Dinsdag, 22 Oktober 2024

Pens en pootjies met boontjies

  • Gepubliseer op Woensdag, 15 Augustus 2018 11:43
  • Trefslae: 2435

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Pens en pootjies met boontjies

 

6-8 PORSIES

 

8 vark- of skaappense en pootjies

300 g spikkelboontjies (sugar beans)

25 ml (5e) witasyn

5 ml (1t) suiker

2 heel kruienaeltjies

5 ml (1t) fyn koljander

5 ml (1t) fyn wonderpeper

1 uie fyngekap

20 ml (4t) magtige kerriepoeier

10 ml borrie

Handvol gekapte vars Koljanderblare

 

 

Metode:

 

1. Gooi die afval in n groot genoeg mengbak. Bedek dit met soutwater en laat dit 'n uur lank week. Haal dit uit en spoel onder skoon water af.

2. Bedek die boontjies met water en laat dit ook 'n uur lank week.

3. Dreineer die boontjies en gooi dit in 'n groot kastrol. Bedek dit met skoon water en kook 45 minute lank oor matige hitte tot sag. Laat boontjies in die water afkoel.

4. Plaas intussen die afval in 'n aparte kastrol en bedek dit met skoon water. Kook dit oor matige hitte tot sag – ongeveer 'n uur lank. Kap of sny die afval in kleiner stukkies en gooi dit weer by die vloeistof in die kastrol.

5. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die koljanderblare en boontjies, by. Roer dit deur en laat dit nog 45 minute lank oor matige hitte prut.

6. Dreineer weer die boontjies en roer dit by die afval in die kastrol. Laat prut dit nog 10 minute en sit dit warm voor saam met vars koljander.