Dinsdag, 22 Oktober 2024

Smoorsnoek

  • Gepubliseer op Woensdag, 25 Julie 2018 12:01
  • Trefslae: 2430

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

 

Smoorsnoek

2 groot aartappels, geskil

1 gaar snoek

60 ml (4e) CLOVER Mooi River - botter

2 uie, fyngekap

5 ml (1t) gekapte vars knoffel

1 groen brandrissie, ontpit en fyngekap

2 ryp tamaties, in blokkies gesny

500 ml (2k) gaar witrys

Peper na smaak

Handvol vars pietersielie, fyngekap

 

Metode:

1.Kook die aartappels in soutwater tot gaar. Dreineer en sny dit in blokkies.  

2.Vlek die snoek met jou hande oop en verwyder al die grate. Breek die snoek in groterige stukke.

3. Smelt die botter en braai braai die uie en knoffel daarin tot deurskynend.

4. Voeg die brandrissie, tamatie- en aartappels by.

5. Roer die snoek by laat dit prut tot deurwarm.

6. Roer die rys by en geur met peper en pietersielie

7. Sit dit warm voor