Sondag, 24 September 2017

Ons kalender is 'n GRATIS diens wat CFM aan die gemeenskap lewer. Laai gerus jou gebeurtenis hier om GRATIS blootstelling te kry. Ons Kalender word 2 keer per dag op #CFM geadverteer.

Maandae tot Vrydae - 17:30 as flitse en om 09:30 volledige besonderhede van week se gebeurtenisse

Alle plasing van gebeurtenisse is onderhewig aan goedkeuring van die administrateur en sal eers na goedkeuring op die bladsy vertoon.

MANNE ONTBYT

Category
GEMEENSKAP
Date
2017-09-16 07:00
Venue
NG Kerksaal, Bredasdorp
Telephone
0284241080
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Attachment

WAT IS DIE SLEUTEL TOT WARE GELUK?

Een van die mees inherente behoeftes van die mens is om gelukkig te wees. Elke persoon het ‘n eie definisie van wat geluk vir hom of haar beteken. Sommige redeneer dat persoonlike geluk deur eksterne faktore bepaal word, terwyl ander glo dat dit deur ‘n persoonlike ingesteldheid en lewensbeskouing bereik kan word. Ongeag wat die amptelike sleutel tot geluk dan ook sou wees, is dit in hierdie moderne tegnologiese eeu ‘n bewese feit dat baie mense steeds soekend is.

Konstante blootstelling aan die ‘eutopia van geluk’ soos uitgebeeld in feitlik elke media-vorm tot ons beskikking, vergerger dan ook in ‘n groot mate die mens se konstante hunkering na iets net altyd buite sy bereik. Volgens die nuutste statistiek deur SADAG (The South African Depression and Anxiety Group) mag tot 20% van die Suid-Afrikaanse bevolking op een of ander stadium van sy leeftyd aan depressie lei. Depressie word toenemend ook onder kinders en tieners gediagnoseer, met twee uit elke 100 kinders en 5 uit elke 100 tieners wat aan depressie lei. Verder toon amptelike statistiek dat daar binne elke 24 uur 23 mense in Suid-Afrika poog om selfmoord te pleeg.

Dwarsdeur die eeue bly die soeke na ware geluk ‘n gewilde onderwerp vir wetenskaplikes, navorsers, spesialiste, skrywers en sprekers van formaat. Een so ‘n kenner op die gebied van persoonlike geluk is die internasionaal-erkende spreker en besigheidskonsultant, Dr Pieter van Jaarsveld. Gebore en getoë in ‘n klein plattelandse dorpie in die Noord-Kaap, genaamd Pofadder, is hy tiperend van die mense van die Kalahari – sonder skroom en voorbedagde rade, prontuit reguit met ‘n baie fyn sin vir humor. Sy luisteraars word met die intrapslag reeds vasgevang met skerp kwinkslae en ‘n skaterlag hang kort-kort in die lug. Weinig sou ooit kon sê dat hy eintlik pryk met twee meestersgrade (in sielkunde en teologie) en ‘n doktorsgraad (oor die selfbeeld van mense), omdat hy nie toelaat dat titels en geleerdheid hom verhewe laat bo sy medemens en gehoor nie.

Sy nuutste boek, “Dink jouself gelukkig”, is dan ook ‘n praktiese gids om die leser die sleutel te gee om die potensiaal tot geluk wat binne-in elkeen van ons gesetel is, te ontsluit en optimaal te benut. Hierdie boek ontbloot onder andere die mites oor geluk; verduidelik dat vreugde vir alle gelowiges beskore is; help jou om jou brein te herbedraad; inspireer jou tot ‘n positiewe ingesteldheid en deel die nuutste navorsing en tegnieke in emosionele intelligensie en  positiewe sielkunde.

 

Inwoners van die Overberg-omgewing het die voorreg om Dr van Jaarsveld persoonlik te ontmoet op Saterdag, 16 September 2017 op Bredasdorp tydens ‘n manne-ontbyt (07:00) en vroue-oggendtee (10:30) in die NG Kerksaal, aangebied deur die plaaslike ouetehuis, Suideroord Tehuis vir Bejaardes. Sy praatjie “Dink jouself gelukkig” beloof om ‘n lewensverrykende ervaring te wees. Vir meer inligting of plekbespreking teen R120/persoon, kontak gerus vir Liami van Wyk by 028 4241 080 tydens kantoorure of stuur ‘n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 
 

All Dates

  • 2017-09-16 07:00

Powered by iCagenda