Maandag, 20 September 2021

Sop sonder sukkel

  • Gepubliseer op Saterdag, 31 Maart 2018 23:10
  • Trefslae: 1222

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana

 

 

Sop sonder sukkel

Genoeg vir 4

 

2 wortels, in skywe gesny

150 ml droë ertjies

15 ml kookolie

15 ml botter

1 ui , in blokkies gesny

1 knoffelhuisie, fyngerasper

½ soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

1 tamatie, in blokkies gesny

1 x 50 g pakkie groentesoppoeier

125 ml koue water

250 ml biefaftreksel

5 ml gemengde droë kruie

peper na smaak

10 ml gekapte vars pietersielie

 

 

Metode:

 

1. Kook wortels en ertjies in genoeg water tot sag. Hou eenkant.

>2. Verhit die olie en botter in 'n swaarboompan en braai ui, knoffel en soetrissie tot sag.

3. Voeg tamatie by die ui en laat dit vir 5 minute prut.

4 . Maak die soppoeier met die koue water aan en voeg dit saam met dei uiemengsel en biefaftreksel by die wortels en ertjies.

5. Verhit die sop tot deurwarm en geur dit met gemengde kruie en peper. Jy kan nog 'n bietjie sout byvoeg indien nodig, maar proe eers en wees versigtig om die sop nie te sout te maak nie.

 

Wenk

*  Indien jy nie botter het nie kan jy dit met dieselfde hoeveelheid kookolie vervang.

*  Die droë ertjies kan met 'n blikkie boontjies in tamatiesous vervang word. Voeg net die boontjies laaste by.