Vrydag, 20 Oktober 2017

Ons kalender is 'n GRATIS diens wat CFM aan die gemeenskap lewer. Laai gerus jou gebeurtenis hier om GRATIS blootstelling te kry. Ons Kalender word 2 keer per dag op #CFM geadverteer.

Maandae tot Vrydae - 17:30 as flitse en om 09:30 volledige besonderhede van week se gebeurtenisse

Alle plasing van gebeurtenisse is onderhewig aan goedkeuring van die administrateur en sal eers na goedkeuring op die bladsy vertoon.

B-BOS PLAASMARK

Category
GEMEENSKAP
Date
2017-08-26 09:00
Telephone
0760432056

B-BOS PLAASMARK

B-bos Plaasmark
Baardskeerdersbos
By Strandveld pub en venue

 

Iets van als uit ons kontrei - ons probeer dit so vars as moontlik by jou kry.  Daarom hou ons elke laaste Saterdag van die maand 'n plaasmark op Baardskeerdersbos.


* Soet en sout gebak. Tuisgebakte brode van alle soorte.
* By elke mark kry jy kontreikos - wissel van afval en waterblommetjies tot vis geregte.
* Vars vrugte, groente, kruie en slaai.
* Gedroogte vrugte en neute
* Heuning
* Ingelegte, ingemaakte en ferments. 
* Dan kuns produkte, ysterwerk, fotos, skilderwerk
* Handwerk, brei, hekel en naaldwerk produkte
* Eiers, melk, kase, yogurt - weet nie watter ander suiwelprodukte mag dalk opdaag nie
* Gerookte vleis produkte
* Vis produkte soos viskoekies, kerrievis, gerookte vis ens.
* Biltong en droee wors
* Pizza's
* Ponieritte

Vele meer ...

 

Kom kyk self elke laaste Saterdag van maand.

 
 

All Dates

  • 2017-10-28 09:00
  • 2017-09-30 09:00
  • 2017-08-26 09:00
  • 2017-07-29 09:00
  • 2017-06-24 09:00
  • 2017-05-27 09:00
  • 2017-04-29 09:00
  • 2017-04-15 09:00
  • 2017-03-25 09:00
  • 2017-02-25 09:00

Powered by iCagenda