TEL: 021 200 2637   -   info@caledonfm.co.za

Woensdag, 29 Junie 2022

High Noon With The Marshall & Anke Deyzel

High Noon With The Marshall & Anke Deyzel

CCYD JEUGDAG

Category
GEMEENSKAP
Date
2022-06-16 10:00
Venue
Caledon Rugbyklub Veld
Telephone
061 027 5869
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Attachment

Ons van Caledon Community Youth and Disability Forum is baie trots op ons werk om kos en klere te voorsien aan minderbevoorregte kinders en gestremdes. Ons sal graag elke dag kos wil voorsien, maar tekort aan donasies en Covid19 maak dit nie moontlik nie.

Elke jaar op 26 Desember, gee ons ‘n Kersete vir 300-400 kinders en gestremdes. Deur die jaar prober on sook kos gee as ons donasies kry.

Ons doel is om die jeug en gestremdes elke dag deel te maak van ‘n program. Ons het die hulp van die gemeenskap, besighede en kerke nodig om Voort te gaan met ons werk.

Op 16 Junie 2022, sal ons graag jeugdag wil vier om die jeug te bemagtig deur sang en dans. Dit is ‘n opelug byeenkoms met verskillende departemente teenwoordig. Ons sal graag die gesondheid, social development, polisie, verkeer, die VGK jeugbrigade, jeugsprekers en 200+ jeug, betrokke wil hê op hierdie dag.

Die program van die dag sluit in danskompetisies, sang en jeug motiveringspraatjies wat hulle lewens verander, en nog baie meer.

Ons sal die deelnemers en toeskouers graag wil voorsien van twee (2) maaltye: ontbyt en middagete, met sap of vrugte. Ons is gebruik alle en enige donasies wat ons kan kry.

As ‘n nie-winsgewende organisasie, maak ons staat op die hulp van die gemeenskap. Ons sal nie kan voortgaan om die dag te beplan as ons nie hulp by die gemeenskap en donasies ontvang nie.

Enige donasies is welkom om die dag spesiaal te maak. Ons sal graag pryse wil gee aan die weneers. Enige vorm van hulp of donasies sal hoog waardeer word.

Die Here seen

Christopher Benjamin

(Voorsitter: Caledon Community Youth and Disability Forum)

061 027 5869

3de laan 9

Vleiview

Caledon

7230

 
 

All Dates

  • 2022-06-16 10:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
18
Datum : 2022-06-18
25
Datum : 2022-06-25

Nou op die Lug

Radio
Program:Deurnag Musiek
Broadcaster:Radio
00:00 - 05:00

CFM OVERBERG 89.3 FACEBOOK