TEL: 021 200 2637   -   info@caledonfm.co.za

Woensdag, 16 Oktober 2024

WEN 3 KAROOLAMMERS & R1 000 LINNEKOOPBEWYS

Category
BAZAAR / FEES / MARK
Date
2024-09-30 00:01 - 2024-11-29 00:00
Venue
130 Clarence Drive
Betty's Bay, South Africa
Telephone
0828276074
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Wen 3 Karoo-lammers én R1 000 Linne-geskenkbewys teen net R50 ’n lootjie!

Wat is dan nou lekkerder as ’n sagte skaaptjoppie gebraai op die kole of ’n geurige skaapboud gaar gemaak in die oond die komende feestyd?!

Die NG gemeente Kogelberg bied as deel van sy Hangklip Basaar woekerpoging nou die kans om teen net R50 ’n lootjie een van vier gelukkige wenners te word wat gaan deel in die volgende pryse: 2 X heel Karoo-lammers en 2 X halwe Karoo-lammers! Boonop gaan as bonusprys ’n vyfde wenner wegstap met ’n R1 000-koopbewys met die komplimente van Comfi Beds & Linen.

Lootjies, soveel as wat jy wil, is van 1 Oktober af te koop by die onderskeie wyksleiers/dienswerkers in die Hangklip-streek (Bettysbaai, Rooiels en Pringlebaai) en in Kleinmond, asook by Joke Venter by die kerkkantoor en by Comfi Beds & Linen op Kleinmond.

Die sluitingsdatum is Vrydag 29 November, waarna die trekking gedoen sal word om die vier wenners van die Karoo-lammers en die gelukkige wenner van die bed & linne-koopbewys aan te wys.

Vir navrae, skakel met Surette Botha (082 372 4072) op Bettysbaai of Joke Venter (028 271 3470) by die kerkkantoor op Kleinmond.

 
 

All Dates

  • From 2024-09-30 00:01 to 2024-11-29 00:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So

Nou op die Lug

Radio
Program:Deurnag Musiek
Broadcaster:Radio
00:00 - 05:00

Login Form