Maandag, 24 September 2018

Ons kalender is 'n GRATIS diens wat CFM aan die gemeenskap lewer. Laai gerus jou gebeurtenis hier om GRATIS blootstelling te kry. Ons Kalender word 2 keer per dag op #CFM geadverteer.

Maandae tot Vrydae - 17:30 as flitse en om 09:30 volledige besonderhede van week se gebeurtenisse

Alle plasing van gebeurtenisse is onderhewig aan goedkeuring van die administrateur en sal eers na goedkeuring op die bladsy vertoon.

ELIM BLOMMEFEES

Category
GEMEENSKAP
Date
2018-09-21 19:00 - 2018-09-23 23:59
Venue
Elim
Telephone
082 370 0137

Elim hou hul twee jaarlikse Blommefees oor die naweek van 21-23 September 2018. Die opening van die fees vind plaas Vrydag 21 September 2018 om 19h00 waarna die verkiesing van Mej. Blommefees sal plaasvind. Saterdag 22 September sal 'n optog deur die strate plaasvind vanaf 08h00 waarna die môresëen sal begin om 09h00. Verskeidenheid stalletjies sal daar wees. Die volgende sal te koop wees: Skaapafval, koeke, poeding, hoenderbraai, tjop en wors braai en nog vele meer sal beskikbaar wees. Die hoogtepunt van die dag sal verskillende kunstenaars wees wat sal optree soos "Hotbox", "Lady Marqana", "Abby James", "Rapsody", "Elim Primer", "Marimba band van Agulhas Vaardigheidskool", "Mispah" en nog vele meer. Kom en ervaar hoe die Elimmers blommefees hou.

Vir verdere navrae en boek van stalletjies kan hulle vir Ronald October by 082 370 0137 of Beaulah Pontac by Elim Opsienersraadkantoor by 028 482 1750 kontak. 

 
 

All Dates

  • From 2018-09-21 19:00 to 2018-09-23 23:59

Powered by iCagenda