Saterdag, 18 Augustus 2018

Ons kalender is 'n GRATIS diens wat CFM aan die gemeenskap lewer. Laai gerus jou gebeurtenis hier om GRATIS blootstelling te kry. Ons Kalender word 2 keer per dag op #CFM geadverteer.

Maandae tot Vrydae - 17:30 as flitse en om 09:30 volledige besonderhede van week se gebeurtenisse

Alle plasing van gebeurtenisse is onderhewig aan goedkeuring van die administrateur en sal eers na goedkeuring op die bladsy vertoon.

2018 HERMANUS TIMES KALFIEFEES

Category
BAZAAR / FEES
Date
2018-08-08 09:00 - 2018-08-12 15:00
Venue
Hermanus
Telephone
028 316 1687
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Kalfiefees van 2018 beloof weer eens om n fees vir die oog, hart en oor te wees. Hierdie jaar word daar vir oud en jonk voorsiening gemaak met n wye verskeidenheid vertonings.

n Voorsmakie van wat verwag kan word is onder andere :

Vir die kleintjies bring die uiters gewilde en talentvolle Storyteam met Celeste Loriston, Marhette van Hyusteen en Filicity Tobias , Die Gestewelde Kat en Die Keiser se klere.

Vir die tienergarde gaan die opkomende ster van Elandre helder skyn.

Ander vertonings om na uit te sien is die pryswenner Die Reuk van Appels wat deur resensente geloof word as " briljant, kragtig en sensitief".

Elize Cawood en Wilson Dunster bring die romantiese komedie, Mike en Mavis met as'tware , n knop in die keel.

Luna Paige en andere beeld die hartstogtelike verhouding tussen Andre P Brink en Ingrid Jonker uit deur musiek in Korreltjie Kantel.

Om die lagspiere te prikkel gaan die bekende Mark Lottering ons vermaak asook die briljante Elsabe Aldridge met haar vertoning , Lag n Slag. Elsabe is al vir die afgelope 21 jaar n pretprater van beroep wat praat oor " hoe om triomfantelik te lewe in plaas van treurkoeklik!! Ons het n keuse...n uur van opkikkering van lag en leer.

Word vandag nog n Vriend van Die Kalfie kliek hier - http://www.splashmag.co.za/download.php?file=vriende2018.pdf

en kry afslag op jou kaartjies en kry die volledige program twee weke voor die algemene vrystelling daarvan aan die publiek.

 
 

All Dates

  • From 2018-08-08 09:00 to 2018-08-12 15:00

Powered by iCagenda