Rolkoek
- Gepubliseer op Woensdag, 11 Mei 2016 12:13
- Trefslae: 2824
Dit is 'n Wenner!
Bestanddele:
4 eiers
3 eetlepels koue water
1 koppie suiker
½ teelepel vanielje geursel
Knippie sout
1 koppie koekmeel
2 eetlepels koekmeelblom
2 teelepels bakpoeier
Metode:
-
Klits eiers, koue water en suiker baie goed tot romerig.
-
Voeg vanielje, knippie sout, koekmeel, koekmeelblom en bakpoeier by.
-
Meng al die bestanddele goed en gooi beslag in ‘n goed gesmeerde rolkoek bakplaat.
-
Bak vir maksimum 8 min. in warm oond teen 200° C. (Kleur – goudbruin)
-
Gooi gaar gebak op ‘n skoon klam doek.
-
Smeer vulsel van gekookte kondensmelk of appelkooskonfyt op rolkoek en rol dit op terwyl dit warm is.
U kan die rolkoek ook versier met styfgeklopte room waarin u ‘n ½ koppie strooisuiker gegooi het of u kan suiker op klam doek strooi voordat u die gebak daarop omdop.
Die suiker sal aan die rolkoek kleef en dan as versiering dien.