Dinsdag, 22 Oktober 2024

Vispastei

  • Gepubliseer op Woensdag, 15 Augustus 2018 11:03
  • Trefslae: 3213

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

 

Vispastei

6 PORSIES

 

15 ml (1e) ClOVER farmstyle-botter

10 ml (2t) kanola olie

1 uie fyngekap

5 ml (1t) mosterdpoeier

15 ml (1e) suurlemoensap

500 g gaar vis van jou keuse, gevlok

500 ml (2k) kapokaartappels

5 ml (1t) sout Varsgemaalde swartpeper

60 ml (4e) fyngekapte pietersielie

1 eier geklits

60 ml (4e) CLOVER-volroommelk

250 ml (1k) droë broodkrummels

ekstra botter

250 ml (1k) Gerasperde ClOVER-cheddarkaas

 

Metode:

1. Voorverhit die oond 180°C en smeer 'n oondvaste bak.

2. Verhit die botte en olie in n swaarboomkastrol en braai die ui tot deurskynend.

3. Meng die mosterdpoeier met die suurlemoensap. Meng die mosterdmengsel met die ui, vis, die helfte van kapokaartappels, die sout, peper en die helfte van die pietersielie.

4. Klits die eier en melk saam en voeg dit by die vismengsel. Meng alles goed goed saam en skep dit in die voorbereide oondbak. Maar maak seker dat jy nie die mengsel vasdruk nie.

5. Meng die res van die pietersielie met die oorblywende kapokaartappels en skep dit bo-op die vulsel

6. Strooi die broodkrummels oor die bolaag en stip met blokkies botter.

7. Strooi die kaas oor en bak die pastei vir 30 minute tot goudbruin en gaar.