Sondag, 24 September 2017

Ons kalender is 'n GRATIS diens wat CFM aan die gemeenskap lewer. Laai gerus jou gebeurtenis hier om GRATIS blootstelling te kry. Ons Kalender word 2 keer per dag op #CFM geadverteer.

Maandae tot Vrydae - 17:30 as flitse en om 09:30 volledige besonderhede van week se gebeurtenisse

Alle plasing van gebeurtenisse is onderhewig aan goedkeuring van die administrateur en sal eers na goedkeuring op die bladsy vertoon.

SUIDEROORD TEHUIS VAN BEJAARDES BIED AAN DINK JOUSELF GELUKKIG

Category
GEMEENSKAP
Date
2017-09-16 07:00
Venue
NG Kerksaal, Bredasdorp
Telephone
028 424 1080
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Suideroord Tehuis van Bejaardes loods ‘n fondsinsamelingsprojek op Saterdag, 16 September 2017, met die wêreldbekende spreker, dr Pieter van Jaarsveld met die tema: Dink jouself gelukkig afkomstig van sy nuutste boek met dieselfde titel. Ander boeke uit hierdie skrywer se pen is: Hart van 'n Wenner: Ontwikkel jou Emosionele Intelligensie (ook in Engels beskikbaar) en Gee jou kind selfvertroue.

 

Ons wil graag die geleentheid bied aan soveel as moontlik Overbergers uit ons streek om hierdie spreker in persoon te ervaar en kosbare wenke tot persoonlike geluk te ontvang. Hierdie geleentheid vind plaas saam met die jaarlikse Agrimegaweek en bied dus nog meer rede vir besoekers om ‘n besoek aan ons streek te bring.

 

Die geleentheid maak voorsiening vir ‘n Manne-ontbyt om 07:00 waar ‘n heerlike tradisionele boere-ontbyt bedien sal word en ‘n Oggendtee vir Vroue om 10:30 met ‘n teetafel gevul met heerlike sout- en soetigheid. Beide geleenthede kos R120 per persoon wat die spreker en ete insluit. Gashere en –vroue is ook meer as welkom om ‘n tafel te vul (sitplek vir 10 persone teen R1 200) met vriende en familie.

Vir meer inligting of om ‘n tafel/plek te bespreek, skakel gerus vir Liami van Wyk tydens kantoorure by 028 424 1080 of stuur ‘n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 

Manne Ontbyt met Pieter van Jaarsveld

Wanneer: Saterdag, 16 September 2017

Tyd: 07:00

Waar: NG Kerksaal, Bredasdorp

Prys: R 120 pp (R 1 200 Tafel van 10)

 

Vroue Oggendtee met Pieter van Jaarsveld

Wanneer: Saterdag, 16 September 2017

Tyd: 10:30

Waar: NG Kerksaal, Bredasdorp

 

Prys: R 120 pp (R 1 200 Tafel van 10)

 

 

 
 

All Dates

  • 2017-09-16 07:00

Powered by iCagenda