Dinsdag, 22 Oktober 2024

Springbokpastei met suurlemonkors

  • Gepubliseer op Sondag, 26 Augustus 2018 23:37
  • Trefslae: 2726

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie Gunsteling Suid-Afrikaanse kos” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Springbokpastei met suurlemoenkors

6-8 PORSIES

 

 

CLOVER Farmstyle-botter

2 uie, fyngekap

5 ml (1t) gekapte vars knoffel

200 g (1 pakkie) spek in blokkies gesny

2.5 kg springbokvleis

2.5 (1/2 t) fyn koljander

Knippie fyn kruienaeltjies

Knippie vars gemaalde swartpeper

2 lourierblare

2 handevol gekapte vars pietersielie

30 ml (2e) bruinasyn

500 ml (2k) kookwater

1 beesvleisaftrekselbokkie

125 ml (1/2k) CLOVER-vars room

sout en paper

 

SUUROOMKORS

375 ml (1/2 k) koekmeel

Knippie sout

100 g (1/5 blok) CLOVER Mooi Rivier – botter

125 ml (1/2k) CLOVER- suuroom

1 eier, geklits bietjie melk vir bo-oor

 

 

Metode:

1. Smelt genoeg botter in n groot swaarboomkastrol en braai die uie en knoffel. Gooi die spek by en braai dit tot gaar. Skep die mengsel  uit en hou dit eenkant.

2. Smelt nog botter indien nodig en braai die vleis in sarsies tot goudbruin.

3. Skep al die vleis en die spekmengsel terug in die kastrol. Voeg die koljander, naeltjies, swartpeper, lourierblare, pietersielie, asyn, kookwater en vleisaftrekselblokkie by.

4. Plaas die deksel op en laat prut dit 2 tot 3 uur lank of tot die vleis van die been afval verwyder die en lourierblare

5. Roer die room deur die vleis tot gemeng. Proe en guur met genoeg sout en peper.

6. Smeer groot genoeg oondvatse bak met botter en skep die vleis in die voorbereide bak.

 

SUURROOMKORS

1. Sif die koekmeel en sout saam. Vryf die botter daarby in totdat soos boodkrummels lyk.

2. Meng die suurroom en eier en voeg dit by die meelmengsel. Meng tot 'n stywe deeg.  Plaas dit in n plastieksakkie en laat dit vir 20 minute in die yskas staan.

3. Voorverhit die oond tot 200°C.

4. Rol die deeg op n meelbestrooide oppervlak uit sodat die die vleis in die oondbak sal bedek.

5. Verf water op die oondbak se kante. Plaas die deeg bo-oor en druk dit op rand vas. Sny enige oortollige deeg af. Steek n paar gaatjies in die kors en verf melk bo-oor.

6. Bak die pastei 35 tot 40 minute lank of tot liggoudbruin bo-op

7. Sit dit warm voor saam rys en groente.