Dinsdag, 22 Oktober 2024

Romerige Knoffelbrood

  • Gepubliseer op Maandag, 20 Junie 2022 19:15
  • Trefslae: 563

 Romerige Knoffelbrood

1 kg vetkoek deeg
500 ml volroom
kaas
gebraaide spek
gekapte swart olywe
knoffel
Maak die deeg in lang vorm. Sny dit in die middel oop, voeg kaas, knoffel, ens. in en druk die deeg toe. Draai die deeg om met gesnyde kant na onder. Plaas die deeg in gesmeerde broodpan. Gooi 375 ml room oor die deeg. Strooi bietjie kaas en paprika bo-oor. Vooraf verhit die oond tot 180°C. Bak vir ongeveer 1 uur.
Gooi die laaste room oor – 5 minute voor die brood uitgehaal word. Die warm brood kan in die room in pan gedoop word soos dit geëet word of opgesmeer word. Hoe langer die brood in die room lê hoe lekkerder.