Sondag, 23 September 2018

Vegetariese noedels

  • Gepubliseer op Vrydag, 16 Maart 2018 14:48
  • Trefslae: 183

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur 3” is goedgunstig

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlo Carstens

 

Vegetariese noedels

4 porsies

 

bietjie olie

1 ui, fyngekap

5 ml (1 t) gekapte vars knoffel

1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

3 wortels, in blokkies gesny

6 murgpampoentjies, in repies gesny

6 grasuie, gekap

45 ml (3 e) gekapte vars pietersielie

knypie sout en varsgemaalde swartpeper

146 g (2 x 73 g-pakkies) 2-Minute Noodles, hoendergeur

 

Metode:

 

1. Verhit olie en soteer ui en knoffel daarin tot sag.

2. Voeg soetrissies, wortels en murgpampoentjies by en soteer vir 5 minute.

3. Voeg grasuie en pietersielie by en soteer nog 2 minute.

4. Verwyder van hitte. Geur met sout en peper.

5. Kook noedels volgens aanwysings op pakkie.

6. Skep groente op noedels en sit warm as ligte middagete of as bygereg voor.