TEL: 021 200 2637   -   info@caledonfm.co.za

Dinsdag, 08 Oktober 2024

CALEDON CANOLA RUN

Category
GEMEENSKAP
Date
2024-09-07 08:00
Venue
Lemoenskopplaas, hoek van die N2 en Greyton afdraai - Caledon
Telephone
0827813967
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Canola Run word elke jaar deur die Caledon Rapportryers aangebied. Dit is die 16de Canola Run wat aangebied word hierdie jaar. Dit het begin toe n paar vriende bymekaargekom het en met hul motorfietse oor n paar plase in die omgewing gery het en toe besluit het dit sal n wonderlike ondervinding wees vir alle motorfiets ryers om dit te ervaar. Privaat grondeienaars maak jaarliks hul plase beskikbaar om die roete op te doen. Elke tweede jaar verander die roete sodat deelnemers van oral oor die wonderlike natuurskoon en canola lande kan sien uit n baie unieke oogpunt. Daar is werklik asemrowende uitsigte op die roete hierdie jaar, van sekere punte bo op die berge kan deelnemers vanaf die see en binneland tot by Napier sien. Die roete is ongeveer 95km lank met n stop halfpad om weer met petrol op te vul. Alle 2 wiel motorfietse kan deelneem, enige ouderdom en ryers van enige vaardigheidsvlak. Die roete is meestal op plaaspaaie en grondpaaie oor berge en deur Canola lande. Registrasie is 7am die oggend en n briefing word net na 8am gedoen waarna die rit begin. Dit is nie n resies nie, maar n pret avontuur rit. Dit is oop vir alle 2 wiel motorfietse en vir ryers van alle ouderdomme en van enige vaardigheidsvlak. Daar is lekker gelukkige trekkings pryse. Dit is n familie dag, so almal kan dit kom geniet, veral wanneer die deelnemers wegtrek net na 8am en ook wanneer hul weer terugkom so 2-3 ure daarna. Dit word hierdie jaar by Lemoenskopplaas aangebied, op die hoek van die N2 en die Greyton afdraai so 3km buite Caledon rigting Botrivier. As jul die Greyton afdraai geneem het, so 600 meter aan op die linkerkant. Aanlyn inskrywings is beskikbaar op www.quicket.co.za (Canola Run). Inskrywings tot 5 September is R400 per volwassene en R120 per passasier en kinders 13 jaar en jonger. N Lekker braai ete word ingesluit. Na 5 September is die inskrywings R450 en R150 onderskeidelik en deelnemers kan nog op die dag ook inskryf. Daar sal verversings te koop wees (alkoholies, nie-alkoholies en iets om te eet). Al die fondse wat die dag gemaak word sal weer teruggeploeg word in die plaaslike gemeenskap aan behoefdigde en verdienstelike instansies en individue. Ons wil ook ons hoofborg Overberg Agri en ander borge naamlik Caledon Casino, Agri Protection Services, Southern Oil (SOIL), Rockfox, Auropack en Heineken bedank vir hul loyale ondersteuning waarsonder ons nie so n fondsinsamelingsdag kan aanbied nie. Volg ons op Facebook by Canola Run Caledon en Caledon Rapportryers

 
 

All Dates

  • 2024-09-07 08:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So

Nou op die Lug

Ds Jannie Pelser
Program:Toekoms Venster
Broadcaster:Ds Jannie Pelser
05:45 - 06:00

Login Form