Donderdag, 19 Julie 2018
Sharon Brink

Sharon Brink

Enige iemand wat my ken sal weet dat die natuur baie naby aan my hart lê.  Ek was al sedert ek bykans 30 jaar gelede hier in die Overberg (Bredasdorp) kom vestig het, betrokke by die plaaslike tak van die Botaniese Vereniging van SA totdat ek my aandag na radio gedraai, hier kon ek makliker die boodskap van bewaring oordra.

Fotografie was ook van kleins af ‘n groot belangstelling en niks gee my meer plesier as om die natuurprag van ons area via my fotos met almal te kan deel nie.  Diere speel ook 'n groot rol in my lewe en daar is altyd 'n 'viervoet' wat naby is.

Die gemeenskap is ook vir my baie belangrik en behalwe werk vir die Rooikruis waar ek vir baie jare noodhulp gedoen het, het ek ook radiowerk gedoen om sodoende die gemeenskap beter te kan dien.

My wederhelfte ondersteun my ook in alles wat ek aanpak en julle sal hom leer ken as die Musicman.