Woensdag, 14 November 2018

Krakerige tunagebak

  • Gepubliseer op Woensdag, 15 Augustus 2018 10:32
  • Trefslae: 73

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie ““Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur” is

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Krakerige tunagebak

500 g (1 pak) pasta

Bietjie olie

2 uie, gekap

5 ml (1t) gekapte vars knoffel

2,5 ml (1/2t) droë pietersielie

Sout n varsgemaalde swartpeper

15 ml (1e) koekmeel

340 g (2x 170 g-blikkies) tuna in water, gedreineer

410 g (1 blik) sampioenroomsop

250 ml (1k) dubbeldik room

125 ml (1/2 k) melk

500 ml (2 k) gerasperde Mozzarella

125 g (1 groot pak) aartappelskyfies in Grasuiegeur, fyngedruk

 


Stel oond op 180°C.

 


Metode:

1. Kook pasta in borrelende kookwater waarby bietjie sout en olie gevoeg is tot net sag. Dreineer en hou eenkant.

2. Verhit olie en souter uie knoffel en pietersielie daarin tot sag, Geur met stout en peper na smaak. Roer meel by.

3. Roer tuna, sampioensop, room en melk by uiemengsel en kook tot effens dik. Verwyder van hitte en roer by pasta.

4. Skep helfte van pastamengsel in gesmeerde oondbak van 24cm x 32cm.

5. Sprinkel kaas bo-oor. Skep oorblywende pastamengsel bo-op.

6. Sprinkel skyfies bo-oor en bak vir 30 minute.