Donderdag, 06 Mei 2021

Ons kalender is 'n GRATIS diens wat CFM aan die gemeenskap lewer. Laai gerus jou gebeurtenis hier om GRATIS blootstelling te kry.

Alle plasing van gebeurtenisse is onderhewig aan goedkeuring van die administrateur en sal eers na goedkeuring op die bladsy vertoon.

ICFSA ICW - INTERNATIONAL COACHING WEEK

Category
GEMEENSKAP
Date
2021-05-17 00:00 - 2021-05-23 00:00
Venue
Caledon FM
Telephone
0799577211
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                               

 

                                                               

 

Die fokus en mikpunt van  Internasionale Afrigtingsweek in Suid-Afrika vanjaar is om die internasionale tema van

“Defying Chalenging Times”  uit te brei na ”Expanding the Reach of Coaching for Social Good -

translating that into the local context and our hope to CONNECT (by providing a sense of belonging and inclusion through an integrated diverse community).”

ICF Suid-Afrika wil hierdie periode gebruik om insluiting en verskille in ons samelewing aan te spreek deur afrigting in soveel moontlike inheemse tale aan te bied deur werkswinkels en gesprekke met afrigters.

Nelson Mandela het gesê “If you talk to a man in a language he understands, that goes to his head. If you talk to him in his own language, that goes to his heart.”

COVID-19 het ons wêreld se verskille uitgelig, tog het COVID-19 ook ons menslikheid laat seëvier. Tans is ons in Suid-Afrika nogsteeds baie kwesbaar vir infeksie en dit beteken dat radio die mondstuk is vir ons mense.

My hoop is om hierdie diens aan ons mense in die Overberg bekend te stel en uit te brei met behulp van Overberg FM. Ek het ‘n e-pos aan Pieter van Aswegen gestuur na ‘n lang gesprek oor die moontlikheid van so ‘n inisiatief. Wat ek nie vir Pieter aangedui het nie, is dat hier geen betaling van enige aard vir enigiemand plaasvind nie. Die afrigters bied hul tyd as sprekers gratis aan.

Tans het ek nog geen kontaksessies geadverteer nie, omdat ons die infeksie kurwe dophou.

 

Die volgende  skakels gee meer inligting insake die omvang van hierdie week se aktiwiteite.

https://www.linkedin.com/company/18226774/admin/   vir aktiwiteite in Suid-Afrika. Sodra ek 'n volledige lys het van aktiwiteite sal ek dit aan Pieter oordra.

https://coachingfederation.org/events/international-coaching-week vir aktiwiteite wêreldwyd.

 

 

 

 

 
 
 

All Dates

  • From 2021-05-17 00:00 to 2021-05-23 00:00

Powered by iCagenda