• 89.3FM - 99.3FM - 103.7FM - 107.3FM
    Jou stasie van keuse
  • Jou nommer een stasie
    Luistergenot vir oud en jonk
  • Van Toeka tot Nou
    Die stasie net vir Jou
  • Die beste van die 80's, 90's en nou
    Jou stasie van Keuse
  • Die beste toeka treffers
    Vir oud en Jonk
  • By die see of op Reis
    By CFM is jy tuis

 

 

      TEL: 021 200 2637   -   info@caledonfm.co.za

Vrydag, 19 April 2024
Jan Greyling

Jan Greyling

Jan Greyling is sommer van jongs af dol oor uitsaai. Hy is gebore en het grootgeword in Sasolburg in die Vrystaat. Na studentwees aan die Universiteit van Johannesburg het Jan se pad Pretoria toe geloop. Landbouradio, atletiek-, krieket- en rugby kommentaar op RSG, JacarandaFM, 4FMStereo en PUNT Geselsradio was van Jan se mikrofoon-hoogtepunte in die Noorde. Sedert 2001 het sy pad in die Wes-Kaap in aanbieding en progreamme maak – veral musiek, sport en boerderysake deur die ateljees van Suid-Kaap Stereo (vandag (SFM), EdenFM, Radio Overberg en CaledonFM geloop. “Met my passie vir die beste moontlike kommunikasie tussen alle mense het die  die lewe my tot nou toe veral deur die mooi van boerdery, kosverwerking, voedselverspreiding, landboujoernalistiek en Bemarking- en kommunikasie vir ondernemings soos die SABC, Agri SA, Klein Karoo Koöperasie, Klein Karoo Internasionaal en Agri Klein Karoo maatskappye gelei. Wat ‘n voorreg!! Van my lekkerrrrste onthoudae is verseker die paar jaar in die Landbouradio-kantoor. Ek sal ook altyd dankbaar bly vir my Monitor, Spitstyd en Spektrum-dae…en nagte, as deel van die SABC nuuskantoor in Pretoria. Baie dankie dat ek en my kosbaarstes nou reeds die afgelope meer as 10 jaar kan deel in die warm harte van ons mede-Overbergers. En, vir die voorreg om in jul huise, motors, kantore en winkels te mag saam kuier, rondom die mikrofoon. Wanneer ek nie uitsaai nie, is ek versot op bemarking, staproetes, skryf, verkope, fotografie, die tuinroete in en om die huis en kwaliteit-familietyd langs die see of viswaters.  Onthou, hier leef ons net een keer. Doen dit met oorgawe tot eer van ons hemelse Vader. Koester die Overberg en jul kosbares. Hou die blinkkant bo…en sorg dat die bokant blink bly!

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29

Nou op die Lug

Radio
Program:Deurnag Musiek
Broadcaster:Radio
00:00 - 05:00

Login Form