Souttert met aartappelkors
- Gepubliseer op Sondag, 08 Julie 2018 19:05
- Trefslae: 1556

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf
met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.
Souttert met aartappelkors
AARTAPPELKORS
3 gaar aartappels, fyngemaak
125 g margarien
1 eier, geklits
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
Sout na smaak
VULSEL
500 g ham, gekap
500 g cheddarkaas, gerasper
280g (1 blikkie) Weense worsies in stukkies gesny
2 gekookte eiers, gekap
1 klein ui, gerasper
5 ml mosterdpoeier
10 ml gekapte pietersielie
2 eiers, geklits
250 ml melk
Ekstra gerasperde kaas na smaak
Metode:
1. KORS: Meng al die korsbestanddele en smeer dit egalig in 'n gesmeerde oondvaste tertbak.
2. VULSEL: Meng al die vulselbestanddele, behalwe die ekstra kaas. en skep dit in die kors. Strooi die kaas bo-oor.
3. Bak die tert teen n halfuur lank teen 180 °C of tot gaar en gestol.