: 2234

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf met komplimente van

LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte uit die kombuise van die Vrouelandbouvereniging van die Noord-Kaap.

 

 

Groenboontjiebredie

 

45 ml kanola-olie

800 g lamstowevleis met been in, soos lamsnek

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

410 g (1 blik) gekapte tamaties

5 ml gemengde kruie

1 kg gekerfde groenbone (vars of gevries)

Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

250 ml kookwater

2 aartappels, geskil en in kwarte gesny

 

 

 

 

Metode:

 

Voorverhit die oond tot 180ºC.

Verhit die olie in ‘n groot oondvaste kastrol en verbruin die vleis. Voeg die ui en knoffel by.

Roer die tamaties, kruie en groenbone by en geur dit met sout en swartpeper.

Voeg die kookwater by en meng goed.  Plaas die aartappels bo-op.

Bedek die kastrol, plaas dit in die voorverhitte oond en stowe die gereg 1 tot 1½ uur lank totdat die vleis sag is. 

Kyk nou en dan dat dit nie droogkook nie.  As dit droog lyk, voeg ‘n bietjie kookwater by.

 

 

 

Spek- en Sampioendoopsous

  • Gepubliseer op Donderdag, 23 November 2017 11:07
  • Trefslae: 1899

 

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur 3” is verskaf met komplimente van

LAPA Uitgewers en die skryfster Marlo Carstens.

 

 

Spek- en Sampioendoopsous

10 porsies

 

Bietjie olie

1 x 250 g-pakkie spek, fyngekap

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, gekneus

1 x 250 g-pakkie sampioene, in skyfies gesny

30 ml (2 e) droë sjerrie

250 ml (1 k) dubbeldik room

60 ml (4 e) mayonnaise

 

 

 

Metode :

Verhit olie en soteer spek daarin tot amper gaar.

Roer ui, knoffel en sampioene by.

Verwyder van hitte en laat afkoel.

Kap mengsel in voedselverwerker effens fyner.

Roer sjerrie, room en mayonnaise by en sit koud voor.

 

 

Ertjie-en-piesangslaai

  • Gepubliseer op Maandag, 13 November 2017 23:20
  • Trefslae: 4741

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana.

 

 

Ertjie-en-piesangslaai

Genoeg vir 4

 

4 – 6 piesangs in skyfies

‘n bietjie suurlemoensap

125 ml ertjies, gaargemaak

2 – 3 Weense worsies (opsioneel)

50 ml ui of grasuie, fyngekap

100 ml mayonnaise

75 ml kondensmelk

2 ml borrie

5 ml mosterd (opsioneel)

Sout en peper na smaak

 

 

Metode:

Pak die piesangskywe in ‘n slaaibak en sprinkle suurlemoensap oor.

Voeg die ui, ertjies en worsies by en geur met sout en peper.

Meng die mayonnaise, kondensmelk, borrie en mosterd tot ‘n gladde pasta.

Geur met sout en peper,  Meng dan die slaai en die sous liggies deur.

 

·         Wenk : Jy kan enige oorskietvleis byvoeg en dan as ‘n ligte maaltyd bedien.