Gevulde eiers

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana

 

Gevulde eiers

Lewer 12

 

6 hardgekookte eiers, afgedop

 

Sous

45 ml mayonnaise

15 ml tamatiesous

5 ml Worcestershiresous

2 ml mosterdpoeier

sout en peper na smaak

pietersielie of rooi soetrissie vir garnering

 

Metode:

1.  Halveer die eirs in die lengte.  Haal die eiergele uit, plaas in 'n mengbak en druk fyn.  Meng die souse, geur met Aromat, peper en mosterd. Voeg dit bietjie vir bietjie by die eiergele en meng deeglik.

2. Skep dit in die eierwitholtes en garneer met gekapte pietersielie of rooi soetrissie.

 

Wenk :

Om seker te maak die eiergeel bly in die middel, roer die eiers met 'n lepel sodra die water begin kook.  Die eiermengsel kan ook vooraf voorberei en in 'n yskas gebêre word tot benodig.