Klassieke Keur 7 Aug 2022
CALEDON KERSMARK 2021
Kom kuier saam met ons tydens die jaarlikse Kersmark wat plaasvind by NG Kerksaal in Caledon. Soos in die verlede beloof dit om weer hierdie jaar iets vir almal se kerskouse te verskaf. Ongeveer 80 uitstallers sal by die Kersmark wees, nuwe uitstallers sowel as uitstallers wat jaarliks terugkeer met hulle pragtige produkte.
Nie alleen sal daar pragtige kersgeskenke te koop wees nie, maar die teetuin sal lekker eetgoed vir die besoekers gereed hê
Kaartmasjiene is beskikbaar, voldoende veilige parkering en covid-regulasies sal gevolg word.
Die marktye is as volg:
1 November 2021 - 14:00 - 19:00
2-4 November 2021 - 09:00 - 18:00
5 November 2021 -09:00 - 19:00
6 November 2021 -09:00 - 14:00
Sien jou daar.
Powered by iCagenda