TEL: 021 200 2637   -   info@caledonfm.co.za

Woensdag, 16 Oktober 2024

AANSKOU DIE MENS MET WINAND GRUNDLING & JOHANN NEL

Category
MUSIEK
Date
2024-10-13 16:00
Venue
NG Church Hermanus - 1 Church Street
Hermanus, South Africa
Telephone
028 312 3904
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Attachment
Winand Grundling, bekroonde orrelis en wenner van drie Kanna-pryse, en die geliefde akteur en stemkunstenaar Johann Nel tree op Sondag 13 Oktober om 16:00 op in die NG Kerk Hermanus in die produksie Aanskou die mens. 'n Deel van die konsert se wins word geskenk aan die gemeente.
Winand improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die Hindenburg-lugramp, die atoombomaanval op Hirosjima, die maanlanding, die eerste hartoorplanting, die dood van prinses Diana, die gebeure van 9/11, die Covid-19-pandemie en die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning in 2023. Johann dra die destydse brekende nuus van die spesifieke gebeurtenis voor en verskaf interessante en relevante inligting, terwyl bekende en verrassende temas op die orrel geïmproviseer word. Dié kombinasie sorg vir ’n intense en emosionele musiekreis deur ons onlangse geskiedenis wat ook die orrel se relevantheid as ’n "kommentator" op groot nuusgebeure beklemtoon.
’n Wye reeks van musiek word ingesluit – van klassiek tot kontemporêr. Die teks is geskryf deur die skrywer, joernalis en TV-aanbieder Erns Grundling, wat ook die produksie vervaardig. Aanskou die mens het in Maart vanjaar gedebuteer by die KKNK. Kaartjies kos R150 op Quicket, by die NG Kerk Hermanus kerkkantoor of by die deur. Ondersteun asseblief hierdie fondsinsameling.
 
 

All Dates

  • 2024-10-13 16:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So

Nou op die Lug

Radio
Program:Deurnag Musiek
Broadcaster:Radio
00:00 - 05:00

Login Form