• 89.3 en 99.3fm
    Jou stasie van keuse
  • Jou nommer een stasie
    Luistergenot vir oud en jonk
  • Van Toeka tot Nou
    Die stasie net vir Jou
  • Die beste van die 80's, 90's en nou
    Jou stasie van Keuse
  • Die beste toeka treffers
    Vir oud en Jonk
  • By die see of op Reis
    By CFM is jy tuis

 TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Donderdag, 29 Junie 2017

Nou op die Lug

Radio
Program:Deurnag Musiek
Broadcaster:Radio
23:15 - 05:00

Stephanie Visser

Stephanie Visser

Ek is gebore in Oudtshoorn.  My pa was in die SAPD en moes ons heelwat verhuis. Gedurende  my Laerskool dae was my pa gestasioneer in Kraaifontein en het ons Kraaifontein in sy fontein dae binnegeval.

Nadat my pa na gebiede in Kaapstad verplaas is het ons onder andere gewoon in,   Lansdown,   Wynberg en Parow waar ek skoolgegaan het by Hoërskool JJ du Preez.  Dit was lekker ou dae.   Voor my pa afgetree het,  het ons terug verhuis na Kraaifontein.   Ek het by my ouers gewoon totdat ek in 1974 getroud is met SW. 

A.g.v. die tipe werk wat SW gedoen het,  moes hy van tyd tot tyd homself “bevorder” deur gereeld aansoek te doen vir poste en so het ons  die Wes-Kaap deurkruis.  In 1989 verhuis ons na Caledon.   Ons is geseën met drie pragtige kinders.  Twee seuns en ‘n dogter.  My oudste, Schalk, 36jr  en jongste, Elreen, is in Pretoria en Randburg, en die middel seun, Tom, en sy vrou is woonagtig in Durbanville.  Ek kan met trots sê ek het twee kleinkinders.  ‘n Seuntjie, SW, en kleindogter, Amorey.

Ek het 6jr by Sanlam gewerk, daarna was ek huisvrou. Ek’t weer in die arbeidsmark begin en  was vir 10 jaar ‘n mediese ontvangsdame by ‘n praktyk in Moorreesburg.  Toe ons in September 1989 na Caledon verhuis, was ek drie maande ‘werkloos’ en Januarie 1990 het ek begin werk by Laerskool Overberg in Caledon as Skoolsekretaresse.  By die skool was ek ‘n tannie, ‘n mamma en ‘n verpleegster. Weens mediese redes het ek 2012 afgetree en hou ek myself besig met gemeenskapswerk. Ek is lief vir kos maak,  mense onthaal  en hou daarvan om funksies te reël.

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Hanlie Swart se Knoffelbraai Brood

500gr Bruismeel

1pakkie wit uiesop

1groot ui

Koppie gerasperde kaas

5knoffelhuisies fyn gekap

500ml karringmelk.

 

Meng alles saam en plaas in 'n broodpan. Strooi sonneblomsaad oor (opsioneel) en bak in oond ± 60 min. 180c