Donderdag, 19 Julie 2018

Basiese souttert

  • Gepubliseer op Dinsdag, 27 Maart 2018 15:56
  • Trefslae: 151

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

 Vandag se resep is uit die publikasie “Marilyn kuier en kook!” is verskaf

met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marilyn Gantana

 

 

Basiese souttert

Genoeg vir 6

 

15 ml kookolie

15 ml botter of margarien

1 middelslag-ui, fyngekap

250 g gerookte worsies, in skyfies gesny

125 g knopiesampioene, skyfies gesny

10 ml gemengde kruie

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

250 ml gerasperde cheddarkaas

200 ml melk

2 ekstra groot eiers

45 ml koekmeel

 

Metode:

 

1. Voorverhit oond tot 180ºC en smeer 'n oondvaste bak met 'n deursnee van 15 - 18 cm.

2. Verhit die olie en botter of margarien in 'n swaarboompan en braai die ui vir 'n paar minute tot dit deurskynend is..

3. Voeg die worsies, sampioene, kruie, sout en peper by en braai dit vir 'n paar minute. Laat die mengsel effens afkoel.

4. Meng die kaas deur die worsiemengsel en skep dit n die voorbereide oondbak.

5. Klits die melk, eiers en meel in 'n mengbak en giet dit oor die worsiemengsel.

6. Bak dit vir 25-30 minute of tot dit gestol en goudbruin is.

 

*WENK: Vervang die worsies met bv. maalvleis, tuna of ham