Dinsdag, 22 Oktober 2024

Skaappotjie

  • Gepubliseer op Sondag, 29 Julie 2018 21:33
  • Trefslae: 2748

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf

metkomplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

 

 

Skaappotjie

 

CLOVER Mooi River botter

3 uie, in blokkies gesny

10 ml (2t) gekapte vars knoffel

(2 x 200 g pakkies) spek in blokkies gesny

2 kg skaapvleis, in stukke gesny

Handvol vars pietersielie, fyngekap

Sout en peper na smaak

250 ml (1k) water

4 wortels, geskil en in skywe gesny

6 aartappels, geskil en in blokke gesny

500g groenboontjies, in stukkies gesny

375 ml (1k) laatoeswitwyn

250 ml CLOVER-vars room

60g (1 pakkie) sampioensop-poeier

 



 

Metode:

1. Smelt genoeg botter in n kastrol en braai die uie en knoffel. Gooi die spek by en braai tot gaar, skep alles uit en hou dit eenkant.

2. Smelt nog botter indien nodig en braai die skaapvleis in sarsies tot bruin.

3. Gooi al die vleis terug in die kastrol. Voeg die pietersielie, sout, peper en water by. Laat prut dit 'n uur lank oor lae hitte

4. Plaas die wortels, aartappels en groenboontjies bo-op die vleis. Giet die wyn bo-oor. Plaas die deksel op en laat prut dit nog 'n uur lank tot die groente sag raak. Voeg die uie en spek by.

5. Meng die room en soppoeier tot glad en giet dit oor die groente. Plaas die deksel op en laat prut nog 20 minute sodat die sous kan verdik.

6. Sit dit warm saam met rys voor.