Donderdag, 13 Desember 2018

Ons kalender is 'n GRATIS diens wat CFM aan die gemeenskap lewer. Laai gerus jou gebeurtenis hier om GRATIS blootstelling te kry. Ons Kalender word 2 keer per dag op #CFM geadverteer.

Maandae tot Vrydae - 17:30 as flitse en om 09:30 volledige besonderhede van week se gebeurtenisse

Alle plasing van gebeurtenisse is onderhewig aan goedkeuring van die administrateur en sal eers na goedkeuring op die bladsy vertoon.

ELIM KERKBASAAR

Category
BAZAAR / FEES
Date
2018-04-28 09:00
Venue
Elim - Elim, South Africa
Telephone
082 370 0137 of 028 482 1600

Elim hou hul jaarlikse Kerkbasaar op Saterdag 28 April 2018.

Die Kerkbasaar skop af met Mej. Kerkbasaar Junior en Senior op Vrydagaand 27 April 2018 om 19h00.

Die trompoppies skop af om 08h00 Saterdag 28 April 2018 waarna die opening van die kerkbasaar sal begin om 09h00.

Die volgende sal te koop wees:

Skaapafval, koeke, poeding, hoenderbraai, mandjies, gemmierbier, tjop en wors braai en nog vele meer sal beskikbaar wees.

Die hoogtepunt van die dag is die tradisionele veiling van Elim om 13h00 waar verskillende items opgeveil word soos: skape, beeste, varke, groente, vrugte, vis en nog vele meer.

Kom en ervaar hoe die Elimmers basaar hou.

 
 

All Dates

  • 2018-04-28 09:00
  • 2018-04-27 19:00

Powered by iCagenda