Maandag, 24 September 2018

Ons kalender is 'n GRATIS diens wat CFM aan die gemeenskap lewer. Laai gerus jou gebeurtenis hier om GRATIS blootstelling te kry. Ons Kalender word 2 keer per dag op #CFM geadverteer.

Maandae tot Vrydae - 17:30 as flitse en om 09:30 volledige besonderhede van week se gebeurtenisse

Alle plasing van gebeurtenisse is onderhewig aan goedkeuring van die administrateur en sal eers na goedkeuring op die bladsy vertoon.

HERITAGE DAY "BRAAI FEAST"

Category
BUSINESS ADVERTISING
Date
2018-09-24 15:00 - 18:00
Venue
Gabrielskloof

GABRIËLSKLOOF SE VREUGDEVURE BRAND HOOG VIR SA ERFENIS

Van tuisgemaakte wors tot melktert spring rolls by dié Overbergse Braai

Sondag, 23 September 2018

 

Gabriëlskloof laat wapper op 23 September die landsvlag met trots vir Suid-Afrikaanse erfenis, wanneer sjef Frans Groenewald die braaivleisvure aansteek vir ’n viering, waar tradisionele heerlikhede met ’n moderne kinkel én geurige disse eie aan die Overberg bedien sal word. Gabriëlskloof sluit by Suid-Afrikaners regoor die wêreld aan om deel te wees van wat plaaslik bekend is as Nasionale Braaidag.

 

Van sy heuwelligging buite Botrivier - slegs 80 minute van Kaapstad - geniet Gabriëlskloof ongerepte uitsigte vanaf die koppie in die middel van die velde en berge van die majestieuse Overberg. Die streek is bekend vir sy gasvryheid danksy sy lang geskiedenis as plek waar mense graag gevestig het en hul voorrade aangevul het vir hul reis verder die binneland in.

 

Die Overberg is ook bekend vir sy lang skaap-boerdery geskiedenis en daarom sal lam dus die kollig steel in sjef Frans se planne vir dié heerlike Overbergse Braai by Gabriëlskloof.

 

Suid-Afrika se amptelike Erfenisdag wat kort ná die land se eerste demokratiese verkiesing in 1994 ingestel is, val vanjaar op ’n Maandag. Gabriëlskloof het dus besluit om hul eie feestelikheid te organiseer en dit op die vorige dag, Sondag, aan te bied, om aan gesinne die kans te gun om langer te kuier.

 

"By laasjaar se Erfenisbraai by Gabriëlskloof was die melktert spring rolls ‘n vuurwarm treffer. Hulle mag dalk net weer hul verskyning maak!" sê Frans. "Daar is ook bitter min disse wat by ’n wildspotjie kan kers vashou om saam met Gabriëlskloof se wonderlike rooiwyne te geniet."

 

Die kombuis maak ook sy eie wors en skilpaadjies (lewer in netvet toegedraai) wat sy aan sy op die rooster sal braai in ’n feesviering, wat nou al onder die braai-fynproewers ’n hele gevolg opgebou het. En moenie die lip-lekker bykosse soos die krakerige kaas braaibroodjies, pap en chakalaka sous, sowel as ’n wye verskeidenheid vars en geurige slaaie vergeet nie.

 

Pasmaat dit met Gabriëlskloof se bekroonde wyne en lewendige musiek en jou planne vir 23 September is uitgesorteer.

 

Die landgoed-op-die-koppie, soos Gabriëlskloof nou al bekendheid verwerf het, is geliefd vir sy portefeulje uitsonderlike, terroir-gedrewe wyne en ekstra suiwer olyfolie. Die Gabriëlskloof restaurant is die bymekaarkomplek vir beide, waar voortreflike, ruimhartige porsies plattelandse maaltye nou al ’n gevolg in die streek opgebou het.

 

Kaartjies vir die Overbergse Braai by Gabriëlskloof is R375pp. Bespreek by 028 284 9865 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 

Vir meer inligting oor Gabriëlskloof, besoek www.gabrielskloof.co.za of gesels op Facebook en Twitter @Gabrielskloof.

 

Gabriëlskloof Landgoed is net anderkant Botrivier op die Swartrivierpad, vanaf die N2.

 
 

All Dates

  • 2018-09-24 15:00 - 18:00

Powered by iCagenda