Saterdag, 18 Augustus 2018

Skaapkop

  • Gepubliseer op Dinsdag, 10 Julie 2018 15:01
  • Trefslae: 38

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “Koljander, koljander so deur die Bosch”met komplimente van

LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Skaapkop

 

1 Silwer skoon skaapkop

Sagte skaapvet

Sout

1 silwerskoon, heel skaappens

Tandestokkies

Baksakkie

 

 

Metode:

1.   Voorverhit die oond tot 180 °C.

2.  Smeer die skaapkop aan die buitekant met sagte skaapvet en vryf dit goed in.

3.  Strooi sout na smaak oor en probeer 'n bietjie in bek kook strooi.

4.  Vou die skaappens om die skaapkop en steek dit met tandestokkies vas.

5.  Plaas in n oondpan en bak vir 10 minute. Verlaag die oondtemperatuur na 150 °C en bak dit vir ongeveer 3 uur.

6.  Verwyder uit die oond en toets met m sosatiestokies of die kieste sag is.  Indien nie, vou die skaapkop weer toe en bak tot kieste sag is. Wanneer die kieste sag is, bak die kop tot dit goudbruin  is en die pensvel bros en krakerig.

7. Skakel die oond af, laat die kop afkoel en sny dit langs die kakebeenlyn oop.

 

MY MA HET GESÊ

N skaapkop word met knipmes en n klein langsteellepeltjie (om harsings uit te haal) geëet. Sorg ook vir genoeg warm nat lappies.

Varsgebakte brood. Konfyt en goeie rooiwyn komplimenteer hierdie smulkos.