Maandag, 24 September 2018
Ronel Conradie

Ronel Conradie

Ek is gebore in Robertson. My ouers het redelik getrek vir my pa se loopbaan in gevangenisdiens. Ons het ook op Swellendam gedraai voor ons op Caledon gevestig is waar ek en my broers by laerskool en hoërskool Overberg skool gegaan het. Ek het na skool eers in privaat sektor gewerk voor ek in 2003-2004 Health & Skin Care gaan studeer het in Rondebosch, so ek is eintlik 'n opgeleide Somotoloog ? Na my plaaslike praktiese ure voltooi is, het ek 4 Skeepskontrakte vir Britse maapskappy voltooi voor ek weer in SA in Beauty Therapy Industry gewerk het vir 14 jaar. Ek het uitgetree weens mediese redes en om meer tyd te hê vir my geliefdes en gemeenskap - soos om uit te saai vir Caledon FM. Ek werk nou as administrateur vir plaaslike maatskappy. My stokperdtjies in vrye tyd sluit in natuurlik musiek luister en musiek maak op gehoor, fotografie, arts & grafts goeters, pieknieks hou, tuin maak en so af en toe 'n bike trippie aan te pak ? Hulle noem my Jane of all trades, master of few.