The Shed is geleë in Struisbaai se industrïele gebied en was voorheen as "Cheers" bekend.
Die Nagklub is byna daagliks oop van 21:00 tot laat, behalwe sekere vakansiedae en Sondae. Ons het lekker beligting en speel 'n groot verskeidenheid musiek.
Kinder Aktiwiteite:
Ons het 'n paar aktiwiteite spesiaal vir onder 18's
17 Des 19:00-22:00
Under 18 Lumo Party vir 13-17 jariges (R30 toegang)
Die idee is dat hul helder klere aantrek en selfs "Lumo Paint" of enige iets anders gebruik wat in "UV lights" skyn. Ons lese is "if it glows wear it"
Na 22:00 is dit die volwassenes se beurt.
18 Des 18:00-21:00
Under 18 Roller Disco vir alle onder 18's (R30 toegang)
Bring jou eie wiele! Rolskaatse, Skaatsplanke, J-boards en van die heel kleintjies bring partykeer ook sommer hul fietsies
Ons speel lekker musiek en maak die dansvloer 'n skaatsbaan vir die aand.
Die Nagklub maak daarna oop vir volwassenes
22 Des 19:00-22:00
Under 18 Foam Party vir 13-17 jariges (R30 toegang)
Weereens speel ons lekker musiek en ons sit die skuimmasjien aan. Dis altyd groot pret!
Van 22:00 af is daar 'n "foam party" vir die volwassenes.
Daar is verversings te koop by al die kindergeleenthede
Dan het ons ook weer "The Food Market at The Shed" ook op 22 Desember van 09:00-14:00
Daar is ietsie vir alle ouderdomsgroepe.
Kosstalletjies verkoop heerlike produkte om daar te geniet of om huis toe te vat.
Kinders kan kom perd ry, of "arts&crafts" doen in die kinder area.
Kersvader gaan ook 'n opdaging maak!
Van 11:00 af verwag ons 'n besoek van Kersvader en as jy gelukkig is kan jy 'n beurt kry om vir hom te vertel wat jy graag vir Kersfees wil hê.
Moet ook nie vergeet van ons Langarm aand op die 19de en ons "New Years All-day Party" op 31 Desember nie
Dan is ons natuurlik baie opgewonde oor die eerste "The Shed Summer Concerts". Ons het al voorheen "live shows" gedoen, maar hierdie een gaan gróót wees met 6 van Suid Afrika se gunstelling kunstenaars!
Jan Bloukaas (21 Des), Sunset Sweatshop(26 Des), Jack Parow(27 Des), Die Heuwels Fantasties(28 Des), Francois Van Coke(29 Des) en Snotkop (30 Des). Laasgenoemde doen 2 optredes op 1 dag, Die Snotkop Family Show van 14:00 af waar kinders welkom is en 'n aand Show wat nie vir onder 18's is nie. (daar word ongelukkig nie onder 18's by die ander optredes toegelaat nie)
Kaartjies kos tussen R150-R250 en is te koop deur www.webtickets.co.za of by Pick n Pay. Alle kaartjies is staande (geen sitplekke) Deure Open om 19:00 vir al die aand optredes.
The Shed is 'n klein intieme venue in Struisbaai se industrïele gebied. Dit bied toeskouers 'n spesiale kans om kunstenaars van naby af te beleef, maar dit beteken ook dat kaartjies beperk is! So moenie te lank wag om kaartjies te koop nie.
Vir verdere inligting kan luisteraars na ons FB blad loer waar hul ons Desember program kan besigtig asook enige ander gebeure wat ons aanbied.
Vir enige navrae epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
of skakel Chris 074 242 2642 of Andrew 072 814 4454
Kontak ons gerus indien jul enige verdere nligting nodig het.
Powered by iCagenda