Maandag, 22 Oktober 2018

Tamatiesop met hoenderfrikkadelle en spaghetti

  • Gepubliseer op Donderdag, 22 Februarie 2018 19:39
  • Trefslae: 214

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Sop- en Broodgeregte” is

verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Tamatiesop met hoenderfrikkadelle en spaghetti

4 porsies

 

15 ml (1 E) kanola-olie

15 ml (1 E) botter

1 ui, in dun skyfies gesny

2 knoffelhuisies, fyngekap

15 ml (1 E) tamatiepasta

2 x 410 g-blikkies gekapte tamaties

1,25L hoenderaftreksel

500 g hoenderworsies

100 g spaghetti, in 5 cm-lengtes gebreek

 

Metode :

 

Verhit die olie en botter in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui vir 5 minute tot sag en deurskynend.

Meng die knoffel en tamatiepasta deur die ui en laat dit vir 1 minuut liggies kook.

Voeg die gekapte tamaties en die helfte (± 625 ml) van die aftreksel by en verhit tot kookpunt.  Verminder die hitte en laat die sop vir 20 minute liggies prut.

Verhit die res van die aftreksel in ‘n aparte kastrol.

Druk die hoenderworsvleis uit die worsderms en rol ongeveer 30 klein frikkadelle van die vleis.  Skep die frikkadelle in die aftreksel en laat vir 10 minute prut tot deurgaar.  Skep die frikkadelle met ‘n gaatjieslepel uit en hou eenkant.

Verhit die aftreksel tot kookpunt, voeg die spaghetti by en kook tot al dente.  Dreineer en gooi die aftreksel weg.

Verpulp die sop in ‘n voedselverwerker tot glad en giet dit terug in die kastrol.

Voeg die gaar spaghetti en frikkadelle by die sop en prut dit vir 5 minute tot deurwarm.  Bedien dadelik.