Vrydag, 18 Januarie 2019

Ons kalender is 'n GRATIS diens wat CFM aan die gemeenskap lewer. Laai gerus jou gebeurtenis hier om GRATIS blootstelling te kry. Ons Kalender word 2 keer per dag op #CFM geadverteer.

Maandae tot Vrydae - 17:30 as flitse en om 09:30 volledige besonderhede van week se gebeurtenisse

Alle plasing van gebeurtenisse is onderhewig aan goedkeuring van die administrateur en sal eers na goedkeuring op die bladsy vertoon.

CFM BESIGHEIDSNETBALDAG

Category
CFM OVERBERG EVENT
Date
2019-03-09 08:00 - 18:00
Venue
Sportgronde Bredasdorp - Bredasdorp
South Africa
Telephone
021 200 2637
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Netbaldag word onder leiding van Nicolene Otto gereël.

Maksimum van 16 spanne kan inskryf, koste per span is R200.00. Geld is nie terugbetaalbaar ingeval van kansellasie nie. Spanne verteenwoordig 'n besigheid of besigheid borg 'n span. 8 spelers met 'n maksimum van 2 mans per span.

Plek is beperk dus die eerste 16 spanne wat hul registrasie gelde betaal sal ingeskryf word. Betaling kan direk inbetaal word met verwysing NETBAL, bewys van betaling moet aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. gestuur word.

Spelers sal vrywaringsvorms voor die aanvang van die dag se verrigtinge moet teken.
Die Lions sal kos en koeldrank vir die verloop van die dag verkoop as deel van hulle fondsinsameling.

Om 'n span in te skryf: Kontak vir Nicolene Otto of skakel 021 200 2637 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om seker te maak daar is nog openinge.

Indien jy belangstel om 'n “spot prize” te borg/skenk of geskenkbewyse te gee, kontak asb CFM op 021 200 2637. Alle borge sal lugtyd geniet, logos en name sal ook op ons webtuiste verskyn.

Daar gaan baie pryse wees vir speler sowel as ondersteuners

http://www.caledonfm.co.za/index.php/cfm-besigheidsnetbaldag

 
 

All Dates

  • 2019-03-09 08:00 - 18:00

Powered by iCagenda