Maalvleis-en-eierpastei
- Gepubliseer op Woensdag, 29 Augustus 2018 19:45
- Trefslae: 544

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur”
is verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.
Maalvleis-en-eierpastei
6 porsies
800 g(2x400g-rolle) skilferkorsdeeg
VULSEL
Bietjie olie
1 ui, gekap
800 g beesmaalvleis
410 g (1 blik) gekapte tamaties
Sout en varsgemaalde swartpeper
2.5 ml (1/2 t) droë pietersielie
45 ml (3e) blatjang
10 ml (2t) koekmeel
6 hardgekookte eiers
AFRONDING
1 ekstra groot eier, geklits
45 ml (3e) sesamsaad
Stel oond op 200°C.
Metode:
1. VULSEL verhit bietjie olie en soteer ui daarin tot sag. Voeg maalvleis by soteer tot gaar.
2. Voeg tamaties, sout, peper, pietersielie en blatjang by en laat vir 10 minute prut tot meeste van vloeistof weg gekook het. Roer meel by en laat prut nog 5 minute tot dik.
3. Rol een rol skilferkorsdeeg op gesmeerde bakplaat oop. Skep maalvleis bo-op, maar moenie tot teen kante smeer nie.
4. Plaas eiers in middel.plaas oorblywende rol skilferkorsdeeg bo-op en druk kante toe.
5. AFRONDING smeer eier bo-op en sprinkel sesamsaad bo-oor.
6. Bak vir 30 minute of tot goudbruin.